{"id":13764,"date":"2012-11-16T06:48:17","date_gmt":"2012-11-16T06:48:17","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13764"},"modified":"2012-11-16T06:48:17","modified_gmt":"2012-11-16T06:48:17","slug":"situasie-bly-plofbaar-in-wes-kaap","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13764","title":{"rendered":"Situasie bly plofbaar in Wes-Kaap"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Stakende plaaswerkers het &#8216;n oproep om terug te keer werk toe, ge\u00efgnoreer en eis dat daar opgetree word teen die polisielede wat verantwoordelik is vir die dood van een van die werkers.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die polisie het die situasie as &#8220;plofbaar&#8221; beskryf en onrus is in verskeie dorpe en nedersettings buite Kaapstad aangemeld.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Wolseley, waar &#8216;n plaaswerker Woensdag dood is in gevegte met die polisie, het werkers ges\u00ea die staking is nog nie verby nie en hulle weier om terug te keer werk toe tensy daar nie voldoen word aan hul eise nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die regering en Cosatu het vroe\u00ebr beweer dat werkers ingestem het om die staking wat reeds twee weke duur,&nbsp; terwyl die sektor se minimumloon van R70 hersien word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Betogers het egter ges\u00ea hulle weier om terug te keer na die streek se plase tensy hul loon na minstens R150 verhoog word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit is nie verby vir ons nie. Ons gaan voort [met die staking],&#8221; het Mandla Betshe, &#8216;n 19-jarige seisoenwerker, ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hulle wens dit kan verby wees.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pieter Opperman (38), wat R80 per dag verdien, het ook ges\u00ea &#8220;die staking is nie verby nie&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;As ons R150 kry, sal ek teruggaan werk toe, want dan weet ek kan kan kos op die tafel sit vir my gesin en na myself omsien.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Te midde van die betogings het &#8216;n afvaardiging van werkers &#8216;n lys van eise aan die polisie oorhandig. Hulle eis ondermeer dat die plaaslike polisiekaptein afgedank word. D\u00edt volg n\u00e1 die dood van die 28-jarige Michael Daniels.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Behalwe vir betogings in Wolseley, het die polisie ook onrus in die dorpe van De Doorns, Ceres en Swellendam aangemeld.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Polisiebeamptes is in al die gebiede wat geraak word ontplooi om wet en orde te handhaaf en om die publiek te beskerm,&#8221; het lt.kol. Andr\u00e9 Traut van die Wes-Kaapse polisie ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen het Agri Wes-Kaap ges\u00ea hy probeer nog &#8216;n skadebepaling van die stakings doen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit is ergste vlak van onrus deur werkers wat die Wes-Kaap al beleef het,&#8221; het Porchia Adams, woordvoerder, ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die myne en al die ander sektore kan vir hulself praat, maar vir die landbousektor is dit al die ergste wat ons beleef het.&#8221;<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti\/13.10.2017\/prokuratura_utverdila_obvinenie_harkovskomu_zastroyschiku\/\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Stakende plaaswerkers het &#8216;n oproep om terug te keer werk toe, ge\u00efgnoreer en eis dat daar opgetree word teen die polisielede wat verantwoordelik is vir die dood van een van die werkers. Die polisie het die situasie as &#8220;plofbaar&#8221; beskryf en onrus is in verskeie dorpe en nedersettings buite Kaapstad aangemeld. In Wolseley, waar &#8216;n &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13764\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Situasie bly plofbaar in Wes-Kaap&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-13764","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13764","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13764"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13764\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13764"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13764"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13764"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}