{"id":13865,"date":"2012-12-09T18:42:41","date_gmt":"2012-12-09T18:42:41","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13865"},"modified":"2012-12-09T18:42:41","modified_gmt":"2012-12-09T18:42:41","slug":"onderweg-na-globale-finansiele-ineenstorting","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13865","title":{"rendered":"Onderweg na globale finansi\u00eble ineenstorting"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/images\/stories4\/roodt_fbfoto.jpg\" \/>Terwyl  die media dikwels oor die politiek van die huidige globale finansi\u00eble  krisis verslag doen, word daar min oor die besonderhede daarvan berig.  Slegs enkele waagmoedige verslaggewers en TV-programme gaan dieper op al  die implikasies van Amerika se skuld van 16 triljoen dollar en die EU  se hulppakket aan Griekeland in.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kortom,  die VSA, Brittanje, die suide van Europa, maar ook Ierland, staar  bankrotskap in die gesig. Wanneer die proses tot sy logiese uiteinde  gevolg gaan word, sal sommige lande \u2018n verlaging in lewenstandaard van  tot 40% moet aanvaar. Daar sal onluste uitbreek en selfs demokrasie, die  slagspreuk van die twintigste eeu, sal onder skoot kom. Die feit dat  Duitsland tans aan Griekeland voorskryf hoe om sy ekonomie te bestuur,  beteken reeds die einde van Griekse demokrasie en soewereiniteit omdat  di\u00e9 land se burgers voortaan aan eksterne beheer onderworpe gaan wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die uitgesproke TV-aanbieder <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/maxkeiser.com\/\">Max Keiser<\/a> beskryf diegene wat in beheer van die New Yorkse en Londense finansi\u00eble  bedrywe verkeer, as \u201cbedrie\u00ebrs en misdadigers\u201d. Trouens, wat ons oor  die afgelope vier jaar of meer gesien het, is dat die banke hul private  verliese van honderde miljarde dollar na die belastingbetaler oorgedra  het. Intussen het bankiers aangehou om aan hulself groot salarispakkette  en veral bonusse te betaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Weens  al die finansi\u00eble skandale wat in die Londense bankbedryf woed, geniet  geen bankier meer die geloofwaardigheid om as goewerneur van die Bank  van Engeland aangestel te word nie. Daarom het die Britse regering  besluit om die huidige Kanadese sentrale bankier, Mark Carney, te werf  in \u2018n poging om die land se finansi\u00eble probleme uit te stryk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tydens  die sogenaamde LIBOR-skandaal, is bevind dat Barclays en ander Londense  banke die daaglikse vasstelling van rentekoerse tot hul eie voordeel  gemanipuleer het. LIBOR, oftewel die \u201cLondon Interbank Offered Rate\u201d  bepaal die koerse waarteen triljoene dollar se afgeleide en ander  transaksies w\u00eareldwyd betaal word, ook in die VSA.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  krisis wat Brittanje egter in die gesig staar, is veel groter as die  aanvanklike bankrotskap van banke wat deur die regering staande gehou  moes word. Deels vanwe\u00eb die bankkrisis, maar ook omdat die Britte al  jare lank bokant hul vermo\u00ebns leef, skuld die Verenigde Koninkryk meer  as 900% van haar eie Bruto Nasionale Produk. Dit is min of meer  dieselfde skuldvlak as di\u00e9 van Duitsland in die dae van die  Weimarrepubliek tydens die 1920s toe daar hiperinflasie geheers het en  dit goedkoper was om jou huis se mure met banknote te versier as om  muurpapier te gebruik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  logiese vraag is: waarom breek daar nie vandag hiperinflasie in  Brittanje of selfs die VSA uit nie, gegewe die ho\u00eb skuldvlakke van beide  lande? Die antwoord is dat die regerings en veral die sentrale banke  tans rentekoerse met \u2018n ysterhand beheer. Op die oomblik is  korttermynrentekoerse in die meeste ontwikkelde lande so te s\u00ea gelyk aan  nul persent en langtermynkoerse die laagste in 300 jaar!