{"id":13841,"date":"2012-11-30T07:08:41","date_gmt":"2012-11-30T07:08:41","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13841"},"modified":"2012-11-30T07:08:41","modified_gmt":"2012-11-30T07:08:41","slug":"n-strategie-met-baie-risiko-vir-afrikaners","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13841","title":{"rendered":"&#8216;n Strategie met baie risiko vir Afrikaners"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die oorlog van woorde tussen die DA en ANC dreig om oor te spoel in iets meer onverkwikliks. Die DA het &#8216;n klag van aanhitsing tot geweld teen Cosatu se Wes-Kaapse sekretaris Tony Ehrenreich gel\u00ea, na die verspreiding van Nehawu se omstrede plakkaat, en die ANC het Zille aangekla dat sy geweld aanhits oor &#8216;n omstrede twiet van haar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis die spreekwoordelike pot en ketel wat mekaar tans verwyt en dit lyk asof die onderskeie partye nie begryp dat hulle aanslag niks goeds inhou vir die gemeenskappe wat hulle dien nie. Veral nie die DA nie wat, soos dit nou blyk, graag op onbevestigde gerugte staatmaak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op 14 November het Zille getwiet &#8220;Verslae kom in dat &#8216;n boer gesterf het nadat hy aangerand is in Wellington. Ernstige risiko van vergelding. Zuma moet die SANW inbring&#8221;. Die &#8220;verslae&#8221; was toe nie korrek nie, maar dit het bygedra tot groeiende spanning tussen die wit boere en swart werkers.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zille was al voorheen in die warm water omdat sy haar oorgretige twietvingers nie kan beheer nie. Die eerste keer oor die rassime wat swartes in Kaapstad ervaar en &#8216;n tweede keer oor haar uitlating dat Oos-Kapenaars &#8220;vlugtelinge&#8221; in die Wes-Kaap is. Dat sy hulle na die Wes-Kaap lok met huise en dienste, het haar natuurlik ontgaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ANC se provinsiale sekretaris Songezo Mjongile beweer dat boere op Facebook gemobiliseer het as &#8216;n gevolg van Zille se twiet, wat gelei het tot die aanranding van plaaswerkers.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zille, wat klaarblyklik knaend aan die volgende publisiteitsfoefie dink en nie aan die gevolge nie, het aanklagte van aanhitsing teen Cosatu se provinsiale sekretaris Tony Ehrenreich gebring, op die basis van &#8216;n plakkaat wat in en om Kaapstad vertoon is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die DA het &#8216;n deeglike toets van die egtheid van die plakkaat laat doen, omdat hulle gedurende die huidige arbeidsonrus ook uitgevang is dat hulle, benewens die dooie boer-gerug, op &#8216;n dokument staatgemaak het wat vals blyk te wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n ANC-pamflet wat voorgee dat werkers kontant vergoed word vir deelname aan protes, is deur die ANC veroordeel. Hulle beweer dat die DA dit self versprei het. Praag het ook so &#8216;n pamflet ontvang, maar dit nie gepubliseer nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat die plakkaat egter betref, staan Ehrenreich daarby: &#8220;Nehawu doen &#8216;n beroep op al die werkers in die provinsiale regering om hul afkeer te toon aan die apartheidstyl vervolging van professionele persone wat nie gesien word as DA-partyonderteuners nie. Tony Ehrenreich het Premier Helen Zille gewaarsku oor die naderende Marikana van die Wes-Kaap!!&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aan die onderkant, in hoofletters: &#8220;Voel dit!! WES-KAAP Marikana is hier!&#8221;. Wat begin het as &#8216;n anti-ANC opstand in Marikana, het die ANC nou gerieflik in &#8216;n anti-wit veldtog omgeswaai, maar Zille hou vol om te maak asof sy nie wit is nie, maar nie-rassig.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Die ontevredenheid van Nehawu spruit uit 50 Nehawu-lede in die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling wat gedwing is om heraansoek te doen vir hul werk twee jaar nadat hulle aangestel is. &#8220;Ons het ges\u00ea, daar is geen manier dat jy eers twee jaar later mense kan vra om her-aansoek te doen vir hul werk nie.&#8221; Zille moet versigtig wees dat sy nie ware griewe miskyk wat berge van molshope raak in die huidige klimaat nie.