{"id":13607,"date":"2012-10-21T01:01:53","date_gmt":"2012-10-21T01:01:53","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13607"},"modified":"2012-10-21T01:01:53","modified_gmt":"2012-10-21T01:01:53","slug":"die-stryd-om-voortbestaan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13607","title":{"rendered":"Die stryd om voortbestaan"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/images\/stories4\/roodt_fbfoto.jpg\" \/>Iewers het iemand ges\u00ea dat &#8220;intelligensie bloot die vermo\u00eb is om  verbande tussen verskillende elemente raak te sien&#8221;. Dis hoe die  wetenskap immers vordering gemaak het, deur &#8216;n verband tussen weerlig en  elektrisiteit te eien, of tussen die feit dat mense siek word nadat  hulle besmette voedsel ge\u00ebet of gedrink het. S\u00f3 het Louis Pasteur reeds  in 1862 sy eerste eksperimente op melk en wyn uitgevoer deur  mikro-organismes daarbinne met verhitting te vernietig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In &#8216;n moderne, gespesialiseerde w\u00eareld is dit egter maklik om as  &#8220;vakidioot&#8221; op te tree en niks buite jou eie veld raak te sien nie.  Sommige skrywers en veral professionele letterkundiges verbeel hulle dat  letterkunde of selfs &#8216;n taal soos Afrikaans buite enige ander stelsel  soos die politieke, die maatskaplike, die ekonomiese, die skool en die  gesin kan bestaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jan Smuts het met sy idee van holisme &#8216;n belangrike eienskap van die  biologie, maar ook vele ander dissiplines, raakgesien, naamlik dat  &#8220;gehele&#8221; ewe of selfs meer bepalend as samestellende elemente kan wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een van die boeke wat ek van my pa gekry het, is &#8216;n bundel essays  deur C.M. van den Heever, een van die belangrikste Afrikaanse skrywers  van die eerste helfte van die twintigste eeu. Dit heet <em>Die stryd om ewewig<\/em>.  Vandaar dan ook my titel, wat wil aandui dat ons van &#8216;n stryd om  ewewig, wat eintlik iewers n\u00e1 1948 o\u00ebnskynlik gewen is, tot &#8216;n nuwe  stryd om oorlewing en voortbestaan gevorder het. Die Afrikaner en sy  taal, Afrikaans, kan vandag ewe maklik vanuit Afrika verdwyn as wat die  blanke Rhodesi\u00ebr uit Rhodesi\u00eb verdwyn het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/pretoriapen.co.za\">Pretoria-PEN<\/a> is tans besig om insgelyks &#8216;n stryd om voortbestaan te  voer teen die aanslag wat daar vanuit Stellenbosch en die Kaap teen ons  geloods is. Weereens, as ons &#8216;n meer intelligente ontleding daarvan  doen, moet ons die verbande met &#8216;n groter politieke en maatskaplike  stryd raaksien. Dit is nie maar &#8216;n blote &#8220;twis tussen skrywers&#8221; soos die  godsdiensverslaggewer van Beeld, Neels Jackson, en ander dit aangebied  het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onderliggend aan ons huidige stryd is beheer oor die Afrikaanse  letterkunde. Tans word die Afrikaanse letterkunde byna volledig uit die  Kaap beheer. Al die groot uitgewerye, wat insgelyks deur &#8216;n enkele  maatskappy, Naspers, besit word, is daar gesetel. U mag nou vra: waarom  is beheer oor die Arikaanse letterkunde so danig belangrik? Immers word  daar skaars oor die Afrikaanse letterkunde in die pers berig, die meeste  Afrikaners stel meer in rugby as in Afrikaanse romans of po\u00ebsie belang  en Afrikaans as taal is reeds in Suid-Afrika so gemarginaliseer dat  mense jou skeef aankyk as jy in winkels of staatsdiensgeboue daarop  aandring. Britse sienings oorheers in Suid-Afrika vry algemeen. &#8216;n Mens  kan selfs Britse stereotipes van Afrikaners in Afrikaans lees. Eintlik  verteenwoordig die Nasperskoerante Brittanje in vertaling.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons weet egter dat letterkunde, soos ook musiek, tydens die afgelope  200 jaar &#8216;n geweldige belangrike rol tydens alle nasionalismes gespeel  het. Afgesien van geskiedenis &#8211; en eintlik is geskiedenis maar net &#8216;n  onderdeel van &#8220;geskrewe letterkunde&#8221; &#8211; het letterkunde nog altyd &#8216;n  vername rol in die skepping van nasionale identiteite vervul. S\u00f3 was dit  ook tydens die hele reeks Afrikaanse bewegings van die afgelope  anderhalf eeu.