{"id":13779,"date":"2012-11-20T04:27:21","date_gmt":"2012-11-20T04:27:21","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13779"},"modified":"2012-11-20T04:27:21","modified_gmt":"2012-11-20T04:27:21","slug":"versoening-sonder-ewewigtigheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13779","title":{"rendered":"Versoening sonder ewewigtigheid?"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Leon Wessels was een van die drie hoofonderhandelaars van die NP wat so sleg ore aangesit is deur die ANC tydens die grondwetlike onderhandelings. Die ander twee was Roelf Meyer en Dawie de Villiers. Die drie hoofonderhandelaars van die ANC was Cyril Ramaphosa, Joe Slovo en Mac Maharaj (Hermann Giliomee, Die Laaste Afrikanerleiers, p 389). Man vir man het die NP &#8216;n verloorspan in die veld gestoot.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wessels was &#8216;n minister in die NP-regering en in die regering van nasionale eenheid (April 1994 &#8211; Junie 1996). Dit was uiteindelik al wat van FW de Klerk se beloofde magsdeling gekom het. Hierna het Wessels beweer dat hy reeds lank hunker na &#8216;n private regspraktyk en het hy as parlementslid bedank. Hy het homself egter spoedig as &#8216;n kommissaris van menseregte voorgestel en is as sodanig deur die ANC aanvaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tipiese, onskuldige studentepret aan die Universiteit Vrystaat in 2007 is van die jaar daarna af opgeblaas tot die Reitz-insident omdat vier wit studente &#8216;n video van swart werkers gemaak het. Afgesien van die talle beskuldiging van rassisme teen wittes deur Jonathan Jansen en andere wat daaruit gespruit het, het hierdie &#8220;insident&#8221; veral twee gevolge gehad. Eerstens het Jansen in ons groot era van vryheid verpligte rasse-integrasie in al die koshuise op die kampus afgedwing. Tweedens is &#8216;n Internasionale Instituut vir Studies in Ras, Versoening en Sosiale Geregtigheid (let op die beskeie, pretensielose naam) tot stand gebring. Andr\u00e9 Keet, &#8216;n oud-onderwyser met &#8216;n UWK-agtergrond, is die direkteur van hierdie gewigtige onderneming. Hy help met die aanbieding van die verpligte kursus in Jansenisme, waarvolgens studente bv geleer word dat &#8216;n swarte met enkele onderskeidings in matriek akademies die gelyke van &#8216;n witte met sewe onderskeidings is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na sy uittrede as menseregtekommissaris het Wessels in hierdie instituut &#8216;n tuiste vir die uitlewing van sy besondere gawes gevind. In Die Burger (By, 20 Oktober 2012, p 4-5) beskryf hy hoe hy en Keet in Augustus vanjaar Worcester toe is om daar met versoening te gaan help. Daar is natuurlik talle gevalle waar nie-wittes bomme geplant en wittes wreedaardig vermoor is. In die nuwe Suid-Afrika is dit egter nie die soort ding wat aktiviste vir menseregte in rat laat kom nie. Nee, hulle hou daarvan om hulle aandag op die enkele, hoogs uitsonderlike gevalle te fokus waar wittes hulle aan sulke vergrype skuldig gemaak het. Worcester het so &#8216;n geleentheid gebied en dit is aangegryp.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op 24 Desember 1996 was daar &#8216;n bomontploffing in die Shoprite-winkel op Worcester. Stefaans Coetzee, wat saam met drie (volgens Wessels, vyf) ander &#8220;verregses&#8221; hiervoor verantwoordelik is, dien tans &#8216;n vonnis van 20 jaar in die Pretoria-Sentraal-gevangenis uit. Na 15 jaar het die Worcester-versoening-en-hoopgroep die ontploffing gedenk. Coetzee het gevra dat Olga Macingwane, blykbaar een van die beseerdes, hom moet vergewe en sy het ingestem. Twee (volgens Wessels, drie) van die vier bomme het ontplof. Volgens Wessels is vier mense gedood en 67 beseer. Jansen het spesiaal Worcester toe gereis om te s\u00ea dat daardie twee bomme wat nie ontplof het nie &#8220;ons vandag ruimte gee vir versoening.