{"id":13734,"date":"2012-11-12T08:30:28","date_gmt":"2012-11-12T08:30:28","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13734"},"modified":"2012-11-12T08:30:28","modified_gmt":"2012-11-12T08:30:28","slug":"wat-beteken-die-vsa-se-heerskappy","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13734","title":{"rendered":"Wat beteken die VSA se heerskappy?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Teen 2025 sal &#8216;n Amerikaanse &#8220;driedubbele dak&#8221; van gevorderde toesig en gewapende onbemande tuie die hemelruim tot aan die eksosfeer beheer. &#8216;n Wonder van die moderne tyd, wat wapens op enige plek op die planeet met &#8216;n verbysterende spoed sal kan rig, &#8216;n vyand se satellietkommunikasiestelsel sal kan vernietig, en individue biometries oor groot afstande sal kan volg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En dit alles staan tans onder die beheer van &#8216;n swart man.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Saam met die land se gevorderde kuberkapasiteit, is dit ook die mees gevorderde gemilitariseerde inligtingstelsel wat ooit geskep is en &#8216;n versekeringspolis vir Amerikaanse globale heerskappy diep in die 21ste eeu. Wit Amerikaners weet egter bitter min oor die ontwikkeling.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulle sit nog steeds in &#8216;n ander era vas. &#8220;Ons vloot is nou kleiner as op enige tydstip sedert 1917,&#8221; het Republikeinse kandidaat Mitt Romney gedurende die laaste presidensi\u00eble debat geteem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Waarop president Obama met die spottende woorde gereageer het: &#8220;Wel, Goewerneur, ons het ook minder perde en bajonette, omdat die aard van ons milit\u00eare kompleks verander het&#8230; die vraag is nie &#8216;n spel van skepe tel nie. Dit is wat ons vermo\u00ebns is.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Obama het later uitgebrei: &#8220;Ons nodig het om te dink oor kubersekuriteit. Ons moet praat oor die ruimte.&#8221; Daar was intussen selfs gerugte dat Microsoft Romney se Orca-stelsel tydens die verkiesing gesaboteer het sodat hy misluk, omdat hy die ou orde in die Weermag verteenwoordig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Te midde van al die post-verkiesingstamheid het die detail verlore gegaan. Vir die afgelope vier jaar, werk die Pentagon in stilte en geheimhouding aan die volskaalse bewapening van die ruimte.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie unieke Amerikaanse stelsel van imperiale insameling van inligting, het sy oorsprong in briljante Amerikaanse innovasies in die bestuur van tekstuele, statistiese en visuele data. Dis &#8216;n nuwe inligting-infrastruktuur met &#8216;n ongekende kapasiteit vir massatoesig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onder die druk van &#8216;n nimmereindigende oorlog in Vi\u00ebtnam, het die bestuur van die Amerikaanse inligtinginfrastruktuur hulle destyds na gerekenariseerde data-bestuur gewend. Aangedryf deur die mees gevorderde IBM hoofraamrekenaars, het die VSA se milit\u00eare magte maandelikse tabelle van sekuriteit in al Suid-Vi\u00ebtnam se 12.000 dorpe opgestel en in bewaring gehou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die CIA het daarmee saam gerekenariseerde diverse data van die kommunistiese burgerlike infrastruktuur as deel van sy berugte Phoenix Program vergelyk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na ses jaar van mislukte teen-insurgensie pogings in Irak, het die Pentagon die krag van biometriese identifikasie en elektroniese toesig die land se uitgestrekte landskap begryp. Hulle het toe &#8216;n biometriese databasis met meer as &#8216;n miljoen Irakse vingerafdrukke en iris-skanderings dmv Amerikaanse patrollies op die strate van Bagdad ingesamel wat onmiddellik gestuur is dmv die satellietskakel na &#8216;n rekenaarsentrum in Wes-Virginia.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teen 2020, moet hierdie nuwe verdedigingsargitektuur teoreties in staat wees om die ruimte, die kuberruimte en infanterie te integreer deur middel van robotika, en &#8216;n naatlose oorgang van inligting na dodelike aksie wees. Maar dit is ook hoogs ongereguleerde domeine van milit\u00eare konflik, grootliks buite die internasionale reg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vraag wat Washington sal moet antwoord is dus: Hoe hoog is nasionale soewereiniteit, letterlik? Daar is geen internasionale ooreenkoms oor die vertikale omvang van soewereine lugruim nie, sedert &#8216;n konferensie oor internasionale lugreg, bel\u00ea in Parys in 1910, misluk het. Soos &#8216;n Pentagon se regsverteenwoordiger antwoord: Slegs so hoog as wat jy dit kan afdwing.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">So vroeg as 2020, hoop die Pentagon om die hele w\u00eareld onophoudelik te patrolleer, via &#8216;n driedubbele dak wat &#8216;n ruimtelike skild tot aan die eksosfeer bied, gedryf deur onbemande tuie met ratse missiele, gekoppel aan &#8216;n modul\u00eare satelliet-stelsel, roboties gemonitor deur &#8216;n teleskopiese Panopticon.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uiteindelik sal die impak van hierdie derde inligtingsrewolusie gevorm word deur die vermo\u00eb van die VSA se milit\u00eare magte sy verskeidenheid van ruimtewapens te integreer in &#8216;n bevelstruktuur wat in staat sal wees om alle domeine, naamlik ruimte, kuberruimte, lug, see en land, te beheer.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Maar dit laat elke planeetbewoner &#8216;n enorme eksistesi\u00eble vraagstuk. Sal dit ten behoewe van Westerse kultuur aangewend word?<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">As die toekoms van Amerika se w\u00eareldmag gevorm gaan word deur &#8216;n nuwe tegnologiese rewolusie, bly die vraag of die Amerikaanse politieke wil sterk genoeg sal wees om die blankes wat dit geskep het, se voortbestaan te verseker.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/sluganarodu.org\/slugi\/category0\/region17\/city45\/id707\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Teen 2025 sal &#8216;n Amerikaanse &#8220;driedubbele dak&#8221; van gevorderde toesig en gewapende onbemande tuie die hemelruim tot aan die eksosfeer beheer. &#8216;n Wonder van die moderne tyd, wat wapens op enige plek op die planeet met &#8216;n verbysterende spoed sal kan rig, &#8216;n vyand se satellietkommunikasiestelsel sal kan vernietig, en individue biometries oor groot afstande [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-13734","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13734","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13734"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13734\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13734"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13734"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13734"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}