{"id":13804,"date":"2012-11-25T09:01:49","date_gmt":"2012-11-25T09:01:49","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13804"},"modified":"2012-11-25T09:01:49","modified_gmt":"2012-11-25T09:01:49","slug":"eurokaners-en-ameri-kaners","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13804","title":{"rendered":"Eurokaners en Ameri-kaners"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/02\/roodt_fbfoto.jpg\" \/>Soos twee dae gelede op Praag berig is, word daar tans <a target=\"_blank\" href=\"nuus-magazine-402\/internasionale-nuus-magazine-399\/12714-europa-wil-militere-eenheid-uitbou.html\">\u2018n Europese weermag<\/a> op die been gebring wat net nog \u2018n spyker in die doodskis van NAVO en  die Amerikaanse oorheersing van Europa n\u00e1 die Tweede W\u00eareldoorlog  verteenwoordig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos  Jan Smuts ges\u00ea het, word die lotgevalle van Suid-Afrika altyd buite sy  eie grense bepaal. Maar ek sou verder gaan en s\u00ea: die lotgevalle van die  Afrikaner word altyd van elders af bepaal. Waarskynlik geld di\u00e9  beginsel vir alle kleiner volkere op aarde: Nederland, Finland, die  Baltiese state, Lesotho of Swaziland. Tydens die Napoleontiese oorlo\u00eb  het Nederland en Belgi\u00eb binne enkele jare verskyn en verdwyn, na gelang  van veldslae en onderhandelinge tussen Oostenryk, Pruise, Frankryk en  Engeland.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Iewers  tydens die tagtigerjare is daar in \u2018n Britse komiteekamer besluit dat  Afrikaners nie meer soewerein behoort te wees nie en is ons ons vryheid  ontneem. FW de Klerk en sy broer Willem, die man wat \u201cverlig\u201d en  \u201cverkramp\u201d uitgedink het, was maar net marionette in die hande van  Brittanje en Amerika wie se nuwe ideologie van \u201cdiversiteit\u201d,  multikulturalisme en rasvermenging op Suid-Afrika afgedwing moes word.  Nelson Mandela was so min of meer die laaste swart leier van die  Amerikaanse Burgerregtebeweging. Trouens, voor sy vrylating in 1990 was  hy baie meer in die VSA bekend as in Suid-Afrika.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terloops,  gepraat van verlig en verkramp: die \u201cverligtes\u201d had net so min met die  Europese Verligting te make as die man in die maan. Willem de Klerk was  \u2018n Gereformeerde (Dopper-)teoloog van Potchefstroom. Eintlik was die  Afrikaner-verligtes fundamentaliste binne die Amerikaanse dampkring wat  Nelson Mandela as hul nuwe Christus wou uitroep.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos  ek vandeesweek in \u2018n <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/www.beeld.com\/MyBeeld\/Briewe\/Afrikaanse-letterkunde-op-laagtepunt-20121121\">brief aan Beeld<\/a> geskryf het, in reakse op die FAK  se optimistiese siening van \u2018n \u201c<a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/www.beeld.com\/In-Diepte\/Nuus\/Blomtyd-vir-Afrikaans-20121119\">blomtyd vir Afrikaans<\/a>\u201d:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cOnder  Afrikaners swaai die NP-zombies egter steeds die septer! Die gewaande  laer is deur \u2019n soort geestelike goelag vervang waar die dwangbuis van  kulturele Marxisme en politieke korrektheid rasionele denke verhoed.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2019n Aansienlike deel van die Afrikaner-elite is vandag groter konformiste as ooit in die verlede.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die tegnologiese, politieke en veral demografiese veranderinge wat ons beleef, word nie ontleed en verstaan nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  nie-denke van die fundamentalistiese De Klerks wat van die ware  betekenis van \u201cverligtheid\u201d onbewus was, het op die ramp uitgeloop wat  ons vandag in die land beleef. Met antiblanke wetgewing wat ons  ekonomies knel en marginaliseer, is die grense boonop oopgegooi. Volgens  die jongste sensus staan die bevolking tans op 52 miljoen. En nog is\u2019t  einde niet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Insgelyks  in my Beeld-brief, herinner ek mense daaraan dat die bevolking w\u00e9\u00e9r  binne die volgende vyftien tot twintig jaar gaan verdubbel om op 100  miljoen te staan te kom. Die implikasies daarvan vir misdaad, water,  riolering, skole, universiteite en ander infrastruktuur is natuurlik  voor die hand liggend. Saam met die Amerikaanse fundamentalisme gaan die  Afrikaner-elite egter aanhou om die voordele van \u201cdiversiteit\u201d,  regstellende aksie en grondhervorming te predik, terwyl die land al  verder in die afgrond versink.