{"id":13822,"date":"2012-11-27T16:47:24","date_gmt":"2012-11-27T16:47:24","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13822"},"modified":"2012-11-27T16:47:24","modified_gmt":"2012-11-27T16:47:24","slug":"arafat-se-oorskot-weer-begrawe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13822","title":{"rendered":"Arafat se oorskot weer begrawe"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die oorskot van die voormalige Palestynse leier, Jasser Arafat, is Dinsdag weer begrawe n\u00e1 monsters geneem is om te bepaal of hy vergiftig is.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die lykskouing is afgehandel, die graf is weer toegemaak en die monsters is aan Franse, Russiese en Switserse wetenskaplikes oorhandig,&#8221; het amptenare van die Palestynse kommissie wat Arafat se dood ondersoek, ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die proses is van stapel gestuur om vas te stel of aantygings dat Israel die Palestynse leier vergiftig het, die waarheid is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Arafat het in 2004 in Parys, Frankryk, gesterf. Volgens sy mediese rekords het hy &#8216;n beroerte gekry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sommige Palestyne is egter daarvan oortuig dat sy dood deur Israel bewerkstellig is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Franse aanklaers het in Augustus &#8216;n moordondersoek van stapel gestuur n\u00e1 berigte dat polonium op Arafat se besittings gevind is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toetse uitgevoer deur &#8216;n laboratorium in Switserland het bevind dat beduidende spore van polonium-210 op die ontslape Palestynse leier se klere gevind is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Polonium-210 is dieselfde gifstof wat gebruik is om die Russiese dissident Alexander Litvinenko in Londen te vergiftig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die <em>Institut de Radiophysique<\/em> in Lausanne het bevind dat verhoogde vlakke van die gif op Arafat se onderklere aanwesig was. &#8216;n Urinevlek in sy onderklere het &#8216;n vlak van 180 millibecquerels polonium-210 getoon, meer as 20 keer die dosis om die gemiddelde mens dood te maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ek kan bevestig dat ons &#8216;n onverklaarbare, verhoogde vlak van nie-ondersteunde polonium-210 in die besittings van Arafat wat vlekke van biologiese vloeistowwe bevat, aangetref het,&#8221; het dr Francois Bochod, die direkteur van die instituut, aan Al Jazeera ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wetenskaplikes by Lausanne wou monsters van bloed en urine van Arafat by die Percy Milit\u00eare Hospitaal in Frankryk verkry kort voor sy dood in die hoop om dit te bestudeer, maar die hospitaal het ges\u00ea dat hulle dit vernietig het;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ek was nie tevrede met die antwoord nie,&#8221; het sy vrou Suha Arafat ges\u00ea. &#8220;Gewoonlik word &#8216;n baie belangrike persoon soos Jasser se monsters gehou &#8211; miskien wou hulle nie betrokke wees nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verskeie van die dokters wat Arafat behandel het, het geweier om sy mediese rekords te bespreek, en ges\u00ea dit word beskou as &#8216;n &#8220;milit\u00eare geheim.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dokters in Lausanne het egter ander moontlike oorsake van Arafat se dood heeltemal uitgesluit. Daar was reeds gerugte dat hy aan leukemie gesterf het, sirrose van die lewer, en selfs VIGS.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Daar was geen sirrose van die lewer, geen spore van kanker, of leukemie nie,&#8221; het dr Patrice Mangin, die hoof van die Instituut van Wettige Geneeskunde aan die Universiteit van Lausanne, aan Al-Jazeera ges\u00ea. &#8220;Oor MIV-VIGS &#8211; daar was geen teken nie, en simptome wat daarop dui nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Al Jazeera het Arafat se klere aan die instituut vir toetsing gestuur as deel van &#8216;n nege-maande-ondersoek na die revolusion\u00eare leier se dood nadat hulle die kledingstukke van sy weduwee ontvang het.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Voormalige toespraakskrywer vir president George W. Bush het beweer dat Arafat Vigs opgedoen het van &#8216;n homoseksuele verhouding met een van sy wagte, terwyl die volgelinge van Arafat beweer het dat hy vergiftig is met tallium, &#8216;n ander radioaktiewe element.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Britse polisie en dokters het ook aanvanklik geglo dat Litvinenko, &#8216;n voormalige KGB-spioen wat oorgeloop het na Londen, gedood is met tallium, &#8216;n verkeerde diagnose omdat polonium-210 moeiliker is om op te spoor met standaard hospitaaltoerusting.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sommige van Arafat se simptome, insluitend braking, sirrose en &#8216;n koma, is tipies met polonium-210 vergiftiging, wat lei tot &#8216;n lang en pynlike dood. Alhoewel Arafat nie aan haarverlies gely het nie, is dit in die helfte van sulke gevalle so.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens die Britse polisie kan slegs &#8216;n gesofistikeerde, staatsgesteunde intelligensie-agentskap polonium-210 gebruik om iemand mee te vergiftig.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/62744-chto-delat-s-neraskrytymi-prestupleniyami-peredovoy-opyt-i-mneniya-ekspertov.html\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0456\u0439 \u0431\u0440\u043e\u043d\u0456\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die oorskot van die voormalige Palestynse leier, Jasser Arafat, is Dinsdag weer begrawe n\u00e1 monsters geneem is om te bepaal of hy vergiftig is. &#8220;Die lykskouing is afgehandel, die graf is weer toegemaak en die monsters is aan Franse, Russiese en Switserse wetenskaplikes oorhandig,&#8221; het amptenare van die Palestynse kommissie wat Arafat se dood ondersoek, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13822\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Arafat se oorskot weer begrawe&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-13822","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13822","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13822"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13822\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13822"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13822"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13822"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}