{"id":13646,"date":"2012-10-26T07:09:30","date_gmt":"2012-10-26T07:09:30","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13646"},"modified":"2012-10-26T07:09:30","modified_gmt":"2012-10-26T07:09:30","slug":"vn-vra-boikot-teen-amerikaanse-eu-maatskappye-wat-sake-doen-met-israel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13646","title":{"rendered":"VN vra boikot teen Amerikaanse, EU-maatskappye wat sake doen met Israel"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Verslag wat binnekort vrygestel sal word deur die Verenigde Nasies doen &#8216;n beroep vir &#8216;n internasionale veldtog teen Amerikaanse maatskappye wat sake doen in Israel, met inbegrip van Hewlett-Packard, Caterpillar Inc, en Motorola.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Menseregtekommissie (MRK) het die verslag uitgereik. President Barack Obama het aangesluit by die VN-groep nadat hy tot leier verkies is. Lede van die MRK sluit menseregteoortreders soos Saoedi-Arabi\u00eb, Katar, Jordani\u00eb, Libi\u00eb, China, en Kuba in.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Spesiale Rapporteur oor die situasie van menseregte in die Palestynse gebiede, doen verslag aan die MRK. Die huidige rapporteur is die Amerikaanse professor Richard Falk. Falk is ook &#8216;n 9\/11-skeptikus.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die verslag wil &#8216;n veldtog van boikotte, sanksies, en regstappe teen &#8216;n aantal internasionale maatskappye loods wat sake doen in Israel. Bykomend tot die Amerikaanse maatskappye, word groot Europese maatskappye soos Veolia Environment, Group 4 Security, die Dexia Groep, asook die Volvo-groep ingesluit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die koste aan maatskappye en besighede wat nie internasionale humanit\u00eare reg respekteer nie is aansienlik,&#8221; het die verslag gewaarsku, &#8220;insluitend skade aan &#8216;n maatskappy se openbare beeld, impak op aandeelhouerbesluite en die aandeelprys en kan lei daartoe dat werknemers strafregtelik vir menseregteskendings aanspreeklik gehou kan word.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die verslag waarsku Amerikaanse werknemers van geteikende maatskappye dat hulle wetlike risiko&#8217;s in die gesig staar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Werknemers van maatskappye kan ondersoek en vervolging vir menseregtevergrype ongeag van waar die oortreding gepleeg is in die gesig staar.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Obama-administrasie het in 2009 by die MRK by monde van VN-ambassadeur Susan Rice belowe, &#8220;Ons werk van binne, sodat ons die raad as &#8216;n meer effektiewe forum kan uitbou om menseregte te bevorder en te beskerm.&#8221;<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kh.depo.ua\/rus\/kh\/visnazheniy-ta-pobitiy-u-harkovi-rozsliduyut-strashnu-zagibel-tririchnogo-hlopchika-20170927647641\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Verslag wat binnekort vrygestel sal word deur die Verenigde Nasies doen &#8216;n beroep vir &#8216;n internasionale veldtog teen Amerikaanse maatskappye wat sake doen in Israel, met inbegrip van Hewlett-Packard, Caterpillar Inc, en Motorola. Die Menseregtekommissie (MRK) het die verslag uitgereik. President Barack Obama het aangesluit by die VN-groep nadat hy tot leier verkies is. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13646\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;VN vra boikot teen Amerikaanse, EU-maatskappye wat sake doen met Israel&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-13646","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13646","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13646"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13646\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13646"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13646"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13646"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}