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die DA se Wes-Kaapse mediabestuurder, is Liza Albrecht, wat eiehandig daarvoor gesorg het dat Rapport se sirkulasiesyfers na benede tuimel tydens haar kortsondige redakteurskap van die koerant. Sy het gereageer met die niksseggende stelling dat &#8220;die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling die herstrukturering en die modernisering van sy organogram bekyk om die beste diens aan die publiek te lewer&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jan-Jan Joubert berig vandag in Beeld dat die ANC se voorsitter in Noordwes &#8216;n skietaanval oorleef het. Volgens mnr. Chris Hattingh, DA-leier in di\u00e9 provinsie, is skote op Kabelo Mataboge se kar geskiet. Hy is glo nie beseer nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ANC in Noordwes is verdeel tussen ondersteuners van Zuma en &#8216;n groepering wat as die &#8220;Forces of Change&#8221; bekend staan. Hulle beywer hulle vir &#8216;n verandering in die nasionale partyleierskap.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, sal vandag ingryp om eenheid te probeer bewerkstellig omdat daar twee afsonderlike benoemingskonferensies &#8211; een in Mahikeng en een in Hartbeespoort &#8211; gehou gaan word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit klink alles gaaf om die ANC te verdeel, maar die hele oefening hou die ho\u00eb risiko in dat die heersende orde dit as &#8216;n wit aanslag deur die DA gaan sien, aangesien Zille nie op swart steun kan staatmaak nie en sy hardnekkig weier om dit te verreken. As die botsing tussen die boere en die swart stakers kom, gaan Zille waarskynlik lekker terugsit, apartheid veroordeel en &#8216;n bietjie terughunker na haar ANC-verlede.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarvoor sal sy die ruim ondersteuning van die hele Afrikaanse mediamonopolie asook die Engelstalige een ontvang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jan-Jan Joubert, die gay politieke redakteur van die Afrikaanse mediamonopolie, se lewensmaat werk boonop in Helen Zille se kantoor. Sy gretige verslag oor die skietery, laat dus ernstige vrae onstaan oor sy joernalistieke pligte en onafhanklikheid.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>Om 18h00 gisteraand het die program Leihlola La Sechaba op SABC 2 weer die DA se manewales in Midvaal onder die loep geneem. Die Openbare Beskermer, Corrie Pypers, Kobus Hoffman, die twee fluitjieblasers het vertel hoe die DA veral swart inwoners uit hul huise probeer boender het. Na dese gaan die party se swart steun al hoe verder krimp.<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>Dit sal die DA se strategiese ontleders, wat kennelik nie &#8216;n versameling van breinchirurge verteenwoordig nie, deug om vir &#8216;n oomblik hulle riskante optrede ernstig te oorweeg. Afrikaners wat vir Zille stem, moet kennis neem daarvan dat sy nie verantwoordelikheid sal neem vir die polarisasie wat sy tans skep nie. Sy doen dit om Afrikaners uit te lewer aan haar swart kiesers, kiesers waarvan sy nog net kon droom.<\/p>\n<\/div>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blog.bnkomi.ru\/post-34799\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0411\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die oorlog van woorde tussen die DA en ANC dreig om oor te spoel in iets meer onverkwikliks. Die DA het &#8216;n klag van aanhitsing tot geweld teen Cosatu se Wes-Kaapse sekretaris Tony Ehrenreich gel\u00ea, na die verspreiding van Nehawu se omstrede plakkaat, en die ANC het Zille aangekla dat sy geweld aanhits oor &#8216;n &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13841\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;&#8216;n Strategie met baie risiko vir Afrikaners&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-13841","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13841","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13841"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13841\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13841"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13841"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13841"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}