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terloops,  terwyl Mandela op Qunu in die vergetelheid verdwyn, het die \u201cAtlantiese  Afrikaners\u201d (die oud-verligtes) \u2018n nuwe halfgod in Bloemfontein geskep:  Jonathan Jansen. Laasgenoemde het ook \u2018n draai in Amerika gemaak waar  hy die Afro-Amerikaanse ressentiment jeens blankes verinnerlik het, maar  ingesien hoe die blanke skuldgevoelens tot sy eie finansi\u00eble voordeel  gemanipuleer kan word. In sy toespraak vandeesweek by die Helen  Suzman-stigting blameer \u201cDj\u00eansen\u201d, soos hy sy van uitspreek, Verwoerd  vir die gemors in SA onderwys. Arme Verwoerd.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teenoor  die Atlantiese Afrikaners (Ameri-kaners) en hul Amerikaanse gedweep met  diversiteit, staan die Europese Afrikaners (Eurokaners), die ware  Verligtes (met \u2018n hoofletter) en Patriotte wat hulle op Europa rig.  Potjiesdorp, wat glo vandeesweek \u2018n DA-munisipaliteit gekry het, is nie  ons intellektuele sentrum nie, maar Amsterdam, Parys en Berlyn, die  hoofstede van ons stamlande.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Paul  Kruger, hoewel \u2018n eenvoudige man wat nie veel boeke benewens die Bybel  gelees het nie, was nietemin \u2018n bewonderaar van die Dietse kultuur wat  selfs Transvaalse goud vir die maak van die groot Nederlandse woordeboek  geskenk het. In een van die hoogtepunte van ons geskiedenis, het hy en  Bismarck mekaar ontmoet, met Paul Kruger wat Afrikaans praat en Bismarck  Platduits. Eintlik is Afrikaans en Platduits ewe na aan mekaar as  Nederlands en Afrikaans.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  afgelope tyd ervaar ek \u2018n henieude belangstelling in die Afrikaanse  taalkunde. In die eerste plek is dit uit noodsaak gebore, want uit die  Kaap en veral Stellenbosch is daar tans \u2018n intense aanval op ons taal,  Standaardafrikaans. Soos ek reeds vroe\u00ebr verduidelik het, word daar  gepoog om Afrikaans as \u2018n <a href=\"http:\/\/slipnet.co.za\/view\/event\/om-weer-te-probeer-die-herstandaardisering-van-afrikaans\/\">Derdew\u00eareldse Kreools<\/a>,  \u2018n mengeltaal van slawe en Khoikhoi, voor te stel. Enkele jare gelede  het die Potchefstroomse taalkundige, prof. Hans du Plessis, by die  Voortrekkermonument ons taal as \u2018n \u201cgemorstaal\u201d beskryf, waarmee hy wou  aandui dat ons eintlik Kreools praat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarmee  saam wil die Universiteit van Stellenbosch en die radiostasie RSG  Afrikaans \u201cherstandaardiseer\u201d sodat ons almal \u2018n gemengde Engfrikaans  soos die bruinmense van die Wes-Kaap kan praat en skryf. Soos Leopold  Scholtz van Die Burger ges\u00ea het, moet ons en die bruinmense \u201cversmelt\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos ek al voorheen hier geargumenteer het, verkeer <a href=\"dan-roodt-magazine-178\/11636-taalkundige-lisenkoisme-standaardafrikaans-in-die-spervuur.html\">Standaardafrikaans in die spervuur<\/a>.  Vandeesweek het ek deelgeneem aan \u2018n gesprek by Radio Pretoria oor di\u00e9  kwessie, tesame met Andr\u00e9 Alkema en Meinhard Peters, met Marianne Roos  as die programleier. Dit sal m\u00f4re-aand om 19.45 uitgesaai sal word, per  internet by <a href=\"http:\/\/www.radiopretoria.co.za\">www.radiopretoria.co.za<\/a> of FM by 104.2MHertz of 106.6MHertz &nbsp;indien u in Pretoria of Johannesburg woon.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons,  die Eurokaners, het \u2018n heel ander projek as om te verkreoliseer. Ten  eerste gaan ons bewys dat Afrikaans geen Kreools is nie, maar \u2018n  Wes-Germaanse taal wat naas Algemeen Beskaafde Nederlands en Hoog-Duits  een van drie standaardtale is wat vanuit Duitsland en die Lae Lande  ontstaan het. Al is ons taal in Afrika gestandaardiseer, is dit volgens  Europese norme gedoen en is ons taal steeds verstaanbaar vir 22 miljoen  Nederlanders en Vlaminge, asook omtrent 20 miljoen Noord-Duitsers wat  almal Platduitse of Nederduitse dialekte praat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  meeste Afrikaners behoort mos aan die \u201cNederduitse\u201d Gereformeerde Kerk.  Soos iemand vandeesweek aan my uitwys, is dit nie toevallig nie en  strek ons wortels ten minste ewe diep in Noord-Duitsland as in Nederland  of Vlaandere.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit  bring my by die eintlike punt waarmee ek aanvanklik begin het: daar is  \u2018n groot geopolitieke verskuiwing besig om in die w\u00eareld plaas te vind.  