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hier volg die 3-maandekoerse (LIBOR) vir die vernaamste geldeenhede:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">USD 0.30950 %<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">EUR 0.12357 %<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">GBP 0.51938 %<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">JPY 0.18143 %<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">CHF 0.01400 %<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">ZAR 5.13% (JIBAR)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Switserse frank (CHF) \u201cbetaal\u201d of vereis reeds negatiewe rentekoerse  vir enigiets vanaf oornagdeposito\u2019s tot en met 2 maande. Dit wissel van  -0.02200 % tot -0.00600 %. Die rede hiervoor is dat die Switserse frank  vanwe\u00eb die w\u00eareldwye finansi\u00eble krisis soveel in waarde gestyg het dat  die Switserse Nasionale Bank besluit het om buitelanders met lae of  negatiewe rentekoerse te \u201cstraf\u201d as hulle net hul geld in Switserland  wil kom \u201cparkeer\u201d. Verdere stygings in die Switserse frank sou die  mededingendheid van Switserse maatskappye nog verder knou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As  \u2018n mens dink dat soveel lande en instellings deesdae nie hul lenings  kan terugbetaal met sulke uiters lae rentekoerse nie, stel jou voor  indien rentekoerse na die meer normale vlakke sou styg waaraan ons in  Suid-Afrika gewoond is! Indien die Amerikaanse rentekoerse m\u00f4re tot 5%  sou styg, sou die hele Amerikaanse ekonomie waarskynlik tot stilstand  kom en sou die banke weereens min of meer bankrot wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons  sien dus hoe die globale ekonomie tans deur kunsmatige, lae of  nulrentekoerse drywend gehou word. In die regte w\u00eareld is daar egter  skommelinge in die waarde van goedere en bates. Veral goud en silwer het  sedert 2008 toe die krisis begin het, drasties gestyg. Wat tans besig  is om te gebeur, is dat omtrent al die geldeenhede waarde verloor, net  soos tydens klassieke inflasie en dis net \u2018n kwessie van tyd voor mense  dit agterkom en desperaat gaan probeer om ander bates as papiergeld te  bekom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vanwe\u00eb  die waardevermindering van geld, het aandele ook die afgelope tyd  ietwat gestyg. Maar die Amerikaanse aandelebeurs is nou so afhanklik van  hierdie lae rentekoerse dat enige styging in rentekoerse, soos  byvoorbeeld om die waarde van die dollar te probeer beskerm, tot \u2018n  ineenstorting van die beurs mag lei, iets wat baie maklik \u2018n Groot  Depressie mag ontketen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ook  die stryd tussen die Demokrate en die Republikeine in die VSA rondom  die sogenaamde fiskale afgrond (\u201cfiscal cliff\u201d) gaan oor \u2018n keuse tussen  twee moontlik fatale opsies vir Amerika: die verhoging van belasting of  die verlaging van staatsbesteding. Ongeag die dosisse waarin hulle  toegedien word, gaan beide \u2018n uiters negatiewe uitwerking op die  Amerikaanse ekonomie h\u00ea. Indien die belastingbetaler meer moet betaal,  gaan hy minder verbruik en word die ekonomie verder in \u2018n resessie  gedompel. Net so kan \u2018n afname in staatsbesteding ook die ekonomie laat  krimp, met min of meer dieselfde resultaat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  groot vraag is hoe die voortslepende internasionale geld- en bankkrisis  Suid-Afrika gaan raak? Vanwe\u00eb valutabeheer en ander faktore is  Suid-Afrikaanse banke nie regstreeks deur die internasionale finansi\u00eble  krisis geraak nie, maar hier by ons is die politieke probleem besig om  al hoe meer ondoeltreffendheid in die ekonomie te veroorsaak. \u2018n Groter  wordende deel van die swart elite plunder eenvoudig die staat, die  munisipaliteite en groot maatskappye sonder dat hulle enigiets tot die  ekonomie bydra. Hoewel ons nie met die enorme staatskuld van \u2018n  Brittanje, \u2018n Griekeland of \u2018n VSA te kampe het nie, neem die vertroue  in ons ekonomiese stelsel weens korrupsie, onbekwaamheid, asook stakings  en geweldpleging, insgelyks af.