{"id":13688,"date":"2012-11-02T06:55:20","date_gmt":"2012-11-02T06:55:20","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13688"},"modified":"2012-11-02T06:55:20","modified_gmt":"2012-11-02T06:55:20","slug":"wie-het-die-wereld-verloor","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13688","title":{"rendered":"&#8216;Wie het die w\u00eareld verloor?&#8217;"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Wie het Libi\u00eb verloor? Wel, tewens die hele Midde-Ooste? Met &#8220;Benghazi-gate&#8221; in die nuus enkele dae voordat die wenner van die Withuis beslis gaan word, bly die tergende vraag: Hoe het &#8216;n tragiese maar ge\u00efsoleerde voorval by &#8216;n Amerikaanse konsulaat, op &#8216;n plek waarvan min Amerikaners nog ooit gehoor het, &#8216;n sentrale kwessie geraak in &#8216;n Amerikaanse presidentsverkiesing?<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die kort antwoord: Die ou-ou gedagte dat Amerika oor &#8216;n onvervreembare reg beskik om die w\u00eareld te beheer, enige moontlike plek denkbaar. Hoe anders? Want &#8216;n mens kan nie verloor wat jy nooit gehad het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is soos tydens die Koue Oorlog toe Republikeinse staatmakers verontwaardig uitgeroep het: &#8220;Wie het China verloor?&#8221; Meer as ses dekades later, is dit nog steeds verbasend maklik om die politieke lug te vul met angs deur Amerikaners te laat glo hulle het verloor. &#8216;n Geveg, &#8216;n land of, erger nog, &#8216;n hele streek op een of ander manier.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wie is in beheer?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die voorval in Benghazi was vol verrassings, en daarby word nie bedoel die dood van die ambassadeur nie. Weke na die dood van J. Christopher Stevens (en drie ander Amerikaners, terloops) het die strydkreet om die veldtog om Barack Obama te ontsetel, opgeklink. Nog meer verbasend: toe die nuus van die tragedie gebreek het, het dit na &#8216;n doodgebore politieke kwessie gelyk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die dag na die aanval op die konsulaat, het Mitt Romney sy teenstander aangevat: &#8220;Amerikaanse leierskap is nodig om te verseker dat die gebeure in die streek nie buite beheer raak nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Republikeinse presidensi\u00eble kandidaat is weer aangeval om dat hy gewaag het om die voorval te &#8220;verpolitiseer&#8221;. Republikeinse staatmaker Ed Rogers het egter Obama ondersteun en ges\u00ea: &#8220;Romney het gestruikel,&#8221; terwyl &#8220;die president die regte dinge met die regte toon ges\u00ea het.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar was oplaas konsternasie in altwee die kampe, met die hulp van die media, natuurlik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Deels was dit die media se behoefte om te midde van &#8216;n beslote presidensi\u00eble wedstryd die publiek se belangstelling gaande te hou. Ten tye van die Libiese voorval is algemeen saamgestem dat Obama besig was om voor te loop in die wedloop, potensieel beslissend, en enigiets wat Romney se kanse kon verbeter, was ongetwyfeld welkom op &#8216;n redakteur wat papier moet verkoop, se lessenaar. Anders het die nuusvooruitsigte maar vaal gelyk.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Libi\u00eb was die nuusplatform om die vervelige en eensydige verkiesing &#8216;n bietjie op te kikker. Die publiek het &#8216;n eindelose aptyt vir aangrypende stories oor uitdagings vir Amerika se &#8220;beheer&#8221;, sy globale mag en sy reg om die w\u00eareld te bestuur.&nbsp;<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In sy eerste groot buitelandse beleidstoespraak, het Romney die pap besonder dik aangemaak en die Libiese aanval in elke wit middelklashuis ingedra: &#8220;Ons ambassades is aangeval. Ons vlag is verbrand &#8230; Ons nasie is aangeval.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die president se werk is om Amerikaners te beskerm deur die vyand te domineer, het die uitdager verkondig. Romney het die teerste teerpunt aangeroer, die gewilde verhaal van Amerikaanse buitelandse beleid, naamlik die ewige stryd teen &#8220;swakheid&#8221;: Wie is in beheer van die w\u00eareld?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na alles, wat is die punt van &#8216;n globale supermoondheid indien hy nie in beheer van die gebeure rondom die w\u00eareld is nie? Soos Romney dit bondig gestel het: &#8220;Dit is die verantwoordelikheid van ons President om Amerika se groot krag te gebruik om die geskiedenis te vorm.&#8221; En Obama het klaaglik misluk en &#8216;n Amerikaanse ambassadeur het betaal vir die versuim met sy lewe .