{"id":13611,"date":"2012-10-22T05:09:03","date_gmt":"2012-10-22T05:09:03","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13611"},"modified":"2012-10-22T05:09:03","modified_gmt":"2012-10-22T05:09:03","slug":"da-en-brittanje-saam-in-die-bed","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13611","title":{"rendered":"DA en Brittanje saam in die bed"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Rapport het Sondag berig oor die DA se noue bande met Brittanje. Volgens inligting wat deur die Staatsveiligheidsagentskap bekom is, het &#8216;n senior ANC-amptenaar aan City Press bevestig dat &#8216;n ondersoek geloods is na die verhouding tussen die party en die VK. Praag waarsku al lank dat die DA nie Afrikaners se belange op die hart dra nie.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verskeie vergaderings die afgelope drie maande tussen Helen Zille, DA-leier, en Britse regeringsamptenare, asook Zille se reis na Londen, het tot die agterdog bygedra.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ryan Coetzee, &#8216;n voormalige raadgewer van Zille, is intussen aangestel as raadgewer van Nick Clegg, Brittanje se adjunkpremier. &#8220;Daar is iets dieper as wat dit op die oog af lyk en dit moet ondersoek word,&#8221; het die ANC-amptenaar ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nog &#8216;n regeringsamptenaar meen die verhouding tussen die Britte en die DA lyk soos die Britte se steun vir die MDC in Zimbabwe om &#8216;n alternatief vir pres. Robert Mugabe te skep sonder om die etniese balans in die land te versteur. Brittanje het Mugabe aktief ondersteun tydens die volksmoord in Matabeleland.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zille het die agterdog afgelag as &#8216;n Aprilgekgrap. &#8220;Is iemand hier in &#8216;n parallelle heelal? Of is dit deel van die ANC se voortslepende &#8216;Zanufikasie&#8217;?&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Londen was sy positief oor Suid-Afrika se toekoms, het sy ges\u00ea. Sy het met die ho\u00eb kommissaris Zola Skweyiya vergader en &#8220;telkens positiewe terugvoering gekry&#8221;. Sy het onder meer onderhoude gehad met CNN, die Financial Times en The Economist, waar sy egter die land se vooruitsigte egter as uiters negatief beskryf het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die DA se verhouding met Brittanje is &#8220;professioneel, soos met alle ander regerings&#8221;. Brittanje oefen die grootste invloed op Suid-Afrika uit en het die land dadelik weer by die Statebond ingelyf nadat die ANC die verkiesing in 1994 gewen het. Brian Dube, woordvoerder van die Staatsveiligheidsagentskap, s\u00ea die agentskap &#8220;word gerig deur &#8216;n behoefte om nasionale veiligheid te handhaaf kragtens die Grondwet en nasionale wetgewing&#8221;.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/comments.ua\/society\/596417-trehletniy-malchik-skonchalsya.html\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Rapport het Sondag berig oor die DA se noue bande met Brittanje. Volgens inligting wat deur die Staatsveiligheidsagentskap bekom is, het &#8216;n senior ANC-amptenaar aan City Press bevestig dat &#8216;n ondersoek geloods is na die verhouding tussen die party en die VK. Praag waarsku al lank dat die DA nie Afrikaners se belange op die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13611\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;DA en Brittanje saam in die bed&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-13611","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13611","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13611"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13611\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13611"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13611"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13611"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}