{"id":13608,"date":"2012-10-21T01:11:15","date_gmt":"2012-10-21T01:11:15","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13608"},"modified":"2012-10-21T01:11:15","modified_gmt":"2012-10-21T01:11:15","slug":"gustav-venter-se-alrina-smal-beeld-ons-ondraaglike-situasie-uit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13608","title":{"rendered":"Gustav Venter se &#8216;Alrina Smal&#8217; beeld ons ondraaglike situasie uit"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><em><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/images\/stories5\/amigdala_alrinasmal_voorblad.jpg\" width=\"300\" \/><a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/praag.org.za\/index.php?page=shop.product_details&amp;category_id=7&amp;flypage=gk_flypage.tpl&amp;product_id=54&amp;option=com_virtuemart&amp;Itemid=3\">Die Amigdala van Alrina Smal<\/a><\/em>, roman deur Gustav Venter. Uitgewer: Praag. Prys: R180. ISBN-nr.: 9781920128128. As eboek beskikbaar in die volgende formate: PDF, Epub en Kindle\/Mobi.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Uitgewer van my is tydens Mandela se bewind, in die tyd toe ons nog almal mooi drome gedroom het oor die land, deur \u2018n swart bende &nbsp;verkrag &nbsp;terwyl sy in Magnoliadal besig was om selfmoord te pleeg. Ek is nooit gekonfronteer met hoe sy die verkragting beleef het nie, omdat sy die geheim daarvan na haar graf saamgeneem het. Net soos wat ons, tot met die onlangse verkyning van <em><a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/praag.org.za\/index.php?page=shop.product_details&amp;flypage=gk_flypage.tpl&amp;product_id=54&amp;category_id=7&amp;option=com_virtuemart&amp;Itemid=3&amp;vmcchk=1&amp;Itemid=3\">Die Amigdala van Alrina Smal<\/a><\/em>, genadiglik nooit gekonfronteer is met die laaste belewenisse van soveel geweldslagoffers in die onlangse geskiedenis van ons land nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Alrina Smal, \u2018n saggeaarde klein meisie met ligte o\u00eb en vel en die gewone Afrikanerskuldgevoelens oor die Afrikanererfsonde, wat op die gewone Afrikanermanier reageer deur haar gewig in te gooi &nbsp;by die opheffing van voorheen benadeeldes in die Nuwe Suid-Afrika, word in die veiligheid van haar huis aangerand. Alrina is \u2018n karakter met wie enige welwillende Afrikaner, en daar is baie van hulle, sou kon identifiseer. Dis iemand vir wie \u2018n mens net die beste gun, en die spanning in die verhaal hang nou saam met die leser se onwillekeurige betrokkenheid by die goeie, intelligente, sensitiewe vrou met \u2018n desperate drang om polities korrek op te tree. Alrina se man betrap die skuldige \u2018n oomblik voor dat hy haar fisies sou verkrag, wat \u201cD\u00edt wat met haar gebeur het\u201d statisties klassifiseer as \u2018n vlak-twee-aanranding. Die ergste wat haar van \u201cD\u00edt wat met haar gebeur het\u201d bybly, is nie die feit dat sy haar privaatheid en veiligheid inboet na die ondervinding nie, maar dat sy \u2018n onverwagse fobie vir alle swart mense ontwikkel. Die skuldgevoelens wat hiermee saamgaan, bring die vraag na vore:\u201cIn watter mate het \u2018n mens \u2018n reg op jou eie subjektiewe maar gegronde vrese?\u201d &nbsp;En ook: \u201cIn watter mate het iemand wat binne \u2018n gewelddadige samwelewing leef en nie sy of haar eie vrese gegun word nie, hoegenaamd enige regte?\u201d Dit sou natuurlik beantwoord kon word met die teenvraag: \u201cIn watter mate kan iemand met die erfsonde van \u2018n Afrikaner hoegenaamd op enige regte aanspraak maak?\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die pogings om Alrina van haar vrese te genees, is so talryk as wat hulle lagwekkend is: &nbsp;sy beweeg deur \u2018n hele lys van beraders, ontvang &nbsp;skietlesse, word &nbsp;deur dikvellige en bemoeisieke omgeegroepies en herbore Christene bepreek en geestelik vermink en ontmoet uiteindelik vir dr. Ters van &nbsp;Jaarsveld wat, ten spyte van haar heelhartige samewerking, tevergeefs probeer om haar met konfrontasieterapie van haar vrees te genees. Uiteindelike \u201cverlossing\u201d kom op die dag nadat sy aan die einde van \u2018n radikale behandelingsmetode uit die kliniek ontslaan word, en die verlossing word terloops toegedien deur Righteous Khumalo &nbsp;in die uitvoering van sy daaglikse \u201cbesigheid\u201d. &nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die karakters in die boek kon my bure in Suid-Afrika gewees het: Die a-politiese, ambisieuse en opportunistiese Ters van Jaarsveld wat