{"id":13687,"date":"2012-11-02T05:38:33","date_gmt":"2012-11-02T05:38:33","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13687"},"modified":"2012-11-02T05:38:33","modified_gmt":"2012-11-02T05:38:33","slug":"obama-se-harde-afrika-beleid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13687","title":{"rendered":"Obama se harde Afrika-beleid"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Vier jaar gelede het Afrika Barack Obama se verkiesing met lofprysinge begroet, en voorspel dat Amerika se eerste swart president die kontinent met aandag sou toegooi. Maar in plaas van handjies-hou, het Afrika kennis gemaak met &#8216;n harde, imperiale veiligheidsbeleid.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika se reaksie op Obama se verkiesing in November 2008 was niks kort van ekstase nie. &#8216;n Nigeriese minister van buitelandse sake het gehuil, Nelson Mandela het dit as &#8216;n bewys gesien dat mense moet waag om te droom, en Kenia het dit as &#8216;n nasionale vakansiedag verklaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Obama se besoek Ghana net vyf maande n\u00e1 sy inhuldiging, is met dieselfde ekstase verwelkom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ek het die bloed van Afrika in my,&#8221; het hy vol emosie aan die Ghanese parlement verklaar aan opgetrekte TV-kykers regoor die kontinent.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar Amerika se Groot Resessie het verdiep, die oorlo\u00eb in Irak en Afghanistan sukkel en die Arabiese Lente het intussen ontplof. Dus was sub-Sahara-Afrika weer op die agtergrond geskuif, behalwe vir die besoek van Michelle en kroos wat simboliese wortels kom uittrek het uit swart kleinboere se groentetuin.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Daar was &#8216;n verwagting dat hy die Amerikaanse president vir Afrika gaan wees,&#8221; s\u00ea die Suid-Afrikaanse diplomaat Thomas Wheeler, nou van die Suid-Afrikaanse Instituut van Internasionale Aangeleenthede. &#8220;Dit was net &#8216;n onrealistiese verwagting.&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Dit het eers tot Junie vanjaar geduur vir die Withuis om &#8216;n baie kort, negebladsy &#8220;VSA-strategie vir sub-Sahara-Afrika&#8221; op te stel. Dis gewis die advertensiemateriaal wat die harde veiligheidstrategie moet verkoop op &#8216;n vriendelike manier.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Obama is na my mening baie meer betrokke by Afrika, maar die aard van hoe die Verenigde State betrokke is, het verander. Dit is meestal sekuriteit,&#8221; s\u00ea Jason Warner, &#8216;n Harvard-kenner op die gebied van veiligheidsmagte in Afrika.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens Warner, het Obama gehelp om die Afrika-beleid te &#8220;normaliseer&#8221;. &#8220;Daar is geen ander streek in die w\u00eareld waar die VSA betrokke is eenvoudig vir humanit\u00eare redes nie.&#8221; Hoekom sal Afrika dan anders wees?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sedert Obama sy amp opgeneem het, het die administrasie &#8216;n netwerk van lugbasisse regoor Afrika uitgebrei. Klandestiene basisse in Burkina Faso, Mauritani\u00eb en Uganda opgerig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onbevestigde oorvlugte deur Amerikaanse onbemande tuie is gerapporteer met ho\u00eb frekwensie in Somali\u00eb. Tussen 58 en 170 mense is dood in die 10 tot 23 aanvalle op Somali\u00eb, alhoewel sommige plaasgevind het gedurende George W. Bush se administrasie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die aard van wat hy doen is beslis meer geheim. Maar elke paar maande is daar iets wat dit duidelik maak dat die VSA regtig diep ingebed is in Afrika,&#8221; s\u00ea Warner.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die spil vir hierdie nuwe beleid in Afrika is Africa Command, of Africom, wat funksioneer as &#8216;n senuwee-sentrum vir Amerikaanse milit\u00eare operasies en kontakte in die streek<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met 2000 werknemers is daar meer Afrika-personeel as in die buitelandse hulpagentskap van USAID.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is gebaseer in Stuttgart, Duitsland, eerder as in die streek, deels om beskuldigings van neo-koloniale ambisies te besweer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Amptenare is gretig om oor milit\u00eare opleidingsprogramme om te praat en nie so gewillig om koverte operasies te bespreek nie.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.finobzor.com.ua\/novosti\/nid\/29382\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vier jaar gelede het Afrika Barack Obama se verkiesing met lofprysinge begroet, en voorspel dat Amerika se eerste swart president die kontinent met aandag sou toegooi. Maar in plaas van handjies-hou, het Afrika kennis gemaak met &#8216;n harde, imperiale veiligheidsbeleid. Suid-Afrika se reaksie op Obama se verkiesing in November 2008 was niks kort van ekstase &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13687\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Obama se harde Afrika-beleid&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-13687","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13687","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13687"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13687\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13687"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13687"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13687"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}