{"id":13648,"date":"2012-10-28T16:17:25","date_gmt":"2012-10-28T16:17:25","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13648"},"modified":"2012-10-28T16:17:25","modified_gmt":"2012-10-28T16:17:25","slug":"die-neus-verval-in-cliches-swak-smaak","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13648","title":{"rendered":"\u2018Die neus\u2019 verval in clich\u00e9s, swak smaak"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/praag.org.za\/index.php?page=shop.product_details&amp;category_id=7&amp;flypage=gk_flypage.tpl&amp;product_id=59&amp;option=com_virtuemart&amp;Itemid=3&amp;vmcchk=1&amp;Itemid=3\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/10\/dieneus_9780798158251.jpg\" \/>Die neus<\/a> <em>deur Deborah Steinmair. Uitgewer: Human &amp; Rousseau. Prys: R180<br \/>Gratis as eboek uitneembaar deur alle PRAAG-lede <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/praag.org.za\/index.php?page=shop.product_details&amp;category_id=7&amp;flypage=gk_flypage.tpl&amp;product_id=59&amp;option=com_virtuemart&amp;Itemid=3&amp;vmcchk=1&amp;Itemid=3\">hier<\/a>.<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek was aanvanklik heel opgewonde om Deborah Steinmair se jongste roman, <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/praag.org.za\/index.php?page=shop.product_details&amp;category_id=7&amp;flypage=gk_flypage.tpl&amp;product_id=59&amp;option=com_virtuemart&amp;Itemid=3&amp;vmcchk=1&amp;Itemid=3\">Die neus<\/a>,  te begin lees. Die boek bevat \u2018n aantal boheemse, selfs eksentrieke  karakters wat die leser met hul aweregse gewoontes en uitsprake amuseer.<\/p>\n<p dir=\"ltr\" style=\"text-align: justify; margin-top: 0pt; margin-bottom: 0pt;\">Op  een stadium in die teks is drie van hulle, vergesel deur \u2018n  Labrador-gidshond en \u2018n pou in \u2018n outydse Volskwagen-kewer op pad  Pretoria. Soos dit gestel word: \u201cOp  die ou end lyk hul deputasie na \u2019n rondreisende sirkus. Dit bestaan  uit: Jesse, Aga, Rob die gidshond, Flaubert die pou en \u2026 Xun Wu.\u201d  Laasgenoemde is \u2018n Chinese dwerg wat \u2018n toenemend bose rol in die  verhaal speel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/praag.org.za\/index.php?page=shop.product_details&amp;category_id=7&amp;flypage=gk_flypage.tpl&amp;product_id=59&amp;option=com_virtuemart&amp;Itemid=3&amp;vmcchk=1&amp;Itemid=3\">Die  neus<\/a> gee voor om \u2018n soort postmoderne speurverhaal te wees waarin die  hoofkarakter, Aga Gruber, haar eie herkoms probeer naspeur. Van haar  familielede het op \u2018n geheimsinnige manier gesterf. Sy word ook  aanvanklik dopgehou deur \u2018n buurman en die Chinese dwerg wat al hoe meer  in haar lewe inmeng. Aga dra \u2018n fedora en het \u2018n besonder prominente  reukorgaan, vandaar die boek se titel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Duitse skrywer Patrick Suskind het natuurlik al \u2018n liter\u00eare  blitsverkoper genaamd Das Parfum in 1985 laat verskyn, dus is \u2018n  besinning oor reuk en neuse kwalik oorspronklik. Hier en daar filosofeer  die verteller ook oor hoe reuk eintlik die bedekte oorsprong van \u2018n  sesde sintuig en voorgevoelens kan wees, iets waaroor Aga of Agathe  (haar volle naam) Gruber in oormaat beskik. Sy weet dikwels presies waar  om te kyk of waar om te grawe om foto\u2019s, briewe of ander legkaartstukke  te vind waarmee die duistere verlede van haar pa, \u2018n geniale  olfaktoriese wetenskaplike, ontrafel mag word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos  ges\u00ea, is ek aanvanklik deur die gegewe geboei. Ook kan Deborah  Steinmair \u2018n goeie Afrikaans skryf, wanneer sy nie haar karakters, soos  veral die agterplaaswerktuigkundige Claude, \u2018n oordrewe Engfrikaans laat  praat nie. Ongelukkig is \u2018n kennis van Afrikaans nie genoeg om as  skrywer te kwalifiseer nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Want  in die tweede helfte van die boek word die aanvanklike geheimsinnighede  en belofte eenvoudig nie vervul nie. Die intellektuele uitdaging van  haar gegewe blyk vir Steinmair op die duur te groot te wees. Al het sy  hoeveel oor die rol van reuk by massasielkunde opgelees (agter