die genesing van Alrina Smal sien as \u2018n kans om groot naam te maak in \u2018n politieke bestel waar haar polities inkorrekte siekte, \u2018n onvermo\u00eb om haar swart medemens te vertrou en as gelyke te behandel, &nbsp;as die nr. 1-siekte in die samelewing gereken word. Die vraag of dit \u2018n siekte of net \u2018n normale reaksie sou wees, kom wel ter sprake in sy kantoor, maar weens die ongerief en gewetenswroeging &nbsp;wat vrees vir \u2018n swart mens in Suid-Afrika tot gevolg het, is dit duidelik dat Ters van Jaarsveld goeie werk doen deur sy radikale ingryping in haar lewe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nog \u2018n karakter is Alrina se geniale broer wat in Amerika sy doktorsgraad in argitektuur behaal het: \u2018n kunssinnige man wat pragtig skilder en klavier speel, maar tot Alrina se teleurstelling die pad byster raak na \u2018n onderneming waartydens sy swart vennote hom uitgebuit en sy vrou hom gevolglik verlaat het. &nbsp;Hy gaan bly in die Koue Bokkeveld waar hy in die aande Rachmaninof speel by die vuur en \u2018n Afrikanerstad ontwerp.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dan is daar die groepie gelowige vroue wat Alrina se fobie aan die sonde toeskryf en haar daarvan probeer verlos op \u2018n manier wat haar verder geestelik vermink, en die groepsterapie waartydens sy \u2018n gomgatrassis ontmoet wat vir \u2018n nag lank deur \u2018n bende verkrag is en op wie se opmerkings Alrina tevergeefs sukkel om antwoorde te vind. &nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die boek is uitgegee deur PRAAG, wat dit by voorbaat in sekere liter\u00eare kringe \u201cverdag\u201d maak. Net \u2018n ideologies oneerlike resensent sou egter kans sien om die aangrypende en uitmergelende vertelstyl, deeglike, fyn gedetailleerde analises van die protagonis se sielkundige belewenisse en emosionele motiverings en die ontstellende eerlikheid waarmee veral die misdaadsituasie in die land bekyk word, te misken. Daarby is die slot, aan die einde van \u2018n boek waarin \u2018n mens voortdurend op jou tande moet kners om die situasie wat in der waarheid \u2018n weerspie\u00ebling van ons eie werklikheid is, &nbsp;te hanteer.&nbsp; Ten spyte van wat dit voorafgaan, verteenwoordig die vernuftige slot \u2018n totale en duiselingwekkende skok op die sisteem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die feit dat \u2019n mens teen jou eie wil erkenning moet gee aan die uitgewer se stelling dat hierdie waarskynlik ideologies een van die mees gewaagde boeke in die 21ste eeu mag wees, terwyl dit in werklikheid maar net &nbsp;\u2018n ingryping op die mees basiese reg op lewe bevraagteken, is \u2018n verdere bewys van die absoluut ondraaglike situasie waarna die boek verwys.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em><a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/www.argief.litnet.co.za\/cgi-bin\/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&amp;cause_id=1270&amp;news_id=99879&amp;cat_id=0\">Fransi Phillips<\/a> is die skryfster van elf boeke en beskik oor honneursgrade in filosofie en kunsgeskiedenis. Tans is sy visepresident van die skrywersvereniging <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/pretoriapen.co.za\">Pretoria-PEN<\/a> en woon in Moskou.<br \/><\/em><\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.finobzor.com.ua\/pressrelizi\/nid\/1143\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Amigdala van Alrina Smal, roman deur Gustav Venter. Uitgewer: Praag. Prys: R180. ISBN-nr.: 9781920128128. As eboek beskikbaar in die volgende formate: PDF, Epub en Kindle\/Mobi. \u2018n Uitgewer van my is tydens Mandela se bewind, in die tyd toe ons nog almal mooi drome gedroom het oor die land, deur \u2018n swart bende &nbsp;verkrag &nbsp;terwyl [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[96],"tags":[10516,10527,10526,171,165,10525],"class_list":["post-13608","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c87-boeke","tag-die-amigdala-van-alrina-smal","tag-fobie","tag-fransi-phillips","tag-gustav-venter","tag-praag","tag-resensie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13608","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13608"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13608\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13608"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13608"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13608"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}