{"id":13663,"date":"2012-10-31T04:42:39","date_gmt":"2012-10-31T04:42:39","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13663"},"modified":"2012-10-31T04:42:39","modified_gmt":"2012-10-31T04:42:39","slug":"sensus-wys-rykdom-ongelykhede","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13663","title":{"rendered":"Sensus wys rykdom, ongelykhede"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die skokkendste syfers in die Sensus 2011-dokument is die data oor die inkomstegapings tussen rasse- en geslagsgroepe, het Trevor Manuel, beplanningsminister in die presidensie, Dinsdag ges\u00ea.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel inkomstegapings groot is, het dit hom nie verbaas nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit bevestig ons ergste vrese en ek dink dit skep &#8216;n enorme uitdaging&#8230;,&#8221; het Manuel aan verslaggewers in Kaapstad ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die sensus het gewys dat die gaping in inkomste tussen wit en swart huishoudings steeds baie hoog is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Swart huishoudings het in 2011 &#8216;n gemiddelde inkomste van R60 613 gehad.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In vergelyking hiermee het wit huishoudings gemiddeld ses keer meer verdien, met &#8216;n verdienste van R365 134 per jaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Huishoudings waar die vrou die hoofbroodwinner is, het ook swak gevaar. Di\u00e9 huishoudings het &#8216;n gemiddelde inkomste van R67 330 gehad, vergeleke met die R128 329 vir huishoudings met mans as die hoofbroodwinner.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Manuel het ges\u00ea dis belangrik dat die staat, sake-ondernemings en burgerlike organisasies di\u00e9 data in hulle beplanning gebruik.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Minder as &#8216;n derde van Suid-Afrikaners het matriek voltooi, het die 2011 Sensus getoon.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Geraamde 28,4% van die bevolking het Graad 12 voltooi, vergeleke met &#8216;n totaal van 20,4% in 2001.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die persentasie mense wat die een of ander vorm van sekond\u00eare onderrig voltooi het, het van 30,2% in 2001 tot 33,8% in 2011 gestyg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Geraamde 8,6% van die bevolking het geen skoolopleiding hoegenaamd nie. Di\u00e9 syfer is heelwat laer as in 2001, toe dit op 17,9% gestaan het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Daar is in Limpopo &#8216;n relatief ho\u00eb persentasie mense van 20 jaar en ouer met geen skoolopleiding nie (17,3%), gevolg deur Mpumalanga (14%),&#8221; lui die navorsing.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Altesaam 51,8 miljoen mense het verlede jaar in Oktober in Suid-Afrika gewoon, het die 2011 Sensus aangedui.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is sowat 7 miljoen meer mense as wat in die vorige sensus, in 2001, getel is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die dokument wys daar was op 9 Oktober verlede jaar \u2013 die dag van die sensus \u2013 om middernag 51 770 560 mense in die land, in vergelyking met 44 819 778 wat tien jaar gelede getel is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens die sensus is daar ook meer vroue as mans. Sowat 25,2 miljoen van die bevolking is manlik en 26,6 miljoen is vroulik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die uitslae toon ook dat Gauteng \u2013 die kleinste provinsie in die land \u2013 die mees bevolkte provinsie, met 12,3 miljoen mense, is. Die grootste konsentrasie Afrikaners woon in Gauteng, die rykste provinsie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In teenstelling het Suid-Afrika se grootste provinsie \u2013 die Noord-Kaap \u2013 die kleinste bevolking, met 1,1 miljoen mense. Wat ras aanbetref het byna agt uit tien mense hulself as swart beskryf. Volgens die sensus is daar ook meer vroue as mans. Sowat 25,2 miljoen van die bevolking is manlik en 26,6 miljoen is vroulik.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/society\/64045-danilchenko-yu-b-i-prokuratura-zhdut-maksimalnogo-nakazaniya-dlya-organizatora-russkoj-vesny.html\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die skokkendste syfers in die Sensus 2011-dokument is die data oor die inkomstegapings tussen rasse- en geslagsgroepe, het Trevor Manuel, beplanningsminister in die presidensie, Dinsdag ges\u00ea. Hoewel inkomstegapings groot is, het dit hom nie verbaas nie. &#8220;Dit bevestig ons ergste vrese en ek dink dit skep &#8216;n enorme uitdaging&#8230;,&#8221; het Manuel aan verslaggewers in Kaapstad &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13663\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Sensus wys rykdom, ongelykhede&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-13663","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13663","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13663"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13663\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13663"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13663"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13663"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}