{"id":13805,"date":"2012-11-25T10:41:49","date_gmt":"2012-11-25T10:41:49","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13805"},"modified":"2012-11-25T10:41:49","modified_gmt":"2012-11-25T10:41:49","slug":"sunnyside-se-donker-kant","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13805","title":{"rendered":"Sunnyside se donker kant"},"content":{"rendered":"<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">In die vorige eeu was Seepunt &#8216;n  Mediterreense lushof waar welgesteldes in rus en vrede gewoon en gewone  sterflinge enige tyd van die dag of nag veilig op die promenade langs  die see kon wandel. In daardie beskaafde era het ons graag saans die  winkelvensters aan Voortrekkerweg, van Goodwood tot Bellville, gaan kyk.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">In die jare sewentig het ek agter werk  aan na Pretoria verhuis. In Johannesburg was Hillbrow toe &#8216;n toonbeeld  van beskawing. Dit het my aan Seepunt herinner. Daar was uitstekende  restaurante, boek- en platewinkels, ens; dinge wat my telkens na hierdie  pragtige voorstad gelok het.<\/p>\n<div style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">\n<p>Ek onthou hoe Hennie Bekker &#8216;n  verkiesingsveldtog in Jeppe gevoer het. Hy het beweer dat die Nasionale  Party met die toekoms van Hillbrow vertrou kon word. Daar was toe al  sprake dat die stelselmatige aftakeling van apartheid tot rampspoed sou  lei. Bekker het ges\u00ea dat hy  &#8216;n woonstel in Hillbrow gekoop het, wat moes illustreer hoe blink die  toekoms van daardie gebied is. In 1993 het Bekker die NP verlaat en hom  by die IVP aangesluit. Ek het al dikwels gewonder hoe dikwels en vir hoe  lank hy in daardie woonstel gewoon het en of hy hierdie blyplekkie teen  &#8216;n mooi wins verkoop het. En het hy al die kiesers om verskoning gevra  omdat hy hulle mislei het?<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">\n<p>In die jare sewentig en tagtig het  Pretoria se Sunnyside by my dieselfde indruk as Hillbrow gewek: Seepunt  in die Transvaal. Saam met Arcadia was Sunnyside &#8216;n gegoede  woonstelarea. Daar kon &#8216;n mens jou verlustig in bv twee groot  boekwinkels in die Sunnypark-winkelsentrum, asook &#8216;n verskeidenheid  uitstekende restaurante en ander winkels. Maar hoe lyk Sunnyside  deesdae, dus nadat daarin geslaag is om die juk van blanke oorheersing  en apartheid af te skud?<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">\n<p>Joan Hambidge verskaf antwoorde (Die  Burger, By, 24.11.2012, p 11). Sy het Sunnyside in dieselfde tyd as ek  leer ken. Pas het sy &#8216;n nuwe Sunnyside in die nuwe Suid-Afrika ervaar.  &#8220;Iets wat verby is, blyk nog te bestaan &#8230; &#8216;n vreemd-bekende stad.&#8221; Sy  skryf veral oor Esselen-straat, Sunnyside se hoofstraat.<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">\n<p>Uit haar herinnering roep sy drie  restaurante op: Die Franse La Madeleine, wat meermale bekroon is, die  Griekse Santorini (&#8220;Griekse geregte berei deur &#8216;n Griek&#8221;) en die  Italiaanse Giovanni, waar die beste pizzas te kry was. Namate Sunnyside  genormaliseer is, het Giovanni noodgedwonge na Brooklyn uitgewyk.<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">\n<p>Wat het in die plek van die Sunnyside van  weleer gekom? &#8220;Iemand kook op straat en verkoop hoenderpote en -derms.  &#8216;n Kar word gewas met &#8216;n radio wat bulder, en die vensters van &#8216;n  woonstelblok waarin &#8216;n vriendin gewoon het, het uitgeval. Dit lyk  onooglik &#8211; soos iemand sonder voortande &#8230; My gevoel dat ek beroof kan  word, is &#8230; &#8216;n werklikheid &#8230; en dalk het die [NG] Harmonie-kerk se  verval iets te make met my gevoel van vervreemding.&#8221; Van die restaurante  is daar &#8216;n Spur oor. &#8220;Nou is daar eethuise, dobbelplekke waar die mans  perde speel en bier drink.&#8221;<\/p>\n<\/div>\n<div style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">\n<p>Wat sy probeer s\u00ea,  is duidelik. Beskawing het plek vir onbeskaafdheid, vir barbaarsheid,  gemaak. Ons het rede om nostalgies oor die verlede te wees, maar ons  word daagliks daaraan herinner dat ons nie mag terughunker na die goeie  ou dae nie. Ons het beter tye geken, maar daar word van ons verwag om te  berus. In Afrika mag wat opgebou is, maar afgebreek word. Eintlik is  verval, veral op die langtermyn, in niemand se belang nie, maar die  oproep is: Laat ons daaroor juig en bly wees.<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kh.depo.ua\/rus\/kh\/visnazheniy-ta-pobitiy-u-harkovi-rozsliduyut-strashnu-zagibel-tririchnogo-hlopchika-20170927647641\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u0430\u0442\u0443\u0440\u0430 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In die vorige eeu was Seepunt &#8216;n Mediterreense lushof waar welgesteldes in rus en vrede gewoon en gewone sterflinge enige tyd van die dag of nag veilig op die promenade langs die see kon wandel. In daardie beskaafde era het ons graag saans die winkelvensters aan Voortrekkerweg, van Goodwood tot Bellville, gaan kyk. In die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[149],"tags":[10533],"class_list":["post-13805","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c160-leon-lemmer","tag-sunnyside-se-donker-kant"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13805","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13805"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13805\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13805"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13805"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13805"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}