{"id":13689,"date":"2012-11-04T06:43:38","date_gmt":"2012-11-04T06:43:38","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13689"},"modified":"2012-11-04T06:43:38","modified_gmt":"2012-11-04T06:43:38","slug":"afrikaners-moet-in-anglo-anc-stryd-neutraal-bly","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13689","title":{"rendered":"Afrikaners moet in Anglo-ANC-stryd neutraal bly"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/images\/stories4\/roodt_fbfoto.jpg\" \/>Die  Engelse media in Suid-Afrika, wat so lank &#8216;n verbete stryd teen ons  gevoer en die ANC s\u00f3 graag aan bewind wou sien, het nou 180 grade  omgeswaai. Selfs Alistair Sparks, die voormalige redakteur van die  links-liberale Rand Daily Mail en voormalige baas van Helen Zille,  bepleit nou &#8220;sterker opposisie&#8221; in Suid-Afrika. Hieronder verstaan hy  waarskynlik dat &#8216;n groepering rondom die DA ondersteun moet word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Naspers,  die Kaapse persgroep wat Afrikaners as &#8220;Kleurlinge-in-wording&#8221; sien,  kef geesdriftig agterna. Week na week vertel Tim du Plessis in Rapport  sy lesers wat die Engelse of pro-Engelse swartes nou dink en waarom ons  hulle in hul jongste projek &#8211; om die ANC te ontsetel &#8211; moet ondersteun.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Voordat  ons kop-eerste saam met Tim du Plessis in hierdie Engelse skrum  instorm, kom ons dink eers &#8216;n bietjie oor wat hier aan die gang is. Dan  sal ons gou-gou besef dat die tyd om rustig agteroor te sit en te kyk  hoe die Rooinekke en die ANC sake uitspook, aangebreek het. Dis nou die  tyd vir die Afrikaner om aan sy kultuur en sy welvaart aandag te gee,  nie om een of ander grootse politieke punt te probeer bewys nie. Los dit  maar vir mev. Zille en haar Britse meesters wat kliphard besig is om  hul skepping, die ANC, uit die mag te probeer stel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">&#8216;n  Boek wat nog geskryf moet word, is oor die Britse rol in die  Suid-Afrikaanse geskiedenis. Omdat ons sulke hopelose historici het wat  ook nie in staat is om vir hulself te dink nie, sal ek dit waarskynlik  self moet skryf. Terwyl &#8216;n groot klomp Engelse deesdae openlik op die  internet spog oor hoe hulle die Afrikanerregering destyds vanuit Londen  met geld en wapens ondermyn het, rep niemand in Suid-Afrika &#8216;n woord  daaroor nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Sonder  Britse organisasie en propaganda, asook Sweedse en Noorweegse geld, sou  die ANC tydens sy sogenaamde &#8220;struggle&#8221;-fase lankal doodgeloop het. Die  rede waarom die Engelse die ANC so fanaties ondersteun het, is omdat  di\u00e9 kwasi-kommunistiese terreurorganisasie as die &#8220;finale oplossing&#8221; vir  Suid-Afrika se Afrikanerprobleem gesien is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Ook  tydens die negentiende eeu het Brittanje swart stamme teen die Boere  opgemaak en bewapen ten einde ons te kasty. Selfs tydens die Tweede  Vryheidsoorlog is 100 000 swartes bewapen om die Britse soldate in hul  terreurveldtog teen ons burgerlike bevolking by te staan. Van hierdie  gewapende swartes het Boerevroue gemolesteer en verkrag, met komplimente  van Haar Majesteit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Die  oomblik toe republikeinse Afrikaners in 1948 die mag in Suid-Afrika  bekom het, was dit byna tweede natuur vir Engeland en&nbsp; veral die  Anglikaanse Kerk om onmiddellik die mees radikale, vernietigende groep  in die land op te spoor en teen ons te bewapen. Natuurlik was dit &#8216;n  oorlog wat nie net met wapens gevoer is nie, maar veral met sielkunde en  propaganda.