&#8221; &#8216;n Berig hieroor het in November 2011 in Rapport verskyn en is saam met Wessels se artikel in By gepubliseer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar die 2011-herdenking was nie genoeg nie. In Augustus vanjaar is die gebeurtenis weer in herinnering geroep en toe is die geleentheid gebruik om Wessels en Keet in Worcester te ontplooi. Hulle is deur die Worcester Hoop- en Versoeningsproses (WHVP) genooi. Die voorsitter is Claude Schroeder, iemand wat volgens Wessels &#8220;&#8216;n onkreukbare struggle-verlede&#8221; het. Die leser word nie ingelig oor die dade waarvoor Schroeder verantwoordelik gehou kan word nie. Basil Kivedo, voorheen &#8216;n UWK-dosent in sosiologie en daarna &#8216;n MK-soldaat, was ook daar. Hy is nou die burgemeester van die Munisipaliteit Breedevallei. Pleks van mense soos Schroeder en Kivedo met hulle verlede te konfronteer, &#8220;skerts&#8221; Wessels &#8220;beleef&#8221; met hulle. &#8220;Ons verlede is te kompleks om eensklaps opgeklaar te word.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Deon Snyman word as &#8220;een van die ankermanne in die WHVP&#8221; beskryf. Juan Kariem word deur Wessels &#8216;n &#8220;dinamiese aktivis&#8221; genoem &#8220;wat as sewentienjarige vir die eerste keer aangehou is.&#8221; Hy is glo gemartel en verskeie kere opgesluit. Kariem het krag geput uit die volgende woorde van &#8216;n tereggestelde MK-vegter, Solomon Mahlangu: &#8220;My blood will nourish the tree that will bear the fruit of freedom.&#8221; Dit kom blykbaar nie by Wessels op dat dit hier vir Mahlangu en Kariem glad nie om vrede en versoening gegaan het nie, maar om geweld en die voortsetting van die politieke stryd. Deurgaans gebruik Wessels byvoeglike naamwoorde om verlinkses gunstig voor te stel. Geen poging word aangewend om hulle oor hulle misdadige verlede in die bek te ruk nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die wat wil vorentoe, moet nou hande vat.&#8221; Dan preek Wessels blykbaar uitsluitlik (en sekerlik by voorkeur) vir die wittes: &#8220;As jy nie jouself kan beweeg om verskoning te vra vir die onmenslikhede van die verlede nie, aanvaar verantwoordelikheid en help om die reste van die verlede ongedaan te maak.&#8221; Dat hy die wittes vir veroordeling uitsonder, blyk uit die volgende sin: &#8220;Ons landgenote het gehunker na &#8216;n erkenning dat apartheid [nie geweldadige terrorisme nie] ons land verskroei het.&#8221; &#8220;Die slagoffers van die verlede [lees: nie-wittes] onthou al hoe beter, en di\u00e9 wat daaruit voordeel getrek het [lees: wittes] probeer baie hard om te vergeet.&#8221; Volgens Wessels is die wittes in hierdie proses blykbaar nie benadeel nie. Wittes verkies glo om te vergeet. In werklikheid onthou baie van hulle die terreurdade van bv die UDF\/ANC en PAC. Hulle wonder wanneer Wessels, Jansen en Keet opruk na bv Pretoria om die Kerkstraat-bomontploffing te gedenk en daar vir die skuldiges oor versoening aan te spreek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kan &#8216;n mens jou as &#8216;n kenner van menseregte en as &#8216;n versoener voordoen en ruim vergoeding daarvoor aanvaar as jy nie begrip daarvoor toon dat daar skuld aan albei kante is (of kan wees) en dat versoening van albei kante behoort te kom nie?<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/17.05.2017\/aktsiya_za_chiste_dovkillya_startovala_v_harkove_i_oblasti\">\u041b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Leon Wessels was een van die drie hoofonderhandelaars van die NP wat so sleg ore aangesit is deur die ANC tydens die grondwetlike onderhandelings. Die ander twee was Roelf Meyer en Dawie de Villiers. Die drie hoofonderhandelaars van die ANC was Cyril Ramaphosa, Joe Slovo en Mac Maharaj (Hermann Giliomee, Die Laaste Afrikanerleiers, p 389). [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[149],"tags":[],"class_list":["post-13779","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c160-leon-lemmer"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13779","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13779"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13779\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13779"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13779"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13779"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}