{"id":13623,"date":"2012-10-23T06:40:34","date_gmt":"2012-10-23T06:40:34","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13623"},"modified":"2012-10-23T06:40:34","modified_gmt":"2012-10-23T06:40:34","slug":"welkom-in-die-nuwe-hoofstad-van-die-eu","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13623","title":{"rendered":"Welkom in die nuwe hoofstad van die EU"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Berlyn is die aangewese stad om Europa se hoofstad te wees. Die nuwe regeringsgeboue, die kanselier se kantoor, die Bundestag en die ministerie van buitelandse sake is meesterstukke van glas en natuurlike lig, deursigtigheid en gemodereerde inspraak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Ministerie van Finansies is weliswaar in die ou hoofkwartier van die Luftwaffe. Die wonderlikste argitektuur &#8211; Unter den Linden en die Brandenburg hek &#8211; is &#8216;n nalatenskap, die enigste, van Pruisiese konings. Daar het iets oorgebly van Germaanse soberheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Berlyn is reeds die de facto hoofstad van die Europese Unie. Natuurlik word die EU-instellings &#8211; die Kommissie en die Raad &#8211; in Brussel gehuisves. Maar die belangrike besluite word toenemend in Berlyn gemaak.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Vir 30 jaar, het die Weste se elites daarop aangedring dat slegs gedereguleerde markte, privatisering en &#8216;n lae belastingkoers op rykes, groei en welvaart kan lewer. Duitsland het hierdie aanname verkeerd bewys.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lank voor bankkrisis van 2008, was die vrye mark-model onder kwaai druk, met banke en multinasionale korporasies se hebsug wat &#8216;n anti-korporatiewe globaliseringsveldtog van stapel gestuur het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In teenstelling met Britse New Labour-politici wat verklaar het dat ekonomiese &#8216;<em>boom and bust<\/em>&#8216; siklusse &#8216;n ding van die verlede is, was die idee dat die kapitalistiese handelsiklus afgeskaf kan word, egter eenvoudig absurd. Deregulering en die roekelose bevordering van skuld-aangevuurde spekulasie, het in werklikheid heelhuids tot die krisis gelei.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die groot meerderheid ekonome wat voorspel het dat die neoliberale model onhoudbaar is, is byvoorbeeld deur al Brittanje se belangrikste politieke partye ge\u00efgnoreer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kritici het gewaarsku dat die privatisering van openbare dienste meer sou kos, en as brandstof vir korrupsie sal dien. Dit is presies wat gebeur het. En in die Europese Unie, waar markortodoksie en re\u00eblgebondenheid in die verdrag ingebed is, was die resultaat noodlottig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die kombinasie van banke wat nie enige re\u00ebls gehoorsaam nie met &#8216;n ouderwetse en deflasion\u00eare monet\u00eare unie, het kritici &#8211; beide links en regs in hierdie geval &#8211; gewaarsku, sal nie hou nie. Griekeland was die sneller.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die saak teen die neoliberale kapitalisme het die afkeer teen &#8216;n gediskrediteerde elite en sy mislukte sosiale en ekonomiese projek geleidelik verdiep na 2008. Die rede: Die las van die krisis is op die meerderheid afgelaai, en protes, stakings en verkiesingseise is tans aan die orde van die dag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die historikus Eric Hobsbawm het die ineenstorting van 2008 beskryf as &#8216;n soort van &#8220;neoliberale ineenstorting, gelykstaande aan die val van die Berlynse muur&#8221;. Daar is algemeen geglo dat geen sistemiese alternatief bestaan vir neoliberalisme na 1989 nie. Maar geen model is ooit perfek nie, nie die Keynesiaanse welsynstaat of Thatcher se neoliberalisme nie. Elke werkbare oplossing word geskep deur heelwat improvisasie in spesifieke historiese omstandighede.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sal Griekeland die euro verlaat? Uiteindelik sal dit van Duitsland afhang. Sal politici verdere uitkerings vir die suide van Europa ondersteun? Die belangrike debat sal plaasvind in die Bundestag in Berlyn, en nie in die Europese parlement nie. Wat van die Internasionale Monet\u00eare Fonds se menings oor die eurokrisis? Die belangrikste gesprekke vind tussen met die Duitse regering en die Europese Sentrale Bank in Frankfurt plaas. Die Europese Kommissie se burokrate sit handjies gevou en toekyk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie verskuiwing van mag van Brussel na Berlyn is versnel deur die eurokrisis. Om verskeie redes, is die leiers van al die ander groot EU-lande in Brussel in &#8216;n swak posisie. Spanje en Itali\u00eb sukkel met hul skuldkrisisse. Die Britte het uitgeteken van die eenheid en die nuwe strukture van die eurosone het hulle heeltemal gemarginaliseer. Die Pole, wat op aanbeveling van die Angelsaksers, nie deel is van die eurosone nie, se ekonomie is heeltemal te klein om &#8216;n verskil te maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit laat Frankryk. Weens tradisie, is &#8216;n Frans-Duitse-vennootskap die hart van &#8216;n EU-ooreenkoms. Vir baie jare, is berade voorafgegaan deur &#8216;n aparte Franko-Germaanse vergadering en &#8216;n gesamentlike verklaring van die twee volke.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar was egter geen Franko-Germaanse ontmoeting voor die mees onlangse EU-beraad nie. In plaas daarvan, het president Fran\u00e7ois Hollande tydens &#8216;n onderhoud met die Europese pers probeer om druk op mev Merkel te plaas met die skepping van &#8216;n bank-unie. Maar dit het algaande duidelik geword dat die Duitsers nie aangejaag sal word nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">In daardie geval, kan die relatiewe ekonomiese krag van Duitsland deurslaggewend raak. Veral as, soos baie in Berlyn glo, Frankryk goed onderweg is na &#8216;n diep ekonomiese krisis.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die prys van Duitse finansi\u00eble bystand is die aanvaarding van die re\u00ebls en wette wat in Berlyn geld. Daarom sal die Duitsers daarop aandring dat hulle heeltemal verbind is tot die euro en die EU, en hulle is kennelik vasbeslote om dit te laat werk.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/dozor.kharkov.ua\/news\/crime\/1158396.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Berlyn is die aangewese stad om Europa se hoofstad te wees. Die nuwe regeringsgeboue, die kanselier se kantoor, die Bundestag en die ministerie van buitelandse sake is meesterstukke van glas en natuurlike lig, deursigtigheid en gemodereerde inspraak. Die Ministerie van Finansies is weliswaar in die ou hoofkwartier van die Luftwaffe. Die wonderlikste argitektuur &#8211; Unter &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13623\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Welkom in die nuwe hoofstad van die EU&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-13623","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13623","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13623"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13623\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13623"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13623"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13623"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}