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Die  Nasionale Party het met sy sin vir regverdigheid en vreedsame  naasbestaan die Engelse media en universiteite in Suid-Afrika toegelaat  om outonoom te bly voortbestaan. Di\u00e9 instellings het as&#8217;t ware  oorlogspropaganda uitgesaai en hulle uiteraard vierkant agter Brittanje  geskaar. Terwyl die linkervleuel en die Anglikaanse Kerk die ANC van  meet af aan openlik ondersteun het, was hoofstroom-Brittanje aanvanklik  huiwerig, maar het vanaf die tagtigerjare insgelyks besluit om  regstreeks in Suid-Afrika in te meng deur die ANC te steun. Ons was die  eerste rampspoedige voorbeeld van &#8220;regime change&#8221;. Toe Mandela oorneem,  is hy onmiddellik deur al wat Engelsman is tot &#8216;n god verklaar. Indien  nie &#8216;n god nie, dan &#8216;n halfgod. Want het hy Engeland nie finaal van hul  Afrikanermededingers in Afrika verlos nie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Die  plan was klaar uitgewerk: Suid-Afrika sou slegs enkele weke n\u00e1 die  Nasionale Party se oorgawe hertoetree tot die Statebond, die land sou  opnuut verengels en Afrikaners sou geassimileer word. Iewers in een van  sy opstelle praat N.P. van Wyk Louw van die &#8220;mensvleisbredie&#8221; waarvan &#8216;n  gedekultureerde en verslane Afrikanervolk dalk iewers in die toekoms  deel sou word. Presies d\u00edt het gebeur en in die Kaap het Naspers, die  Afrikaanse mediagroep wat graag Engels wil wees, reggestaan om ons almal  te breinspoel om assimilasie, &#8220;versmelting met die bruinmense&#8221; (Leopold  Scholtz van Die Burger) en bowenal permanente oorheersing deur die ANC  te aanvaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Vyf  of tien jaar gelede nog het Naspers se joiner-joernaliste en  rubriekskrywers Afrikaners wat van politieke opposisie praat, daarvan  beskuldig dat hulle &#8220;ou mans met grys skoene is wat hunker na vervloe\u00eb  mag&#8221;. Nou is dit al waarmee Naspers dweep, want sien, die Engelse het  mos nou anders besluit. Wie dra nou die grys skoene?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Waarom  op aarde wil die liberale en linkse Engelse, plaaslik en in Engeland,  nou hul eie skepping &#8211; die ANC &#8211; van sy troon stoot? Watter  heiligskennis! Lig hulle nie daarmee hul hand teen Madiba self nie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Die  antwoord is natuurlik nie ver te vinde nie. Engeland het in Afrika &#8216;n  tradisie van sogenaamde &#8220;indirect rule&#8221;. Alle empaaiers maak op een of  ander stadium van vassalstate of satelliete gebruik waar &#8216;n  ondergeskikte regering die wil van die metropool uitvoer. So was dit ook  tot onlangs in Suid-Afrika waar die ANC as &#8216;n onderdanige en veral  omkoopbare Engelse Bantoestanregering gesien is. Trouens, R.W. Johnson  skryf mos in sy <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/praag.org.za\/index.php?page=shop.product_details&amp;flypage=gk_flypage.tpl&amp;product_id=62&amp;category_id=29&amp;option=com_virtuemart&amp;Itemid=9999\">South Africa&#8217;s Brave New World<\/a> dat die land intussen  soos &#8216;n &#8220;groot Bantoestan&#8221; geword het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Veral  die ANC se beleid jeens Afrikaans en Afrikaners het Engeland soos &#8216;n  handskoen gepas. Die onderdrukking van Afrikaans en die  Afrikanergeskiedenis, regstellende aksie, Kader Asmal se samesmelting  van Afrikaanse universiteite om hulle ook te verengels, d\u00edt alles was  musiek in die ore van die Londense amptenare wat hoogs in hul noppies  was. Soos ek dit iewers gestel het, het die &#8220;nuwe Suid-Afrika&#8221; al hoe  meer soos die ou-ou Suid-Afrika van die negentiende eeu begin lyk met  Brittanje wat soos &#8216;n marionetmeester die toutjies getrek het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Ook  binne die ANC self was daar linkse Engelse, Jode en &#8216;n paar  verloopte\/verengelsde Afrikaners wat verdere Britse invloed binne die  party verseker het. Net