{"id":13818,"date":"2012-11-27T12:10:34","date_gmt":"2012-11-27T12:10:34","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13818"},"modified":"2012-11-27T12:10:34","modified_gmt":"2012-11-27T12:10:34","slug":"republiek-van-vulkane","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13818","title":{"rendered":"&#8216;Republiek van Vulkane&#8217;"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Sowat 20.000 VN-blouhelms met &#8216;n jaarlikse begroting van $1,5 miljard is klaarblyklik nie in staat om die konflik in die DRK te stop nie. Die vredesmag &#8211; Monusco &#8211; het die ontruiming van sy nie-noodsaaklike personeel gelas nadat die M23-rebelle Goma verower het, sonder slag of stoot byges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar was nog nooit vrede \u00f2f volskaalse oorlog in die dig bevolkte, mineraalryke Kivuprovinsies van die ooste van die Kongo sedert die vyandelikhede amptelik in 2003 ge\u00ebindig het nie. Maar sedert die onafhanklikheid van Suid-Soedan, is daar &#8216;n voorbeeld van selfbeskikking wat gemoedere gaande het en die Berlynse Konferensie van 1884-85 wat kolonies se grense bepaal het, kan laat ontrafel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die M23-rebelle het tewens reeds &#8216;n naam vir hulle nuwe land: &#8220;Republiek van Vulkane&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarbenewens het VN-resolusies in New York baie min impak op rebelle of hul ondersteuners. Rwanda, wat die rebelle befonds, wil nie buig voor Parys, Brussel, Washington of Londen nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die klein Oos-Afrikaland, die skenkersliefling van die post-volksmoord, word deur die VSA ondersteun en die ontwikkelingshulp wat president Paul Kagame ontvang word doeltreffend gebruik om sy diktatorskap met onvoorsiene newe-effekte in die ooste van die Kongo te bestendig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die VN-Veiligheidsraad veroordeel Rwandese ondersteuning van die M23-rebellegroep, maar ironies genoeg sal Rwanda op 1 Januarie 2013 &#8216;n roterende posisie op dat die Veiligheidsraad beklee. Dit is waarskynlik nog &#8216;n rede waarom Kagame vol selfvertroue is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Net soos met Suid-Afrika, die ander liefling van die vasteland onder die ANC, is die neo-koloniale meesters traag om kritiek te lewer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Europa egter, waar nadere ondersoek aan hulpdoeltreffendheid aan die orde van die dag is, is mislukte internasionale intervensies en verbroude ontwikkelingsamewerking in Afrika natuurlik polities verdoemend.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tot onlangs, was dit &#8216;n situasie van hanteerbare lae-vlak geweld in di\u00e9 groot uitgestrekte land, maar die gierigheid van Rwandese volksmoordvlugtelinge in die DRK wat die oorhand gekry het, het die konflik aangevuur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Krygshere wat die onwettige ontginning van strategiese minerale beheer, deel van die winste en risiko&#8217;s, en die Kongolese weermag bied min kompetisie aan die rebelle, wat &#8216;n verdere terugslag vir Kongolese soewereiniteit en hul gevoel van nasionale identiteit beteken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kongolese president Joseph Kabila is waarskynlik deels te blameer omdat hy bang is dat indien die weermag &#8216;n ware mag op die sekuriteits- en politieke front word, dit tot &#8216;n staatsgreep &#8211; die gewone Afrika-manier waarop politieke mag verkry word &#8211; teen hom kan lei op een of ander stadium.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl die kwessies van beheer en toegang tot hulpbronne en winste fundamentele sake vir die plaaslike bevolking is, is Goma &#8216;n internasionale aangeleentheid aangesien die Kongo 70% van die w\u00eareld se tantaliet produseer en dit kom van die Kivuprovinsies.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tantaliet is wat ons selfone laat lui. Die bedreiging van &#8216;n nuwe Kongo-oorlog ontwrig dus yslike voorsieningskettings in hierdie grondstof.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Die internasionale gemeenskap sal ingryp as die prys van tantaliet hemelhoog opskiet, want verbruikers in die Weste kan nie sonder daardie praatapparaat nie.<\/div>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti\/12.02.2017\/v_harkovskoy_oblasti_naznachen_rukovoditel_mestnoy_prokuratury\/\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sowat 20.000 VN-blouhelms met &#8216;n jaarlikse begroting van $1,5 miljard is klaarblyklik nie in staat om die konflik in die DRK te stop nie. Die vredesmag &#8211; Monusco &#8211; het die ontruiming van sy nie-noodsaaklike personeel gelas nadat die M23-rebelle Goma verower het, sonder slag of stoot byges\u00ea. Daar was nog nooit vrede \u00f2f volskaalse &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13818\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;&#8216;Republiek van Vulkane&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-13818","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13818","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13818"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13818\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13818"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13818"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13818"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}