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  ander probleem is dat ons ekonomie en veral ons finansi\u00eble stelsel  sterk aan di\u00e9 van Engeland gekoppel is. Onder andere besit Barclays  reeds vir ABSA en ons banke dryf elke dag handel met die groot Britse  banke in Londen. Die komende ineenstorting van Londen sal dus nie  Johannesburg ongeskonde laat nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In  globale terme is die rand \u2018n baie klein geldeenheid. Trouens, in Londen  word dit as \u2018n sogenaamde \u201ceksotiese geldeenheid\u201d gesien wat slegs in  klein hoeveelhede verhandel word, anders as die euro of die jen wat byna in miljarde per minuut verhandel word. Daarom kan die waarde van  die rand baie maklik deur \u2018n groot buitelandse bank gemanipuleer word,  net soos wat die LIBOR-koerse deur Barclays gemanipuleer is. Indien die  rand drasties sou verswak, sou al ons spaargeld vernietig word en \u2018n  golf van hiperinflasie soos in Zimbabwe oor ons land spoel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een  ding wat egter in die rand se guns tel, is die hoeveelheid minerale wat  steeds onder ons grondoppervlak verkeer en dus potensi\u00eble goud- of  platinumreserwes verteenwoordig. Indien mynproduksie egter weens  arbeidsonrus soos by Marikana en elders permanent ontwrig word, kan die  rand insgelyks binne \u2018n ommesientjie verswak, terwyl petrol- en  voedselpryse die hoogte inskiet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tans  beheer die groot banke en versekeringsmaatskappye feitlik al ons  finansi\u00eble bates, soos aandele, effekte en kontant. Synde sterk onder  Britse invloed, is Suid-Afrikaanse banke feitlik deurgaans baie  anti-Afrikaans en sou niks daarvan dink om hierdie bates op een of ander  manier op te veil en in die bodemlose \u201cswart gat\u201d van die  internasionale finansi\u00eble stelsel te stort nie. Oor die afgelope paar  jaar was daar allerlei onrusbarende maniere waarop gewetenlose bankiers  onskuldige middelklasmense se pensioene en spaargeld vir hul eie  doeleindes toege\u00ebien het. Ons banke is reeds ten dele betrokke by  regeringskorrupsie en die soort \u201cwettige plundery\u201d wat as \u201cswart  ekonomiese bemagtiging\u201d bekendstaan. Hulle sou dus niks daarvan dink om  ons huidige spaargeld en kapitaal vir hul eie doeleindes aan te wend,  met die volle samewerking van Gill Marcus en die Reserwebank nie. In al  die vernaamste nywerheidslande het ons onlangs gesien hoe die banke en  die regerings saamspan om die gewone man met reuseverliese en belastings  op te saal. Selfs mev. Angela Merkel wat hoog en laag gesweer het dat  die spaarsamige Duitsers geensins vir die Grieke sal betaal nie, het  onlangs daartoe ingestem dat die Duitse belastingsbetaler wel \u2018n gedeelte van  die Griekse staatskuld sal vereffen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis  so goed die Suid-Afrikaanse belastingbetaler word gedwing om Zimbabwe  of Swaziland se staatskuld te delg. Uiteraard gebeur dit reeds, want die ANC het al skenkings aan beide lande gemaak, hoewel dit  nie van dieselfde omvang is as wat Duitsland aan Griekeland sal moet  betaal nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Afrikaner het reeds alle politieke invloed in die land verloor en loop  gevaar om ook sy vasstrapplek in die Suid-Afrikaanse ekonomie kwyt te  raak soos wat ons Londen-geori\u00ebnteerde banke en versekeringsmaatskappye  die belang van hul Britse moederland nastreef en nie die belang van hul  eie kli\u00ebnte nie. Ook gaan pensioenfondse gedwing word om in bepaalde  regeringsprojekte te bel\u00ea wat die opbrengs van sulke fondse drasties  gaan be\u00efnvloed.