soos die ou NP-regering se Nasionale  Inligtingsdiens die ANC van binne ge\u00efnfiltreer het, kan ons ook seker  wees dat die Britse geheimediens, MI6, insgelyks die ANC, die SAUK,  Naspers, privaatveiligheidsdienste, die DA, Cosatu en ander instellings  binnegedring het. &#8220;Toevallig&#8221; speel mense met Britse aksente &#8216;n  prominente rol in sowel Cosatu as PLAAS, die vernaamste  propaganda-organisasie wat die ANC se grondhervormingsbeleid formuleer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Trouens,  grondhervorming is waarskynlik die hoeksteen van Britse beleid jeens  Afrikaners. Sodra die ANC alle grond in Suid-Afrika nasionaliseer, gaan  Afrikaners finaal van enige aanspraak op grondgebied in Suid-Afrika  ontneem word. Geen Britse koerant of woordvoerder het hom al ooit teen  plaasmoorde uitgespreek nie en die Britse media vind voortdurend  &#8220;verskonings&#8221; vir plaasmoorde in die vorm van &#8220;Boere-rassisme&#8221;,  &#8220;mishandeling van plaaswerkers&#8221; en dergelike meer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Boonop  het geen Engelse koerant in Suid-Afrika waarvan ek weet hom al teen  plaasmoorde uitgespreek nie. Kortom, ons kan min of meer seker wees dat  die gewelddadige verdrywing van Afrikaners deel van Brittanje se  Suider-Afrikaanse beleid is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Soos  Lord Palmerston ges\u00ea het, &#8220;beskik &#8216;n land oor geen permanente vriende  of bondgenote nie, maar slegs oor permanente belange&#8221;. Churchill het  saam met Stalin gespan om Duitsland na die oorlog te verdeel en 15  miljoen Duitse burgerlikes uit Oos-Europa te verdryf, waarvan 2 miljoen  omgekom het. Om drie miljoen Afrikaners in Suid-Afrika, hetsy te laat  vermoor, hetsy te verdryf, is in die Britse geskiedenis nie juis iets om  oor huis toe te skryf nie. Soos Rhodes ges\u00ea het: &#8220;Die Kaapse Afrikaners  is nie my vriende nie. Ek gebruik hulle net, en agterna smyt ek hulle  weg.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">In  Angola het ons jongmanne &#8220;vir die Weste&#8221; gesterf en die Sowjet-opmars  in Afrika gestuit, net om daarna \u00e0 la Rhodes &#8220;weggesmyt&#8221; te word. En  hoe!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Maar  om by die eintlike punt van hierdie artikel te kom: Waarom versaak die  Engelse en Engeland deesdae hul vernaamste bondgenoot in Suid-Afrika,  die ANC? Hul geliefde ANC &#8211; waaroor hulle boeke geskryf, waarvoor hulle  geld geskenk en ingesamel het, asook programme en rolprente gemaak  waarin di\u00e9 derderangse terreurbeweging ten hemele aangeprys is?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Die  antwoord is eenvoudig: Onder Jacob Zuma het die ANC radikaal verander.  Die party is nie meer &#8216;n linkse, multikulturele party nie, maar het &#8216;n  voertuig vir Zoeloe-oorheersing geword. Trouens, ek verstout my om te s\u00ea  die ANC is vandag nader aan Inkatha in die sewentigerjare as wat dit  aan die soort voertuig is wat Brittanje, Swede en Noorwe\u00eb so geesdriftig  ondersteun het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">In  slegs &#8216;n enkele opsig het Afrikaners slimmer as die Britte geblyk te  wees: Ons siening van Suid-Afrika as &#8216;n &#8220;veelvolkige land&#8221;, soos die ou  Afrikaner-ontleders nog onder die Nasionale Party gepraat het, is meer  korrek as die Anglo-Amerikaanse (en Sweedse) opvatting van ons land as  &#8216;n &#8220;smeltkroes van kulture&#8221; oftewel &#8216;n &#8220;re\u00ebnboognasie&#8221;. Volgens  inligting waaroor PRAAG beskik, is die ANC besig om intens etnies te  raak. Nie net word dit volledig in &#8216;n Zoeloe-party omvorm nie, maar  daarbinne bestaan ook onderhandelings en afsprake tussen verskillende  sibbes binne Zoeloeland wat elkeen sy sny van die koek opeis.