<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teen die tyd dat die derde debat moes plaasvind, het Romney se strate\u00eb blykbaar geen voordeel meer gesien nie en baie risiko in die Libiese vraagstuk. Maar hulle het nog steeds enorme voordeel gesien om die bre\u00ebr kwessie van Amerikaanse oppermagtigheid aan die lewe te hou. Romney het deurgedruk met die groot &#8220;aantal ontstellende gebeure&#8221; wat die land moet trotseer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir dekades lank was al die regerings in die Midde-Ooste, die energiehartland van die planeet, Amerikaanse bondgenote, en eintlik kli\u00ebnte. Hul weermagte is onderhou, asook hul outokratiese regimes, en enige uitdrukkings van anti-Amerikaanse sentiment is dadelik onderdruk. Onder Obama, is hierdie belangrike gebied van die w\u00eareld buite beheer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Obama se oomblik van triomf was die dood van Osama bin Laden. Obama was, na alles, die man wat bin Laden laat betaal het vir sy sondes. Romney het in Libi\u00eb duidelik &#8216;n kans gesien om daardie oomblik waar Amerika se oppergesag en mag gese\u00ebvier het, terug te steel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die debat tussen die Republikeine en Demokrate was nooit oor die doelwitte in die Midde-Ooste, waar ondersteuning vir outokratiese vriende soos Saoedi-Arabi\u00eb en Bahrain aanvaarbaar is nie. Dit gaan uitsluitlik oor Amerikaanse belange. Wat goed is vir Amerika is goed vir die w\u00eareld.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Beide kante stem heeltemal saam oor die behoefte aan demokratiese verkiesings, godsdienstige pluralisme, &#8216;n vrye pers, die bemagtiging van vroue, die bevordering van vrye onderneming, en die vernietiging van Islamitiese terroriste.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Beide kante stem saam dat Washington se oorheersende buitelandse beleidsdoelwit moet wees om die geskiedenis te vorm, beheer oor die w\u00eareld uit te oefen, en dit moet Amerikaanse waardes weerspie\u00ebl en Amerikaanse belange dien.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Elke volk en elke nasie op die planeet is dus, teoreties, die VSA s&#8217;n om te verloor, ongeag of die Republikeine of Demokrate wen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir die meeste Amerikaners is hierdie houding nie blote hubris en vergiftig deur imperiale magslus nie. Dit is net goeie gesonde verstand. Die aanname is dat die VSA die w\u00eareld se &#8220;lokomotief&#8221; is en al die ander lande &#8220;die kondukteurswa&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die probleem hiermee is dat daar iewers op die planeet, selfs in die verste hoekie, &#8216;n kwessie sal opduik wat Amerika se nasionale veiligheid bedreig. Elke oomblik is daar die gevaar om iets te verloor. Die naam van die bedreiging kan verander met verrassende gemak. Maar die gevaar is altyd teenwoordig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos die New York Times-rubriekskrywer Maureen Dowd skryf: &#8220;Elke verkiesing het dieselfde verhaal: Kan die sterk pa die huis teen invallers beskerm?&#8221; Is &#8216;n kandidaat &#8216;n sterk genoeg &#8220;vader&#8221; om die w\u00eareld te beheer en sodoende die beskerming van die &#8220;huis&#8221; te verseker?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Elke uitdager speel op daardie angs, net soos die Republikeine destyds uitgeroep het: &#8220;Wie het China verloor?&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos Mitt se eis van &#8216;wie het Libi\u00eb verloor?&#8217; of liewer &#8216;wie het die Midde-Ooste verloor?&#8217; bevestig dit beide die gerusstellende belofte dat Amerikaners verdien om die w\u00eareld te beheer en die ontstellende angs dat hulle kan verloor wat in wese alles aan hulle behoort.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is hoekom &#8216;n klein gebeurtenis in Libi\u00eb &#8216;n sentrale veldtogkwessie geword het, want dit bevat die hele psigologiese pakket: Amerika se mag en heerskappy is nog ongeskonde.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Teen 2020 of selfs 2016 sal die politieke strydkreet dalk wees: &#8220;Wie het die w\u00eareld verloor?&#8221;<\/div>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/vlast\/28.08.2014\/naznachen_novyj_prokuror_harkovskoj_oblasti\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wie het Libi\u00eb verloor? Wel, tewens die hele Midde-Ooste? Met &#8220;Benghazi-gate&#8221; in die nuus enkele dae voordat die wenner van die Withuis beslis gaan word, bly die tergende vraag: Hoe het &#8216;n tragiese maar ge\u00efsoleerde voorval by &#8216;n Amerikaanse konsulaat, op &#8216;n plek waarvan min Amerikaners nog ooit gehoor het, &#8216;n sentrale kwessie geraak in &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13688\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;&#8216;Wie het die w\u00eareld verloor?&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-13688","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13688","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13688"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13688\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13688"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13688"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13688"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}