{"id":13721,"date":"2012-11-08T06:04:10","date_gmt":"2012-11-08T06:04:10","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13721"},"modified":"2012-11-08T06:04:10","modified_gmt":"2012-11-08T06:04:10","slug":"wat-obama-vir-die-eu-en-australie-beteken","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13721","title":{"rendered":"Wat Obama vir die EU en Australi\u00eb beteken"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">President Obama se herverkiesing het in verskeie lande tot groot verligting gelei. Benewens die Britse premier David Cameron se erkende noue bande met die Amerikaanse leier, het Angela Merkel en Francois Hollande ook hul tevredenheid uitgespreek oor die uitslag. In Australi\u00eb was die reregring merkbaar bly, maar moontlik nie vir dieselfde redes as in Europa nie.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Verenigde State het Beijing voorheen van valutamanipulasie en industri\u00eble spioenasie, asook goedkoop invoere uit China beskuldig wat &#8216;n bron van &#8216;n besonder intense twis tussen die twee lande is. Spanning tussen die VSA en China kan op die duur baie nadelig vir lande soos Duitsland en Australi\u00eb wees. Kanselier Merkel sien in Obama &#8216;n vennoot wat die wrewel tussen die VSA en China kan ontlont.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kritici in Washington, veral Republikeinse stemme, beweer die Chinese die wisselkoers word kunsmatig laag gehou ten einde uitvoere te verhoog en &#8216;n perk op invoer te plaas. Enige groot konflik dus tussen die Verenigde State en Beijing, hetsy by wyse van &#8216;n handelsgeskil of &#8216;n geborgde konflik in China se invloedsfeer in die Suidoos-Asiatiese streek, kan &#8216;n baie negatiewe invloed op die Duitse ekonomie h\u00ea. Vandaar die verligting in Duitsland met Obama se prestasie, aangesien die Demokrate nie &#8216;n openlike vyandige houding aanmoedig nie en Duitsers glo dat Obama die kandidaat van vrede sal wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons het &#8216;n groot belang om te verseker dat &#8216;n konfrontasie tussen die VSA en China nie vorm aanneem nie,&#8221; s\u00ea Rolf M\u00fctzenich, die buitelandse beleidskenner in die parlement vir die sentrum-linkse Sosiaal-Demokratiese Party. &#8220;Europa het &#8216;n paar voorstelle hier gemaak.&#8221; Wat lede van Merkel se regeringskoalisie graag tans wil sien is dat Obama diep nadink oor China. &#8220;Wanneer dit kom by die Asiatiese uitdaging,&#8221; het die CDU se buitelandse beleidsdeskundige Missfelder ges\u00ea, &#8220;moet daar &#8216;n beter en strenger uitruil [van inligting] tussen Amerika en Europa wees.&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">In &#8216;n nuutgepubliseerde boek deur die Australiese joernalis David Uren egter, skryf hy dat die Australiese regering se 2009 Verdedigingswitskrif &#8216;n &#8220;geheime hoofstuk&#8221; insluit wat Australi\u00eb se vermo\u00eb bespreek om &#8216;n lug-see stryd saam met die Verenigde State teen China te veg.&#8221;<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die hoofstuk is weggelaat uit die openbare weergawe omdat dit verwysings bevat na die Australiese magte wat die VSA se milit\u00eare magte help om &#8216;n vlootblokkade van China se handelsroetes te bewerkstellig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die bestaan \u200b\u200bvan die vertroulike hoofstuk is onlangs prominent op die voorblad van &#8216;n Australiese koerant, die <em>Australian<\/em>, aangekondig. Uren, die ekonomiese redakteur, bied geen bron vir sy inligting nie, maar hy het kontak met Australiese politieke, milit\u00eare en diplomatieke bronne.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy boek oor die dieselfde onderwerp, <em>The Kingdom and the Quarry: China, Australia, Fear and Greed<\/em>, is hoofsaaklik &#8216;n bespreking van die enorme dilemma wat die Australiese regerende elite mee te kampe sal kry as die Verenigde State hul belangrikste strategiese en milit\u00eare bondgenoot dwing om &#8216;n meer aggressiewe houding teenoor China, Australi\u00eb se grootste handelsvennoot, in te slaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uren s\u00ea: &#8220;Die vermo\u00eb van China om oor 5000 kilometers te reik en Australi\u00eb te tref is &#8216;n nuwe element van die strategiese omgewing.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir oorlogsvoorbereidings het die Witskrif aanbeveel dat meer as $100 miljard bestee word oor die volgende dekade of so om die Australiese weermag toe te rus met nuwe duikbote, aanvalsvaartuie, vegvliegtuie en ander gevorderde toerusting.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die voormalige Australiese eerste minister Kevin Rudd het die Witskrif &#8211; met felle teenkanting van sy milit\u00eare intelligensie adviseurs &#8211; aggressief ondersteun, maar sy pogings om tussen die VSA en China as bemiddelaar op te tree in die geval van konflik, is nie deur die Obama-administrasie ondersteun nie. Julia Gillard, sy opvolger, was baie meer inskiklik teenoor die VSA.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Diplomatieke korrespondensie wat deur WikiLeaks gelek is, het Gillard voor haar verkiesing uitgewys as Amerikaanse amptenare se gunsteling om as &#8216;n pro-Amerikaanse alternatief vir Rudd aangewys te word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl Uren nie daaroor berig nie, het die <em>US Naval War College<\/em> &#8216;n studie in Januarie 2011 die lig laat sien waarin Australi\u00eb se &#8220;talle voordele&#8221; as &#8216;n basis beskryf word, waaruit die VSA se milit\u00eare magte beheer oor die belangrike seeroetes in die geval van konflik met China kan uitoefen. Die studie se skrywers, James Holmes en Toshi Yoshihara, het ges\u00ea &#8220;die Australiese regering is Washington se mees betroubare bondgenoot in Asi\u00eb, naas Tokyo.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onder premier Julia Gillard, het Australi\u00eb vir die Obama-administrasie die spilpunt in die Asi\u00eb-Stille Oseaanstreek geword. Australiese hawens en lughawens is opgegradeer vir gebruik deur die Amerikaanse weermag en die Cocos-eilande in die Indiese Oseaan is beskikbaar gestel as &#8216;n basis vir Amerikaanse onbemande tuie.<\/p>\n<p>Die Chinese Kommunistiese Party wys Donderdag &#8216;n nuwe leier aan wat die w\u00eareld se grootste supermoondheid teen 2025 sal lei. Xi Jinping (59), huidige president en sekretaris-generaal van die party, sal Hu Jintao opvolg.<\/p>\n<p>Xi sal in Maart by Hu as staatshoof oorneem en het aangekondig dat hy China na nuwe hoogtes sal lei. China het &#8216;n oorwig van manlike inwoners.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/63384-harkov-v-cifrah-i-delah.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0434\u0435\u0442\u0438<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>President Obama se herverkiesing het in verskeie lande tot groot verligting gelei. Benewens die Britse premier David Cameron se erkende noue bande met die Amerikaanse leier, het Angela Merkel en Francois Hollande ook hul tevredenheid uitgespreek oor die uitslag. In Australi\u00eb was die reregring merkbaar bly, maar moontlik nie vir dieselfde redes as in Europa &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13721\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Wat Obama vir die EU en Australi\u00eb beteken&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-13721","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13721","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13721"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13721\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13721"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13721"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13721"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}