{"id":13621,"date":"2012-10-23T05:13:10","date_gmt":"2012-10-23T05:13:10","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13621"},"modified":"2012-10-23T05:13:10","modified_gmt":"2012-10-23T05:13:10","slug":"zuma-stel-nuwe-grondhervormingsplan-bekend","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13621","title":{"rendered":"Zuma stel nuwe grondhervormingsplan bekend"},"content":{"rendered":"<p>President Jacob Zuma het Maandag &#8216;n nuwe grondhervormingsplan in Pretoria bekend gestel.<\/p>\n<p>&#8220;Dit is &#8216;n innoverende voorstel wat getoets moet word,&#8221; het hy tydens die eerste jaarvergadering van die African Farmers&#8217; Association of SA (Afasa) ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die plan stel voor dat elke distrik verantwoordelikheid neem vir grondhervorming en die finansiering daarvan.<\/p>\n<p>&#8220;Elke distrik moet &#8216;n grondhervormingskomitee vestig waar alle rolspelers betrokke is. Die komitee is dan verantwoordelik daarvoor om 20% van die kommersi\u00eble landbougrond in die distrik te identifisieer en kommersi\u00eble boere die opsie gee om te help om di\u00e9 grond oor te dra na swart boere.&#8221;<\/p>\n<p>Die grondhervormingvoorstel sluit vyf stappe in.<\/p>\n<p>Eerstens, grond wat reeds te koop is, moet ge\u00efdentifiseer is \u2013 grond waar die boer onder groot finansi\u00eble druk is, grond waar die eienaar gesterf het, en plase waar die eienaar nie self boer nie, en wil verkoop.<\/p>\n<p>&#8220;S\u00f3 kan grond gevind word sonder om die mark te verwring.&#8221;<\/p>\n<p>Tweedens, die staat sal di\u00e9 grond teen 50% van sy markwaarde koop.<\/p>\n<p>Die res van die 50% sal opgemaak word deur kontant of ander bydrae van die kommersi\u00eble boere in die distrik wat vrywillig deelneem aan die proses.<\/p>\n<p>In ruil hiervoor sal hierdie kommersi\u00eble boere gewaarborg word dat hulle grond nie afgevat sal word nie \u2013 en daarby sal hulle swart bemagtigingstatus kry.<\/p>\n<p>&#8220;Dit sal al die onsekerheid en wantroue \u2013 en die verlies aan beleggersvertroue \u2013 wat daar tans is oor grondhervorming, uit die weg ruim.&#8221;<\/p>\n<p>Vierdens, sal die Tesourie, die Landbank en gevestigde wit boere meer geld gee vir die finansiering van die program.<\/p>\n<p>&#8220;Die koste van grondhervorming sal versprei word onder alle rolspelers. Nuwe finansi\u00eble instrumente sal ontwerp word om grondhervorming te bevorder.&#8221; Dit sluit in verbande met &#8216;n looptyd van veertig jaar, teen voorkeur-rentekoerse.<\/p>\n<p>Die vyfde aspek van die plan is meer navorsing in landbou.<\/p>\n<p>&#8220;Dit is baie belangrik dat mense weer begin boer &#8211; en nie welsynsuitbetalings, lone en nie-landbou informele bedrywighede sien as die enigste bron van inkomste vir plattelandse huishoudings nie,&#8221; s\u00ea Zuma.<\/p>\n<p>Kommersi\u00eble landbou \u2013 verteenwoordig deur 37 000 boere &#8211; produseer 90% van die land se uitset, terwyl 25 miljoen bestaansboere op die platteland 10% lewer.<\/p>\n<p>Past. Ray McCauley van die Rhema-Bybelkerk in Randburg het Afasa geluk gewens met &#8216;n suksesvolle konferensie. &#8220;Laat ek dit net s\u00ea indien julle dit nie geweet het nie. God is lief vir die boer,&#8221; het hy aan &#8216;n waarderende gehoor ges\u00ea.<\/p>\n<p>&#8220;Eva was die eerste boer. Sy het omgesien na die appels.&#8221;<\/p>\n<p>Tina Joemat-Pettersson, die minister van landbou, het Zuma as &#8216;n man van diepte en &#8216;n vader van die volk beskryf.<\/p>\n<p>&#8220;Ons ondersteun jou en ons sal aanhou om jou te ondersteun&#8221;<\/p>\n<p>Sy het bygevoeg dat &#8220;geen wapen&#8221; teen hom sal slaag nie, en dat hy na elke boer sal omsien.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/06\/18\/180080.html\">\u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>President Jacob Zuma het Maandag &#8216;n nuwe grondhervormingsplan in Pretoria bekend gestel. &#8220;Dit is &#8216;n innoverende voorstel wat getoets moet word,&#8221; het hy tydens die eerste jaarvergadering van die African Farmers&#8217; Association of SA (Afasa) ges\u00ea. Die plan stel voor dat elke distrik verantwoordelikheid neem vir grondhervorming en die finansiering daarvan. &#8220;Elke distrik moet &#8216;n &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13621\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Zuma stel nuwe grondhervormingsplan bekend&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-13621","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13621","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13621"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13621\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13621"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13621"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13621"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}