in die  boek verskyn \u2018n lang lys internetskakels as \u2018n soort bibliografie), kry  sy dit nie reg om iets meer as \u2018n ietwat eksentrieke verhaaltjie uit  haar stof te tower nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Nazi\u2019s is na hoeveel Hollywood-films, asook rekenaarspeletjies, \u2018n  onderwerp wat enige skrywer net met omsigtigheid kan benader omdat die  gevaar dat \u2018n mens in volslae clich\u00e9s mag verval, so enorm is. Almal van  ons het al die flieks gesien en miljoene tieners het oor die afgelope  aantal jare een van die gewildste rekenaarspeletjies, <em>Call of Duty World  at War<\/em>, asook die latere weergawe, <em>Call of Duty Black Ops<\/em>, gespeel  waarin sogenaamde Nazi-zombies as vyande (en teikens) figureer. Een van  die amateuragtige aanlynromans wat tans in Afrikaans te lees is &#8211; die  skrywer erken rondborstig dat hy nie Afrikaans kan spel nie &#8211; <em>Doodstraal<\/em>, maak ook van \u2018n Nazi-gegewe gebruik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pleks van \u2018n \u201cdoodstraal\u201d is reuk of die wetenskaplike manipulasie daarvan, die \u201cgeheime wapen\u201d waaroor moorde in <em>Die neus<\/em> gepleeg word. Ook blyk Aga Gruber se moeder een van die berugte  <em>Lebensborn<\/em>-baba\u2019s uit die tweede w\u00eareldoorlog te wees en haar pa, hoewel  \u2018n Nazi-hater en Sionis, was op die spoor van olfaktoriese metodes om  massas mense te beheer of te manipuleer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Deesdae  en waarskynlik vanwe\u00eb die Naspers-monopolie wat alle fasette van die  Afrikaanse kultuur dooddruk, is daar lyk my nie meer goeie uitgewers of  redakteurs by Human &amp; Rousseau en ander NB-filiale in die Kaap oor  nie. Eintlik is dit hartseer dat Steinmair se teks nie bietjie van sy  gemeenplasighede en politieke korrektheid wat plek-plek deurslaan,  gesuiwer is nie. Want die potensiaal was daar om \u2018n ironiese, slim  vermenging van liter\u00eare en speurverhaalkodes te pleeg. Dit kon so effens  op die model van Umberto Eco of een van my gunsteling- Franse skrywers,  Jean Echenoz, geskied het. In <em>Les grandes blondes<\/em> (Die lang blondines)  bied Echenoz \u2018n verhaal oor \u2018n beeldskone model en sosiopaat wat mans na  hartelus vermoor, met hope ironiese implikasies vir die eietydse  verbruikersmaatskappy, asook ons obsessie met beeldskone, lang  blondines. (Lees gerus ook die novelle deur Echenoz wat PRAAG as <em>Een  jaar<\/em> uitgegee het.)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pleks  van ons op die duur te verveel en te irriteer, kon Steinmair ons dalk  geamuseer en geprikkel het. Maar as die twee vriendinne, Aga en Jesse,  uiteindelik blyk een of ander lesbiese aantrekkingskrag (nogal  \u201cmagneties\u201d) tussen mekaar begin voel, hoor ek al een of ander preek  oor geslagslykheid en seksuele voorkeur. Net soos wat die  Vodacom-advertensies ons \u2018n tyd gelede oortuig het dat swartmense  selfone baie beter as blankes verstaan, tower Steinmair ook \u2018n aangenome  jong swartman op, nogal met die Afrikaanse naam Theunis, hoewel hy ook  blykbaar \u2018n Thabo is, met \u2018n hartstog vir Morse-kode en tegnologie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">By  hierdie punt rafel die roman vir my heeltemal uit en word dit net nog  \u2018n sinnelose prul uit Kaapstad wat iewers in die hovaardige  redaksiekantore van die Afrikanervyand in Heerengracht bewimpel is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Elke  oordeel oor \u2018n boek is seker subjektief, maar uiteindelik onderskei  alle groot skrywers hulle deur hul goeie smaak, of \u2018n soort varsheid en  oorspronklikheid wat uiteindelik die koring van die kaf skei. Die  elemente van swak smaak wat in Die neus  opstapel, raak op die duur net te veel. As Steinmair boonop Proust in  Engels aanhaal &#8211; nogal die beroemde passasie oor die madeleine-koekie  wat ek al iewers aanlyn in Afrikaans vertaal het, nogal op Litnet as ek  reg onthou &#8211; dan gooi \u2018n mens jou hande in die lug.