{"id":13671,"date":"2012-11-01T05:51:18","date_gmt":"2012-11-01T05:51:18","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13671"},"modified":"2012-11-01T05:51:18","modified_gmt":"2012-11-01T05:51:18","slug":"moorde-op-polisie-wek-kommer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13671","title":{"rendered":"Moorde op polisie wek kommer"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die moord op sers. Reuben Dibakwane in Hebron, Pretoria, is deel van &#8216;n kommerwekkende tendens van polisielede wat vermoor word terwyl hulle aan diens is, het die Tshwane-metropolisie Woensdag ges\u00ea.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die moord op sers. Dibakwane kom op &#8216;n tyd wat die land &#8216;n toename ervaar in die aantal polisiebeamptes wat deur misdadigers vermoor word,&#8221; het Steven Ngobeni, hoof van die Tshwane-metropolisie, in &#8216;n verklaring ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het die polisielede geprys wat twee van die vier mans in hegtenis geneem het wat glo vir die moord verantwoordelik is, en het beloof om aksie te neem teen die twee verdagtes wat steeds op vrye voet is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ngobeni het ges\u00ea Dibakwane word oorleef deur &#8216;n vrou en drie kinders.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Mag hulle sterk wees en weet dat hulle man en pa &#8216;n dapper en onselfsugtige soldaat was wat met sy stewels aan gesterf het,&#8221; het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Console Tleane, &#8216;n polisiewoordvoerder, het Woensdag ges\u00ea drie beamptes is aangeval terwyl hulle die gebied naby Ga-Rankuwa gepatrolleer het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hulle het opgemerk dat &#8216;n voertuig se ligte nie gewerk het nie, en dit laat stilhou en &#8216;n boete aan die bestuurder uitgeskryf.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Kort na die boete uitgereik is, is die beamptes deur vier mans oorval&#8230;&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een van hulle het op die polisiebeamptes losgebrand, waarna &#8216;n beampte in die kop gewond is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Sy twee kollegas het teruggeskiet en een van die mans getref, maar hulle het weggehardloop toe die beamptes na hul kollega teruggekeer en hom na die Legae-kliniek in Mabopane geneem het,&#8221; het Tleane ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een van die aanvallers is later in Hebron aangekeer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tleane het ges\u00ea gemeenskapslede het &#8216;n tweede aanvaller vasgetrek en hom aan die polisie oorhandig.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/ipress.ua\/ru\/news\/prokurora_harkova_uvoleno_111840.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die moord op sers. Reuben Dibakwane in Hebron, Pretoria, is deel van &#8216;n kommerwekkende tendens van polisielede wat vermoor word terwyl hulle aan diens is, het die Tshwane-metropolisie Woensdag ges\u00ea. &#8220;Die moord op sers. Dibakwane kom op &#8216;n tyd wat die land &#8216;n toename ervaar in die aantal polisiebeamptes wat deur misdadigers vermoor word,&#8221; het &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13671\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Moorde op polisie wek kommer&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-13671","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13671","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13671"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13671\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13671"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13671"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13671"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}