{"id":13693,"date":"2012-11-04T12:54:42","date_gmt":"2012-11-04T12:54:42","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13693"},"modified":"2012-11-04T12:54:42","modified_gmt":"2012-11-04T12:54:42","slug":"stellenbosch-transformaties-en-ukwanda","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13693","title":{"rendered":"Stellenbosch, Transformaties en Ukwanda"},"content":{"rendered":"<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Onlangs is berig oor die inwyding van die  Universiteit Stellenbosch (US) se landelike kliniese skool op Worcester  (Die Burger, 26 Okt, p 13). Die geboue het R65 miljoen gekos; &#8216;n bedrag  waarmee eerder heelwat op die Stellenbosch- of Bellville-kampus van die  US vermag kon word. Naas hierdie nuwe Worcester-kampus word addisionele  US-leersentrums op Caledon, Ceres, Hermanus, Robertson en Swellendam  beoog. Dit is deel van die US se strategie om pleks van op sy universit\u00eare kernfunksies,  naamlik onderrig en navorsing, te konsentreer, eerder al hoe meer klem  op gemeenskapsdiens te laat val. Dit is wat die ANC verlang, gevolglik  is dit wat die US doen. Hierdie leersentrums word gevestig op dorpe waar  daar &#8216;n groot konsentrasie bruin mense is. Op hierdie manier word  uitdrukking aan die rektor, Russel Botman, se  etniese voorkeur gegee.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Naas Botman is die inwyding deur Jimmy  Volmink, die nuwe dekaan van die US se fakulteit geneeskunde en  gesondheidswetenskappe, bygewoon. By diensaanvaarding het Volmink nie na  sy prim\u00eare  akademiese verantwoordelikheid, naamlik om die akademiese beste  studente en die akademies beste dosente te trek, verwys nie. (Weens  transformasie is dit in elk geval iets waaraan reeds jare lank nie meer  gevolg aan die US gegee word nie.) As dekaan beskou Volmink sy taak as  by uitstek van &#8216;n politieke aard, naamlik nasiebou. Studente gaan op  Worcester in landelike omstandighede opgelei word, terwyl hulle  terselfdertyd benut kan word om gemeenskapsdiens te verrig. (Maar dit is  natuurlik moontlik om studente praktiese ondervinding in landelike  gebiede te laat opdoen sonder om daar &#8216;n duur kampus te vestig.)<\/p>\n<div style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Helen Zille is &#8216;n ander glanspersoon wat die inwyding bygewoon het. Sy is die DA- (oftewel die ANC <em>Lite-<\/em>)  premier van die Wes-Kaap, wat hierdie US-inisiatief steun. Les bes was  die oud-MK-vegter, Basil Kivedo, daar. As ruim vergoeding vir sy dienste  in die &#8220;bevrydingstryd&#8221; is hy as burgemeester van die Munisipaliteit  Breedevallei herontplooi.<\/div>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Wat my veral dwars in die krop steek, is Botman se kenmerkende blatante verpolitisering van die byeenkoms. &#8220;Botman het ges\u00ea die US erken sy deel aan die ongeregtighede van die verlede, maar die uitdaging is om di\u00e9  verlede reg te stel.&#8221; Hier verwys Botman nie na die wandade  (insluitende misdade) van die UDF, ANC, MK en hulle meelopers nie.  Hierdie mense word geag so onskuldig soos ongebore babas te wees. Botman  vra neerbuigend verskoning vir apartheid, dus vir die gedrag van wit  mense. Die akademies voortreflike US van weleer  word deur Botman as deel van die ongeregtighede van die verlede beskou.  Die gedagte het blykbaar nog nooit by hom opgekom om dankie te s\u00ea vir wat wittes aan die US tot stand gebring het nie. Om by daardie punt te kom, sou Botman akademies pleks van polities ge\u00f6ri\u00ebnteerd moet wees.<\/p>\n<div style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Die  US se landelike skool te Worcester word nie deur Botman in die eerste  plek akademies benader nie. Getrou aan sy politieke gepreokkupeerdheid  is hierdie kampus glo &#8216;n &#8220;regstelling vir die verlede&#8221;, &#8216;n &#8220;regstelling  en ontwikkeling vir die mense van Worcester&#8221;. Botman sou ook nie sy rede  afsluit sonder om na &#8220;hoop&#8221; (&#8216;n woord eie aan die swartmagbeweging) te  verwys nie. Hierdie keer het hy gepraat van &#8220;ware, volhoubare hoop &#8230;  gegrond &#8230; op die wetenskap&#8221;. Aan die US word ideologie deesdae op  hierdie manier in wetenskap omskep.