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Afrikanergeskiedenis is reeds so te s\u00ea geheel en al vanuit die  openbare skoolstelsel, die hoofstroommedia en die universiteite geweer.  Maar steeds word die Afrikaanse letterkunde as deel van die vak  Afrikaans op skool bestudeer. Vir die Afrikanerfobiese  spotprentkunstenaar Zapiro verteenwoordig alles wat Afrikaans is iets  uit &#8216;n oertydperk, &#8216;n &#8220;Jurassic Park&#8221;, soos die Hollywood-rolprent met  dinosourusse heet. &#8220;Iets het egter oorgebly&#8221;, soos Zapiro en vele ander  vrees en dit is die Afrikaanse letterkunde. Daar bestaan nog Afrikaanse  onderwysers en van die slimmer kinders in hul klasse kom onder die  betowering van alles wat ons voorouers geskryf het. Daar is al baie  daaroor gefilosofeer, maar omdat romans &#8216;n verbeelde w\u00eareld voorstel,  raak dit ewe maklik om jou &#8216;n nuwe politieke w\u00eareld te verbeel, &#8216;n  w\u00eareld sonder regstellende aksie, sonder geweldsmisdaad en sonder  polities korrekte Engels.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is twee maniere waarop daardie &#8220;oorblyfsel uit die verlede&#8221;,  die Afrikaanse letterkunde en die identiteit wat dit steeds definieer,  vernietig sou kon word. Die eerste is doodgewone uitwissing, etniese  suiwering, sensuur, kultuurmoord en alles wat daarmee saamhang. Tydens  die negentiende en vroe\u00eb twintigste eeue, het Brittanje alles in haar  vermo\u00eb gedoen om sodoende van die halsstarrige inheemse  Afrikaneridentiteit ontslae te raak en alle blankes voor die voet te  verengels. Sekerlik poog die ANC &#8211; wat vir &#8216;n geruime tyd eintlik &#8216;n  Britse surrogaatmag, gesetel in Londen, was &#8211; om hierdie beleid toe te  pas.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar daar is ook &#8216;n tweede manier om die Afrikaanse letterkunde te  hanteer: dit sou behels, nie om dit sonder meer uit te wis nie, maar om  dit sogenaamd te &#8220;transformeer&#8221;. Noem dit die &#8220;Kaapse&#8221; visie.  Daarvolgens moet die inhoud, die interpretasie en die funksie van ons  letterkunde revolusion\u00ear verander word om dit as mindere onderdeel van  die &#8220;Suid-Afrikaanse identiteit&#8221; te verdra.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vandaar dus die &#8220;gevaar&#8221; wat die voortbestaan van &#8216;n vereniging soos  Pretoria-PEN sou verteenwoordig. Nie omdat dit hoegenaamd deur enige  nasionalistiese ideologie &#8211; hoewel om skrywers in jou eie taal te h\u00ea, is  vir globaliste en imperialiste seker iewers &#8216;n aanduiding van  &#8220;nasionalisme&#8221; &#8211; aangevuur word nie, maar omdat ons outonoom optree.  Soos Fanie Olivier dit op Stellenbosch gestel het, ons &#8220;loop rond in  Ka\u00efro se strate en filosofeer met Afrika-skrywers&#8221;. Ons ken nie ons plek  nie. Dit was dan ook die oorspronklike beswaar van die Engelstalige  skryfster Nadine Gordimer teen enige vorm van Afrikaanse  skrywersorganisasie, dat ons op &#8216;n sekere manier ons &#8220;neerlaag moes  aanvaar&#8221;. Die nuwe hegemonie van Engels in Suid-Afrika het volgens  Gordimer beteken dat ons ons by Engelse re\u00ebls moes neerl\u00ea en selfs die  meerderwaardigheid van die Engels-Suid-Afrikaanse letterkunde moes  aanvaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou is dit so dat die Engels-Suid-Afrikaanse letterkunde, hoewel dit  twee Nobelpryse opgelewer het, glad nie oor die rykdom en  verskeidenheid van die Afrikaanse letterkunde beskik nie. Toe ek aan die  Engelse universiteit in Johannesburg gestudeer het, het meeste van die  Engelssprekende studente wat Afrikaans geneem het, dit geredelik erken.  Wat hulle van die Afrikaanse letterkunde geboei het, was ons modernisme  (met so &#8216;n geurtjie van Frankryk), ons direkte, onopgesmukte styl, ons  plaaslike geworteldheid. Anders as in Nadine Gordimer of J.M. Coetzee,  word &#8216;n &#8220;koppie&#8221; nie gewalifiseer as &#8220;one of those typical cup-shaped  hillocks found on the South African plateau known as the Highveld&#8221; nie,  maar word die woord net gebruik en ons almal verstaan onmiddellik  waarvan die skrywer praat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sommige mense meen dat letterkunde, soos rekenaarjargon, &#8216;n  &#8220;unversele taal&#8221; is wat bloot in sekere dialekte vertaal word.  