{"id":13771,"date":"2012-11-16T14:07:58","date_gmt":"2012-11-16T14:07:58","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13771"},"modified":"2012-11-16T14:07:58","modified_gmt":"2012-11-16T14:07:58","slug":"dutoit-agri-anargie-in-die-wes-kaap","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13771","title":{"rendered":"Dutoit Agri: Anargie in die Wes-Kaap"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/11\/ceres.jpg\" \/>Die anargie wat die afgelope 3 dae op die meeste van ons landboueiendomme in die Wes-Kaap heers, is vir die Direksie en Bestuur van Dutoit Agri &#8216;n groot vertrouenskok. Hierdie anargie is hoofsaaklik veroorsaak deur opgesweepte werker emosies.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons is oortuig dat werkers en welwillende landboubeleggers in die proses as speelbal misbruik is deur politieke magte met bybedoelings.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie spel het ontspoor en veroorsaak dat:<br \/>1. Miljoene Rande se skade aan eiendomme in alle aanduiding veroorsaak is met spesifieke instruksies om eiendomme en roerende bates af te brand.<br \/>2. Honderde Miljoene Rande se gevolglike skade gely gaan word omdat landboupraktyke soos besproeiing, oesbeskerming, oesvoorbereiding en insameling van die oes nie tydig uitgevoer kan word nie.<br \/>3. &#8216;n Georkestreerde aanslag geloods is om jarelange goeie werknemer- en werkgewerverhoudinge te vernietig deur ongegronde beloftes aan werkers deur politieke verteenwoordigers waar vakbonde en die politieke partye &#8216;n prominente rol gespeel het.<br \/>4. &#8216;n Minderheidsgroep werkers spesifieke opdrag ontvang het om spesifieke eiendomme te teiken en Miljoene Rande se skade te veroorsaak.<br \/>5. Hierdie minderheidsgroep werkers ander welwillende werkers deur flagrante oortreding van landswette ge\u00efntimideer en geweldadig aangerand het asook bestuur getraumatiseer en fisies aangerand het.<br \/>Die feit dat die Regering traag optree om beide werkgewers en werknemers se veiligheid en hul bates te beskerm, bevestig &#8216;n sterk vermoede van die kwaadwillige bedoeling van &#8216;n oorwo\u00eb veldtog van vakbonde en politieke partye.<br \/>In belang van alle betrokkenes rig Dutoit Agri die volgende dringende en baie ernstige boodskap aan alle belanghebbers:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">1. Aan die Regering<br \/>1.1. Ondersteun die Wes-Kaap landbougemeenskap deur voldoende polisie en ander veiligheidsmagte te ontplooi om ons en ons werkers te beskerm teen intimidasie en vandalisme.<br \/>1.2. Ontbloot die kwaadstokers en hou hulle aanspreeklik soos die wet voorskryf.<br \/>1.3. Bring die ge\u00efdentifiseerde saboteurs en vandaliste voor die hof sodat die reg sy loop kan neem.<br \/>2. Aan die Welwillende Werkers<br \/>2.1. Ons weet jul het deur geweldige trauma gegaan die afgelope 3 dae. Hou asseblief moed, want ons staan by julle en ons doen alles in ons vermo\u00eb om die werksgeleenthede wat opgebou is oor baie jare, te beskerm.<br \/>2.2. Hoewel moeilik, doen moeite om voort te gaan met kritiese take sodat ons Maatskappy kan oorleef.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">3. Aan die Bestuur<br \/>3.1. Die erge traumatisering, slapelose nagte en lewensbedreiging wat julle moes deurgaan die afgelope 3 dae maak van elkeen van julle &#8216;n held in krisistye.<br \/>3.2. Julle toewyding is &#8216;n bewys dat die groter roeping van Dutoit mense verenig om saam te veg vir oorlewing en die nastreef van ons visie.<br \/>4. Aan die Gemeenskap<br \/>4.1. Baie dankie vir duisende boodskappe van ondersteuning asook gebede. Ons waardeer dit en dit moedig ons aan om voort te gaan om die voorspoed wat ons na Suid-Afrika en spesifiek die Wes-Kaap bring met alle belanghebbers te deel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">5. Aan ons Kli\u00ebnte<br \/>5.1. Ons sal alles in ons vermo\u00eb doen om die wonderlike produkte wat die natuur vir ons bied soos ooreengekom met julle, te lewer.<br \/>5.2. Aanvaar asseblief hierdie episode in ons geskiedenis as &#8216;n eenmalige gebeurtenis.<br \/>5.3. Ons het jul nie teleurgestel oor baie jare nie. Vertrou dus dat ons dit in die toekoms gaan voortsit.<br \/>5.4. Ons vra om verskoning vir die anargie die afgelope week. Dit was buite beheer. Hopelik het ons regering nou finaal besef dat reg en orde ononderhandelbaar is om suksesvolle besighede te bedryf tot voordeel van almal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">6. Aan ons Verskaffers:<br \/>6.1 Ons het baie waardering vir jul begrip en ondersteuning in die huidige krisis.<br \/>6.2 Probeer asseblief saamwerk om die bates wat vernietig is so spoedig as moontlik te vervang sodat ons die kritiese produksietake wat nou vereis word kan uitvoer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aangeheg is foto&#8217;s van skokkende tonele as bewyse van hoe &#8216;n politieke magspel in hierdie gemeenskapskonteks uitspeel waar soveel mense afhanklik is van landbou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons bede, begeerte en geloof is dat Dutoit Agri spoedig toegelaat sal word om die goeie werk wat gedoen is oor meer as 100 jaar voort te sit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie ontwrigtende ervaring dwing ons egter om opnuut &#8216;n voorwaarde te stel dat die volgende bedryfsomstandighede uiteengesit moet word vir ons om enige verdere beleggings in die landbou aan te gaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Naamlik:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Duidelike beleidsraamwerk van die regering wat ondersteuning vir landbou uiteensit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Verbintenis om landbouers en landbouwerkers se veiligheid en die beskerming van hul eiendomme te waarborg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons ervaring van hierdie gebeure is dat ernstige vrae ontstaan, soos:<br \/>1. Tot watter mate kan ons prosesse outomatiseer en meganiseer om meer produktief te wees en afhanklikheid van arbeid te verminder?<br \/>2. Is daar gewasse waarmee ons kan boer waar arbeid geminimaliseer of uitgeskakel kan word om risiko&#8217;s te beperk.<br \/>Gesien teen die fantastiese natuurlike hulpbronne waaroor Dutoit Agri beskik, gekoppel aan jarelange markverbindinge, kan opsies soos hierbo lei tot &#8216;n tragedie vir huidige werkers om nie eers te praat van werkskepping vir die jongmense van die toekoms nie.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/varta.kharkov.ua\/blogs\/kasyanenko\/1116800\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die anargie wat die afgelope 3 dae op die meeste van ons landboueiendomme in die Wes-Kaap heers, is vir die Direksie en Bestuur van Dutoit Agri &#8216;n groot vertrouenskok. Hierdie anargie is hoofsaaklik veroorsaak deur opgesweepte werker emosies. Ons is oortuig dat werkers en welwillende landboubeleggers in die proses as speelbal misbruik is deur politieke &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13771\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Dutoit Agri: Anargie in die Wes-Kaap&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":13770,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-13771","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13771","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13771"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13771\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/13770"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13771"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13771"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13771"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}