{"id":13698,"date":"2012-11-05T09:32:34","date_gmt":"2012-11-05T09:32:34","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13698"},"modified":"2012-11-05T09:32:34","modified_gmt":"2012-11-05T09:32:34","slug":"britse-premier-op-skadebeheer-reis-na-mo","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13698","title":{"rendered":"Britse premier op skadebeheer-reis na MO"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">\n<p>Premier Cameron se diplomatieke toer na die Midde-Ooste het afgeskop met aanbiedinge van miljard-dollar-wapentransaksies aan lande met gebrekkige menseregterekords. Hy het mediadekking van die reis probeer beperk te midde van beskuldigings dat Brittanje met outokratiese regimes heul.<\/p>\n<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tydens die toer sal Cameron poog om verhoudings met beide Saoedi-Arabi\u00eb en die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) te herstel, waar die Verenigde Koninkryk beduidende sakebelange in die olie-industrie nastreef. Daarbenewens, sal Brittanje ook poog om 100 Typhoon-vegvliegtuie in &#8216;n transaksie ter waarde van &#8216;n potensi\u00eble $10 miljard aan beide lande te smous.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Britse premier staar strawwe mededinging in die gesig, met die Franse president Francois Holland ook in die streek om milit\u00eare toerusting te verkoop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Britse regering het ges\u00ea die doel van die reis is &#8220;om saam te werk met die Golfstate vir &#8216;n toekoms wat ryk is aan voorspoed, sterk in verdediging asook in die hantering en uitoefening van politieke en ekonomiese hervorming.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar, in die nasleep van die Arabiese Lente, is bande met Saoedi-Arabi\u00eb en die VAE onder druk weens hul twyfelagtige menseregtebeleidsrigtings en outorit\u00eare regerings.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Verenigde Koninkryk se beduidende finansi\u00eble transaksies met die streek, sowat $27 miljard werd volgens die Britse koerant The Guardian, is ook op die rotse. Saoedi-Arabi\u00eb het gewaarsku dat indien die Verenigde Koninkryk steun toon vir die anti-regimegroepe, sal hulle hulself na Asiatiese markte met winsgewende handel wend.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Britse regering gaan gebuk onder toenemende kritiek van menseregtegroepe wat voel die VAE en Saoedi-Arabi\u00eb moet gedruk word om te hervorm. Tog, is Brittanje huiwerig om enige kritiek uit te spreek, uit vrees om ekonomiese bande in gevaar te stel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die haastige reisplanne kom nadat &#8216;n Saoedi-verteenwoordiger ges\u00ea het hulle voel beledig deur &#8216;n Britse parlement\u00eare hersiening van verhoudings met Saoedi-Arabi\u00eb en sy buurland Bahrain, wat reeds belangrike sosiale omwentelings teen die land se Sunniemonargie ervaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Britse parlement\u00eare ondersoek het gevolg op &#8216;n verslag oor die Arabiese Lente wat ges\u00ea het dat die Verenigde Koninkryk &#8220;vreedsame hervormingpogings, waar moontlik, in Bahrain moet ondersteun,&#8221; maar dat dit &#8220;ook duidelik in sy openbare kritiek teen menseregteskendinge moet wees en nie skynheilig nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Saoedi-Arabi\u00eb ondersteun Bahrain se Sunniemonargie aktief, en het &#8216;n 1000 troepe verlede jaar oorgestuur om &#8216;n pro-demokratiese opstand te onderdruk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Saoedi-Arabiese monargie meen Iran het &#8216;n hand in die onrus wat tans Bahrain teister.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Britse media bespiegel dat die Britse vegvliegtuie die VAE as &#8216;n basis kan gebruik vir &#8216;n moontlike aanval op Iran.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/society\/2017\/10\/26\/190184.html\">\u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Premier Cameron se diplomatieke toer na die Midde-Ooste het afgeskop met aanbiedinge van miljard-dollar-wapentransaksies aan lande met gebrekkige menseregterekords. Hy het mediadekking van die reis probeer beperk te midde van beskuldigings dat Brittanje met outokratiese regimes heul. Tydens die toer sal Cameron poog om verhoudings met beide Saoedi-Arabi\u00eb en die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) te &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13698\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Britse premier op skadebeheer-reis na MO&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-13698","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13698","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13698"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13698\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13698"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13698"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13698"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}