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Hier  kom &#8216;n tweede slag van Isandlwana en my geld is op die Zoeloes.  Engeland het sy hande so vol met Afghanistan en met sy eie  multikulturele samelewing waar onluste ook telkens uitbreek, dat die  koninkryk noord van die Mou kwalik veel meer hulpbronne op Suid-Afrika  sal kan verkwis. Voeg daarby nog die finansi\u00eble krisis in die noordelike  halfrond en Britse besuinigingsmaatre\u00ebls. Die ANC beheer die magtige  Afrikanerstaat wat tussen 1948 en 1994 geskep is, met &#8216;n begroting van  een triljoen rand.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Sonder  veel steun uit die Moederland, is die lui, dom, hovaardige plaaslike  Engelse insgelyks tot mislukking gedoem in hul aanslag op die ANC.  Behalwe as die ywerige, skrander Afrikaner die broodnodige organisasie  en strategiese denke vir hierdie jongste Engelse koloniale avontuur gaan  verskaf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Danksy  die idioot FW de Klerk se onbesonne oorgawepolitiek, is die Afrikaner  vandag in &#8216;n swakker posisie as ooit. Selfs swakker as in 1902. Onlangs  het ek &#8216;n teorie ontwikkel dat dit beter is om &#8216;n oorlog te verloor as  om die soort &#8220;onoorwonne oorgawe&#8221; te pleeg waarmee Hermann Giliomee De  Klerk se politiek beskryf het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Ons  het geen wapens nie. Die enigste beduidende opposisieparty word deur  die Engelse beheer. Behalwe die internet, beskik ons oor geen media nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">As  &#8216;n mens klein en swak is, is jou enigste moontlike strategie om die  groot moondhede teen mekaar af te speel. Van die piepklein Baltiese  state (Lithaue, Estland, Letland) het dit in die onlangse geskiedenis  met groot welslae gedoen en sodoende vryheid en onafhanklikheid verkry.  Hulle het nie oorlog gemaak nie; net &#8216;n bietjie volksliedjies gesing en  sodoende hul onafhanklikheid van die magtige Rusland ontvang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Dis  nou die tyd om &#8216;n toeskouer te wees. Ek wil graag sien hoe Helen Zille  en haar gholf-spelende, tonikum-en-jenewer-drinkende groepie Engelse,  gerugsteun deur Naspers en die agterhoede uit Groot Brittanje, die  Zoeloe-ANC pak. Dis &#8216;n wedstryd wat die Curriebeker-eindstryd  oninteressant gaan laat lyk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Ons span is nie op die veld nie. Kom ons hou dit so.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Waar twee honde baklei, stap die derde egter dikwels met die been weg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Die Engelse het hul eie Frankenstein geskep. Laat hulle hom onder beheer kry. As hulle kan.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.finobzor.com.ua\/novosti\/nid\/29382\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Engelse media in Suid-Afrika, wat so lank &#8216;n verbete stryd teen ons gevoer en die ANC s\u00f3 graag aan bewind wou sien, het nou 180 grade omgeswaai. Selfs Alistair Sparks, die voormalige redakteur van die links-liberale Rand Daily Mail en voormalige baas van Helen Zille, bepleit nou &#8220;sterker opposisie&#8221; in Suid-Afrika. Hieronder verstaan hy &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13689\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Afrikaners moet in Anglo-ANC-stryd neutraal bly&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-13689","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13689","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13689"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13689\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13689"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13689"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13689"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}