{"id":13840,"date":"2012-11-30T05:36:10","date_gmt":"2012-11-30T05:36:10","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13840"},"modified":"2012-11-30T05:36:10","modified_gmt":"2012-11-30T05:36:10","slug":"vegkop-inspireer-glo-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13840","title":{"rendered":"&#8216;Vegkop&#8217; inspireer glo nie"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die KwaZulu-Natalse LUR vir onderwys gaan die name van skole in die provinsie verander. Name soos &#8220;Vegkop&#8221;, &#8220;Maagdedye&#8221; en &#8220;Op die boude&#8221; sal glo hersien word.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die LUR glo die name is onvanpas vir Zoeloe en Afrikaanse skoolname en moet verander word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit klink nie opvoedkundig nie en sal aangespreek moet word. Sulke name inspireer nie,&#8221; het LUR Senzo Mchunu gister in Durban by die bekendstelling van &#8216;n program om die skoolstelsel in die provinsie te transformeer, ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mchunu het ges\u00ea sy departement het &#8216;n aantal skole in KwaZulu-Natal ontdek waarvan die name &#8220;onvanpas en oninspirerend&#8221; is en was &#8220;geskok&#8221; om dit te sien.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hoewel ons erken dat skole na plaaslike inwoners, plaaslike prestasies en vooraanstaande persoonlikhede vernoem is, is die name in baie gevalle, nie bespreek met gemeenskappe nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die departement is bekommerd oor &#8216;n paar van die name en dit is om hierdie rede dat ons konsultasie sal begin met alle belanghebbendes hieroor,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Name van skole in die provinsie sluit die volgende in: Mgwazeni (Steek hom), Tilongo (Gevangenis), Ukufakwakhe (Sy dood), Hlaba (Slag), Esinqeni (Op die boude), Nkawu (Aap); Mkhuthuzeni (Sakkeroller), Mbambankunzi (Besteel hom) en Bhekumkhonto (Kyk vir spies).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mchunu het ges\u00ea skole met Afrikaanse name sal ook verander word, maar hy het nie die skole by name genoem nie. Een so &#8216;n skool kan egter Vegkoplaerskool wees. &#8216;n Inwoner, Johan Venter, het egter ges\u00ea hulle kan maar die naam gerus verander, maar dit sal nie verander wat gebeur het by Vegkop nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vegkop-stadion in Windhoek se naam is voorverlede jaar na die <em>FNB Windhoek High School (WHS) Stadium<\/em> verander. Di\u00e9 stadion huisves &#8216;n skolerugbytoernooi.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons wil nie name van die Amakhosi (tradisionele leiers) waarna sommige skole vernoem is, verander nie. Maar, as &#8216;n departement, het ons sterk gevoel daar is &#8216;n behoefte vir &#8216;n verandering. Gedurende die uitgebreide konsultasieproses, sal ons toelaat dat &#8216;n skool drie name opgee en &#8216;n naam sal daaruit gekies word.&#8221;<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/doctor2.ru\/object\/mezhdunarodnie-perevozki-top-cargo\">topcargo \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die KwaZulu-Natalse LUR vir onderwys gaan die name van skole in die provinsie verander. Name soos &#8220;Vegkop&#8221;, &#8220;Maagdedye&#8221; en &#8220;Op die boude&#8221; sal glo hersien word. Die LUR glo die name is onvanpas vir Zoeloe en Afrikaanse skoolname en moet verander word. &#8220;Dit klink nie opvoedkundig nie en sal aangespreek moet word. Sulke name inspireer &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13840\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;&#8216;Vegkop&#8217; inspireer glo nie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-13840","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13840","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13840"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13840\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13840"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13840"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13840"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}