Vele Britte vrees \u2018n sogenaamde \u201cVierde Duitse Ryk\u201d of die terugkeer van  die \u201cHeilige Romeinse Ryk\u201d waarmee die Duitse oorheersing van  Wes-Europa bedoel word. Agter die Griekse skuldkrisis en die gestoei  rondom die euro, skuil Britse en Amerikaanse vrese. Wat Duitsland nie op  die slagveld tydens die Tweede W\u00eareldoorlog kon vermag nie, het hy in  die sestig jaar sedertdien met harde werk en goeie finansi\u00eble bestuur  reggekry. Vandag klap die sweep vanuit Berlyn en die Grieke, Spanjaarde,  Iere, Portugese en ander staan mooi in die ry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Britse Financial Times, mondstuk van die Londense Stad, die magtige  finansi\u00eble sentrum van Europa en selfs van Suid-Afrika, raak al hoe meer  histeries oor die toenemende Duitse mag en invloed. Die son is besig om  vir \u2018n tweede keer oor die Britse Ryk onder te gaan, ook oor die  Brittanje wat hom oor die afgelope aantal dekades as vassalstaat van die  VSA in Europa aangebied het. Die Atlantiese moondhede (die VSA en  Brittanje) is besig om te taan en die plat stuk aarde in Noord-Europa  (die Platteland!) waar ons voorouers vandaan kom, tel weer kop op.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sowel  Frankryk as die Benelux (Nederland, Belgi\u00eb en Luxemburg) is reeds in  die Duitse kamp. Oostenryk en Wene, die vorige setel van die  Habsburg-ryk, is uiteraard deel van di\u00e9 Europese magsblok. So ook die  kleiner lande soos Tsjeggi\u00eb en Hongarye wat tradisioneel onder Duitse  invloed was. Die nuutgevonde entente tussen Duitsland en Rusland tel ook  in die guns van Berlyn. Die kombinasie van Duitsland en Rusland troef  \u2018n VSA wat reeds ideologies, etnies en talig verdeel is, tussen \u201cblou  state\u201d en \u201crooi state\u201d, met Spaans wat vanuit die suide Engels as  spreektaal vervang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir  ons Afrikaners, Eurokaners, is dit \u2018n baie opwindende verwikkeling.  Binnekort vind nog \u2018n vergadering van die Vlaams-Nederlanse  interparlement\u00eare komitee van die Nederlandse Taalunie in Den Haag plaas  waar Afrikaans die onderwerp gaan wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met China wat insgelyks \u2018n w\u00eareldmoondheid raak, word die Europese konsolidasie al hoe dringender. Ons moet deel word daarvan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarom  voel ek baie sterk dat dit belangrik is om diplomatieke kanale met  Noord-Europa oop te maak en te bevorder. Daar moet ook veel meer  kulturele wisselwerking met Duitsland en Nederland wees, soos daar al by  tye in ons geskiedenis was. Kort n\u00e1 die verwoesting van die ABO, het  vele jong Afrikaners in Duitsland en Oostenryk gaan studeer. Verwoerd  het \u2018n Rhodes-beurs gekry om Oxford toe te gaan, maar hy het verkies om  aan die Universiteite van Hamburg, Leipzig en Berlyn te gaan studeer. Hy  was ook die eerste student aan die Universiteit van Stellenbosch wat &nbsp;&#8211;  voor sy vertrek na Duitsland &#8211; sy doktorale proefskrif volledig in  Afrikaans geskryf het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Omtrent  alle Afrikaanse letterkundiges, filosowe en leiers van enige betekenis,  het op \u2018n stadium in Nederland, Duitsland of Frankryk gewoon of  gestudeer. Dis tyd dat ons ons van die Engelse w\u00eareld en sy gekke idees  oor die multikulturele samelewing wegkeer. Soos ons voorouers moet ons  weer aansluiting by die opkomende Middel-Europa vind.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op  Potchefstroom waar hulle tans feesvier omdat hulle nou gedeeltelik  onder die gesag van \u2018n baie liberale, Engelse vrou in die eertydse  koloniale hoofstad, Kaapstad, staan, is dit seker nie \u2018n gewilde  boodskap nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons moet egter na die groter prentjie kyk. Ons oorlewing hang daarvan af.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti\/13.10.2017\/prokuratura_utverdila_obvinenie_harkovskomu_zastroyschiku\/\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Soos twee dae gelede op Praag berig is, word daar tans \u2018n Europese weermag op die been gebring wat net nog \u2018n spyker in die doodskis van NAVO en die Amerikaanse oorheersing van Europa n\u00e1 die Tweede W\u00eareldoorlog verteenwoordig. Soos Jan Smuts ges\u00ea het, word die lotgevalle van Suid-Afrika altyd buite sy eie grense bepaal. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13804\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Eurokaners en Ameri-kaners&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":11943,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[167,768,10529,10528,10530,10532,10531],"class_list":["post-13804","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-afrikaans","tag-afrikaner","tag-ameri-kaner","tag-eurokaner","tag-middel-europa","tag-platduits","tag-standaardafrikaans"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13804","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13804"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13804\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/11943"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13804"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13804"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13804"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}