{"id":13786,"date":"2012-11-20T11:35:40","date_gmt":"2012-11-20T11:35:40","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13786"},"modified":"2012-11-20T11:35:40","modified_gmt":"2012-11-20T11:35:40","slug":"veiligheidsraad-bereik-dooiepunt-oor-gasa","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13786","title":{"rendered":"Veiligheidsraad bereik dooiepunt oor Gasa"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die Veiligheidsraad het &#8216;n dooiepunt bereik Maandag oor &#8216;n verklaring mbt die Gasa-konflik. Die Verenigde State het ges\u00ea hulle is gekant teen enige optrede wat pogings om &#8216;n wapenstilstand te bereik, kan ondermyn.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Rusland het egter gewaarsku dat tensy &#8216;n voorgestelde Arabiese verklaring oor die Israel-Hamas vyandelikhede goedgekeur word Dinsdagoggend, hulle sal druk vir &#8216;n stemming van die volle Raad. Dit sal waarskynlik lei tot &#8216;n potensi\u00eble vetobotsing met die Verenigde State.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Verenigde State, Brittanje, Frankryk en Duitsland het almal voorbehoude oor &#8216;n teks wat verlede Donderdag voorgestel is deur Arabiese lande, weens die tipering van Palestynse militante in Gasa, het diplomate ges\u00ea. Duitsland stem nie in die Veiligheidsraad nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Al die Westerse lande het ges\u00ea dat Israel die reg het om homself te verdedig, terwyl die Europe\u00ebrs Israel tot selfbeheersing gemaan het. Die sterfteverhouding tussen die Israeli&#8217;s en Palestyne is tans 16:1. In 2008 -2009 was dit 100:1 toe die <em>Iron Dome<\/em>-stelsel nog nie operasioneel was nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Palestynse gesant by die VN, Riyad Mansour, het die groeiende frustrasie van die Palestynse Owerheid en sy bondgenote beklemtoon terwyl die konflik uitbrei en die raad niks s\u00ea nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Veiligheidsraad kan nie &#8220;op die kantlyn bly nie,&#8221; het hy aan verslaggewers ges\u00ea. Hy het ges\u00ea dat dit nou dringend is vir &#8220;die Veiligheidsraad om sy verantwoordelikheid op te neem en hierdie aggressie teen ons mense te stop&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Amerikaanse ambassadeur by die VN en gunsteling om Hillary Clinton se pos te vul, Susan Rice s\u00ea &#8216;n skietstilstandooreenkoms tussen die Israeli&#8217;s en Hamas kan alleen sonder geweld tot stand kom om &#8220;betekenisvol of volhoubaar&#8221; te wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die Verenigde State van Amerika en die lande in die streek sal energiek werk deur al die diplomatieke kanale om te probeer om &#8216;n einde te maak aan die geweld, en &#8216;n de-eskalasie te onderhandel,&#8221; het Rice aan verslaggewers ges\u00ea na afloop van die gesprekke.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Duitse diplomatieke bronne het hul frustrasie met die toedrag van sake uitgespreek, aangesien die Duitse geheime diens &#8216;n aantal maande gelede &#8216;n ontmoeting tussen Israel en Hamas gere\u00ebl het om die vredesproses weer aan die gang te kry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sommige ontleders meen die aanvalle op Hamas is deur Israel geloods om juis die Palestyne se voorlegging vir &#8216;n onafhanklike staat by die VN in November te kelder en vredespogings te ondermyn.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Rice het ges\u00ea dat president Barack Obama en Hillary Clinton gister &#8220;die hele dag&#8221; op die telefoon met die Midde-Oosterse leiers was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is &#8220;uiters belangrik&#8221; dat enige Veiligheidsraadaksie &#8220;die vooruitsigte vir &#8216;n skietstakingsooreenkoms bevorder en nie iets doen wat dit ondermyn nie&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Russiese ambassadeur by die VN Vitaly Churkin het egter ges\u00ea die Arabiese voorstel, wat deur Marokko opgestel is, is &#8220;&#8216;n baie goeie teks&#8221; en het die beste kans om tot &#8216;n onderhandelde skikking tussen die twee strydende partye te lei aangesien dit die enigste skriftelike voorstel tot dusver is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ges\u00ea die teenvoorstelle is nie op skrif gestel nie, ten spyte daarvan dat alle lede reeds drie dae lank die Marokkaanse voorstel onder o\u00eb het. Die <a href=\"http:\/\/twitdoc.com\/view.asp?id=75261&amp;sid=1M2L&amp;ext=DOCX&amp;lcl=UNSC-Gaza-Draft-Res-Nov-19.docx&amp;usr=benmoran&amp;doc=113830785&amp;key=key-101skdu216lwvs9fom0\">voorstel <\/a>is selfs op die internet beskikbaar.<\/p>\n<p>&#8220;Indien die voorstel nie aangeneem word om 09:00 [1400 GMT] m\u00f4re nie sal ons gaan vir &#8216;n stemming oor ons konsepvoorstel&#8221; Woensdagmiddag, het hy bygevoeg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verskeie diplomate het ges\u00ea hulle verwag dat besware teen die voorstel gemaak sal word deur ten minste drie Veiligheidsraadlede.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Russiese besluit sal vra vir &#8216;n opskorting van geweld, ondersteuning vir die Egiptiese-geleide pogings om &#8216;n wapenstilstand te beredder en sal Israel en die Palestynse Owerheid aanmoedig om hul gesprekke te hervat, volgens &#8216;n afskrif wat verkry is deur AFP.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As die Russe besluit dat &#8216;n stemming deurgaan, sal dit waarskynlik met veto deur die Verenigde State begroet word, wat deurlopend alles wat teen Israel gemik is, blokkeer.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/careers.ua\/mix\/analiziruem-deklaratsiyu-o-dohodah-yuriya-danilchenko\/\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0456\u0439 \u0431\u0440\u043e\u043d\u0456\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Veiligheidsraad het &#8216;n dooiepunt bereik Maandag oor &#8216;n verklaring mbt die Gasa-konflik. Die Verenigde State het ges\u00ea hulle is gekant teen enige optrede wat pogings om &#8216;n wapenstilstand te bereik, kan ondermyn. Rusland het egter gewaarsku dat tensy &#8216;n voorgestelde Arabiese verklaring oor die Israel-Hamas vyandelikhede goedgekeur word Dinsdagoggend, hulle sal druk vir &#8216;n &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13786\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Veiligheidsraad bereik dooiepunt oor Gasa&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-13786","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13786","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13786"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13786\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13786"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13786"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13786"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}