{"id":13765,"date":"2012-11-16T07:27:12","date_gmt":"2012-11-16T07:27:12","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13765"},"modified":"2012-11-16T07:27:12","modified_gmt":"2012-11-16T07:27:12","slug":"plaaswerkers-hou-aan-amok-maak","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13765","title":{"rendered":"Plaaswerkers hou aan amok maak"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Plaaswerkers het Donderdag in verskeie Bolandse dorpe voortgegaan om amok te maak omdat hulle skynbaar onbewus was van die ANC se oproep dat hulle terugkeer werk toe terwyl die minister van arbeid die minimumloon vir plaaswerkers hersien nie.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, het ges\u00ea die departement sal die besluit onder die stakende werkers se aandag bring dmv pamflette, onder meer aan polisielede wat gemeenskappe kan inlig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Duisende plaaswerkers het aan &#8216;n optog in Wolseley deelgeneem en mense het ook in onder meer Bonnievale, Ceres, Robertson en De Doorns betoog.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Wolseley het die oproeriges met die polisie onderhandel oor hulle eise. Hulle het onder meer gevra dat agt betogers wat Woensdag in hegtenis geneem is, vrygelaat word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die polisie het gekeer dat hulle ander werkers opsteek om die aangekeerdes te gaan bevry.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Na aanleiding van die onluste in De Doorns en ander gebiede in die Wes-Kaap, het TLU SA briewe gestuur aan die Sekretaris-Generaal van die ANC, die Minister van Landbou en die President.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die skrywe aan die ANC se sekretaris-generaal, eis TLU SA dat dissiplin\u00eare aksie geneem moet word teen mnr. Marius Fransman wat ges\u00ea het dat die boere van die De Doorns-omgewing &#8220;sal k*k&#8221;.  Dit word in &#8216;n ernstige lig en as haatspraak gesien.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pres. Zuma is ingelig van TLU SA se standpunt dat die onluste in die Wes-Kaap nie soseer gaan om &#8216;n minimum salaris nie, as dat dit wel gaan om politieke redes.  &#8220;Ons het getuienis dat mense van buite met busse aangery is waar hulle dan amok gemaak het.  Ons glo dit is ter wille van politieke motiewe, want aangesien die ANC nie in beheer in di\u00e9 provinsie is nie, is dit hulle doel om die provinsie onregeerbaar te maak.  Dit is egter so dat al dat di\u00e9 mense ontevrede is met u en u regering, as deel van die regerende party, wat beloftes gemaak het van behuising, dienslewering en werkskepping.  Dit is vir die land glashelder dat u nie aan daardie verwagtings kon voldoen nie, met gevolglike frustrasie en woede.  Voorts is u regering slegs toeskouers wat toekyk hoedat mense vanuit buurstate die land binnestroom en werksgeleenthede wegraap voor Suid-Afrikaanse burgers.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons doen aan die hand dat u eerder aan die groter prentjie aandag gee en u nie van koers af laat dwing met argumente oor minimum lone nie,&#8221; s\u00ea TLU SA se president, mnr. Louis Meintjes, in sy skrywe aan pres. Zuma.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Minister van Landbou het erken dat die onluste in die Wes-Kaap die resultaat was van swak dienslewering.  TLU SA glo dat die stygende produksiekoste ook &#8216;n probleem is.  Mnr. Meintjes skryf aan die Minister: &#8220;Landbou kan dit alles nie bekostig nie, en daarom eis ons die volgende:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">1.                  Ons eis vergoeding vir die skade aan boere en plaaswerkers se eiendom wat veroorsaak is deur die polities gemotiveerde staking. Die regering moet hiervoor betaal en kan die skade verhaal van die ANC en vakbonde wat by die staking betrokke was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">2.                  Ons eis dat die regering boere, plaaswerkers en hulle eiendom sal beskerm teen gewelddadige protesoptredes.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">3.                  Ons eis dat die regering voldoende maatre\u00ebls sal instel om boere en plaaswerkers te beskerm teen plaasmoorde en aanvalle op plase.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">4.                  Ons eis dat alle boere vrygestel moet word van tolgelde op paaie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">5.                  Ons eis dat die regering maatre\u00ebls in plek sal stel sodat waterbesoedeling gestop sal word, sodat ons veilige voedsel kan produseer ten einde voedselsekerheid te ondersteun.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">6.                  Ons eis die verlaging van ESKOM se elektrisiteitstariewe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">7.                  Ons eis paaie sonder slaggate.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">8.                  Ons eis die einde aan Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">9.                  Ons eis beter pryse vir al ons produkte.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">TLU SA het ook sy ondersteuning en selfs fisiese hulp aangebied aan die Wes-Kaapse boere, indien dit benodig sou word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">TLU SA het sy lede aangemoedig om in die toekoms nie meer arbeiders op plase te huisves nie.  &#8220;Arbeiders moet in die dorpe en stede se woonbuurte huisvesting kry waar munisipaliteite dit moet voorsien, sodat die risiko op plase verminder kan word,&#8221; s\u00ea mnr. Meintjes.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit is duidelik dat die regering besig is om sy regeervermo\u00eb te verloor, as gevolg van die revolusion\u00eare klimaat wat hy binne homself skep en deur sy voortgesette  Nasionaal Demokratiese Revolusie.&#8221;<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/declarations.com.ua\/declaration\/vulyk_16_128\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u0430\u0442\u0443\u0440\u0430 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Plaaswerkers het Donderdag in verskeie Bolandse dorpe voortgegaan om amok te maak omdat hulle skynbaar onbewus was van die ANC se oproep dat hulle terugkeer werk toe terwyl die minister van arbeid die minimumloon vir plaaswerkers hersien nie. Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, het ges\u00ea die departement sal die besluit onder die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13765\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Plaaswerkers hou aan amok maak&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-13765","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13765","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13765"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13765\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13765"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13765"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13765"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}