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Myns  insiens moet Afrikaners met oplossings kom om ons afhanklikheid van die  Britse finansi\u00eble stelsel en sy gevaarlike, astronomiese skuldlas te  verminder. Ons moet ons meer op Switserland rig waar daar groter  stabiliteit is. Maar ons moet ook begin om ons eie bates te bestuur,  pleks van op die verraderlike bankiers te vertrou. SANLAM en ander  instellings wat Afrikaners in die verlede geskep het, is lankal deel van  die soort Britse kartel wat Johannesburg, die finansi\u00eble sentrum van  Suid-Afrika, beheer. Op sy minste moet daar weer \u2018n eg inheemse  versekeringsmaatskappy gestig word sodat ons nie verder uitgebuit word  nie. Op die duur moet Afrikanerkapitaal aangewend word om vir ons mense  werk te skep, buite die regstellende-aksie-ekonomie wat ewe groot  risiko\u2019s in hom ronddra as di\u00e9 van Griekeland, Ierland of Brittanje.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hier  vanuit Suid-Afrika gaan ons heel moontlik die finale afgang van Groot  Brittanje aanskou, hoe di\u00e9 land finaal onder \u2018n skuldtsoenami in duie  stort. Daar mag weer onluste in die strate van Londen uitbreek soos wat  mense al hul spaargeld en pensioene verloor en werkloosheid drasties  toeneem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As  ons slim is, sal ons verhoed dat ons saam oor die afgrond stort en  hierdie moeilike tye eerder as \u2018n geleentheid sien om \u2018n nuwe ekonomie  in Suid-Afrika tot stand te bring. Ons moenie meer afhanklik van Britse  banke en mynhuise wees nie, want in die tagtigerjare was dit die manier  waarop Suid-Afrika finansieel afgepers is om ons mense uiteindelik  tweedeklasburgers in hul eie land te maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Indien  ons oor die verbeelding en inisiatief beskik om, noudat Brittanje al  hoe swakker raak, ons eie finansi\u00eble sektor op die been te bring en \u2018n  Afrikaanse kennisekonomie soortgelyk aan di\u00e9 van die huidige Duitsland  tot stand te bring, kan ons weer in Suid-Afrika koning kraai.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos  George Osborne, die huidige Britse minister van finansies, vandeesweek  tydens sy sogenaamde Herfstoespraak ges\u00ea het: &#8220;Hulle (die Duitsers) het  vele dinge gedoen soos om in opvoeding te bel\u00ea, wat ons moes gedoen  het.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel  Afrikaners oor die afgelope tyd alle politieke invloed in Suid-Afrika  verloor het en ook ekonomies gemarginaliseer is, het ons tog \u2018n paar  dinge reg gedoen, soos om in ons kinders se opvoeding te bel\u00ea. As volk  is ons verreweg die beste opgevoed en opgelei in Afrika, gemiddeld ook  veel beter as die Britte. Ons opvoedingsvlak kan enige tyd met di\u00e9 van  Duitsland of die Skandinawiese lande vergelyk word. Dat van ons mense in  armoede moet leef, is \u2018n absolute skande.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis  hoog tyd dat ons daardie Afrikanerkundigheid wat oor geslagte opgebou  is tot ons eie voordeel begin aanwend en dit nie in diens van ons  oorheersers verkwis nie.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/khar.gp.gov.ua\/ua\/subordinate_offices_.html\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Terwyl die media dikwels oor die politiek van die huidige globale finansi\u00eble krisis verslag doen, word daar min oor die besonderhede daarvan berig. Slegs enkele waagmoedige verslaggewers en TV-programme gaan dieper op al die implikasies van Amerika se skuld van 16 triljoen dollar en die EU se hulppakket aan Griekeland in. Kortom, die VSA, Brittanje, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13865\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Onderweg na globale finansi\u00eble ineenstorting&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[4905,154,5227,10534,10535,9993,2848],"class_list":["post-13865","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-brittanje","tag-dan-roodt","tag-duitsland","tag-globale-finansiele-krisis","tag-libor","tag-rubriek","tag-vsa"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13865","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13865"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13865\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13865"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13865"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13865"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}