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Is  daar enigiets meer kitsch vir \u2018n Afrikaanse skrywer as om Proust in  Engels aan te haal? Toegegee, C.K. Scott Moncrieff en Terence Kilmartin  het \u2018n heel leesbare vertaling van Proust in Engels gemaak wat in \u2018n  aantreklike hardebanduitgawe in drie dele by Chatto &amp; Windus verskyn  het en waarvan ek insgelyks \u2018n eksemplaar besit. Maar daar is sekere  ongeskrewe re\u00ebls vir \u2018n Afrikaanse skrywer en ek sou s\u00ea een daarvan is  om nie Proust in die Rooitaal voor jou leser te smyt nie. Dis sooo&#8230;  filistyns, so nouveau riche, so Naspers! Dis kort duskant die Sondag se  bladsy drie. Dan kan jy maar net sowel vir Julius Malema of Kenny Kunene  nooi om saam soesji van skamel geklede dames se lywe af te kom eet. Dit  raak blote vertoon, smuk, \u2018n bietjie kopieer-en-plak om \u201cliter\u00eare  gewig\u201d aan jou middelmatige Nazi-storie te verleen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Weereens, dit kon so anders gewees het. Want ek vermoed die probleem l\u00ea nie soseer by Steinmair nie, maar by die <em>Umwelt <\/em>waarvan  daar ook in die boek sprake is. Ons omgewing en veral die media- en  uitgewersmonopolie, is nie meer bevorderlik vir goeie of interessante  letterkunde nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vernuftige, slim, ironiese, speelse postmoderne speurroman wat kodes vermeng bly daarom uit by <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/praag.org.za\/index.php?page=shop.product_details&amp;category_id=7&amp;flypage=gk_flypage.tpl&amp;product_id=59&amp;option=com_virtuemart&amp;Itemid=3&amp;vmcchk=1&amp;Itemid=3\">Die neus<\/a>. Pleks daarvan neem die kitsch en \u201ckamp\u201d situasies of karakters oor en daaragter skuil, wel, bloedweinig met substansie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">N\u00f3g die leser wat op soek is na \u2018n behoorlike speurverhaal of roman noir, n\u00f3g die liter\u00eare leser gaan deur <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/praag.org.za\/index.php?page=shop.product_details&amp;category_id=7&amp;flypage=gk_flypage.tpl&amp;product_id=59&amp;option=com_virtuemart&amp;Itemid=3\">Die neus<\/a> bevredig word. Dis egter nie te lank nie, en hier en daar skryf  Steinmair \u2018n paar mooi sinne. Dus kan dit \u2018n verveelde aandjie of middag  vul.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar iewers moet daar beter boeke in Afrikaans versteek wees. Waar is hulle? wonder \u2018n mens.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Neem hierdie boek gratis uit by PRAAG se ebiblioteek. Indien u nog nie lid is nie, sluit hier by <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/digitaal.org.za\">Klub digiTAAL<\/a> of by <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/praag.co.cc\/af\">PRAAG<\/a> aan.<\/h4>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/63827-uspehi-harkovskoy-oblastnoy-prokuratury-i-zakonodatelnye-iniciativy-danilchenko.html\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die neus deur Deborah Steinmair. Uitgewer: Human &amp; Rousseau. Prys: R180Gratis as eboek uitneembaar deur alle PRAAG-lede hier. Ek was aanvanklik heel opgewonde om Deborah Steinmair se jongste roman, Die neus, te begin lees. Die boek bevat \u2018n aantal boheemse, selfs eksentrieke karakters wat die leser met hul aweregse gewoontes en uitsprake amuseer. Op een &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13648\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;\u2018Die neus\u2019 verval in clich\u00e9s, swak smaak&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":13647,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[96],"tags":[],"class_list":["post-13648","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c87-boeke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13648","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13648"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13648\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/13647"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13648"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13648"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13648"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}