<\/div>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Maar  wat is die naam van hierdie nuwe US-kampus? Om dit te verstaan, moet &#8216;n  mens besef dat die US nie meer die eentalige Afrikaanse universiteit  van weleer is nie. Sedert Engels as addisionele onderrigtaal ingevoer is  om die universiteit &#8221; meer toeganklik&#8221; vir veral nie-wittes te maak, is  Afrikaans progressief afgeskaal. Maar dit het die US nie in &#8216;n  tweetalige inrigting getransformeer nie. Die US is deesdae, soos Botman  nooit moeg raak om te verkondig nie, &#8216;n meertalige inrigting. Dit is nie  ook meer bloot &#8216;n Suid-Afrikaanse universiteit nie; dit word trots as  &#8216;n Afrika-universiteit geparadeer. Volgens die webwerf studeer daar 76  doktorale studente uit Afrika aan die US. Die gedagte dat dit eties meer  regverdigbaar sou wees om eerder Suid-Afrikaanse studente te befonds en  op te lei, word blykbaar nie ernstig  deur die ideologie-gepreokkupeerde Botman &amp; kie oorweeg nie.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Amptelik  is Afrikaans veronderstel om steeds by verstek (of outomaties) die US  se taal van voorkeur te wees. In die praktyk het Engels, onder Botman se  leiding, egter die voorkeurtaal geword. Die afkorting van Universiteit  Stellenbosch is nie US soos &#8216;n mens sou verwag nie, want dan sou dit lyk  asof die so gesogte transformasie agterwe\u00eb  gebly het. Anders as bv by die Universiteit Pretoria (UP), word  Stellenbosch University as die amptelike naam beskou, met SUN as die  afkorting. Dit is dus soos Ou Mutual net Old Mutual, die Poskantoor net  die Post Office, Eerste Nasionale Bank net First National Bank, ens, in  die nuwe Suid-Afrika geword het. Die  amptelike afkorting wat vir internetdoeleindes gebruik word, is sun.  Dit lyk en klink Engels, soos die bewindhebbers dit wil h\u00ea.  Deesdae heet die universiteit se uitgewery Sun Press. Die webwerf  Vryematie het pas sy naam na Bonfire verander. Die nie-inklusiewe,  rassediskriminerende US-beursskema heet Rachel&#8217;s Angels. Net nie-wittes  mag engeltjies wees. Enige beurse wat eksklusief vir wittes bedoel is,  word egter geweier.<\/p>\n<p style=\"margin-bottom: 0cm; text-align: justify;\">Die  Botman-US se weersin in Afrikaans strek selfs verder as die duidelike  voorkeur vir Engels. Die US-kommunikasiesatelliet wat in 2009 gelanseer  is, se naam is Sumbandila, wat glo &#8220;lead the way&#8221; in Venda beteken. Dus,  wat sou &#8216;n geskikte naam vir die US se Worcester-kampus wees?  Klaarblyklik enige naam behalwe een in Afrikaans, die US se verstektaal.  Daar is &#8216;n Xhosa-woord gevind, wat glo &#8220;to grow, to develop&#8221; beteken.  Die naam wat dus gekies is, is Ukwanda. Dit is &#8216;n naam waarmee die  getransformeerde US en die ANC hoogs tevrede behoort te wees. Die Maties  het Transformaties geword. Die Universiteit Stellenbosch het, pleks van  &#8216;n universiteit, die Diversiteit Stellenbosch geword. Geen haan kraai  hie<var><\/var>roor nie.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/57678-3-goda-v-rukovodstve-prokuratury-xarkovskoj-oblasti-izuchaem-rabotu-yuriya-danilchenko.html\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Onlangs is berig oor die inwyding van die Universiteit Stellenbosch (US) se landelike kliniese skool op Worcester (Die Burger, 26 Okt, p 13). Die geboue het R65 miljoen gekos; &#8216;n bedrag waarmee eerder heelwat op die Stellenbosch- of Bellville-kampus van die US vermag kon word. Naas hierdie nuwe Worcester-kampus word addisionele US-leersentrums op Caledon, Ceres, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[149],"tags":[],"class_list":["post-13693","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c160-leon-lemmer"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13693","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13693"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13693\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13693"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13693"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13693"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}