Letterkunde behoef geen tradisie en geen verbintenis met &#8216;n volk nie. &#8216;n  Speurroman wat in New York, die w\u00eareld se bekendste stad, afspeel, sou  seker die mees universele aanklank kon vind. Hiermee moet ons egter  verskil. Een van die grootste liter\u00eare teoretici van die twintigste eeu,  wat ook in die VSA in vertaling baie gewild geraak het, was die  Fransman, Roland Barthes. Een van sy mees fassinerende idees was dat &#8216;n  boek of &#8216;n teks &#8220;&#8216;n bietjie lyf moes wys&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As student het ek &#8216;n jaar of twee van my lewe bestee om te verstaan  wat hy daarmee bedoel en in die proses ook &#8216;n Meestersgraad in  Vergelykende Letterkunde verwerf. Soos vele van sy tydgenote, het  Barthes van woordspel gehou. In Frans is die woord &#8220;corps&#8221; baie  algemeen, afgelei van die Latyn &#8220;corpus&#8221; wat &#8220;lyf&#8221; of &#8220;liggaam&#8221; beteken;  selfs in Engels word daar mos gepraat van &#8220;a body of literature&#8221;. Elke  letterkunde in elke taal is so &#8216;n &#8220;corpus&#8221;, maar dit word ook onderskei  deur die nasionale eienaardighede, die hebbelikhede, asook die vreemde  simbiose tussen klimaat, landskap en taal wat so &#8216;n letterkunde kenmerk.  Elke individuele skrywer is nie maar net die produk van sy tyd,  omstandighede en opvoeding nie, maar beskik ook oor &#8216;n unieke styl en  persoonlikheid wat neerslag in sy werke vind. Ook daarop het Barthes  gesinspeel met die metafoor &#8220;lyf&#8221; en om &#8220;lyf te wys&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">John Miles, een van die Kaapse skrywers wat tans teen Pretoria-PEN  agiteer, het niks van Roland Barthes gehou nie en het gemeen hy is &#8220;te  moeilik of abstruis om te verstaan&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons taal is egter so naby  aan ons dat dit as&#8217;t ware deel van ons lyf is. Die aanslag op Afrikaans  en op die Afrikaanse letterkunde verteenwoordig daarom &#8216;n intieme  besering, wat as&#8217;t ware met &#8216;n vuishou toegedien word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gedagtig aan waar ek begin het, met die soms ongesiene verbintenisse  tussen dinge, is daar nog &#8216;n verdere rede waarom Afrikaanse skrywers,  of dan sommige van ons, tans in die spervuur staan. Dit is omdat die  Anglo-Amerikaanse multikulturele model in Suid-Afrika misluk het. Jare  lank is die korrupsie, anti-wit rassisme, ekonomiese plundery en  onbekwaamheid van die ANC weggesteek omdat dit nie die Britse  joernaliste en hul plaaslike sikofante gepas het om daaroor te praat  nie. Maar toenemend vind daar &#8216;n revolusie in die kleine plaas soos wat  die hopeloosheid van die Suid-Afrikaanse politiek tot in Brittanje en  die Britse media deursyfer. So pas het die invloedryke Britse tydskrif, <a href=\"http:\/\/www.economist.com\/news\/briefing\/21564829-it-has-made-progress-becoming-full-democracy-1994-failure-leadership-means\" target=\"_blank\">The Economist<\/a>,  &#8216;n verdoemende artikel oor die agteruitgang in Suid-Afrika geskryf. Ons  vaar glo nou &#8220;slegter as die res van Afrika&#8221; en Nigeri\u00eb gaan ons  ekonomies verbysteek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die morele, politieke en ideologiese bankrotskap van die  Suid-Afrikaanse bestel, maak Afrikaanse skrywers soveel te meer  &#8220;gevaarlik&#8221;. Omdat ons werke so &#8216;n intieme plaaslike inhoud het, mag  lesers net verder onder die indruk van die maatskaplike verval onder  &#8220;postapartheid&#8221; kom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vandaar dus die behoefte aan groter beheer, dat ons onder geen  omstandighede outonoom mag optree en aansluiting by buitelandse skrywers  moet soek nie. &#8216;n Skrywer wat in meer as een sin van die woord  &#8220;soewerein&#8221; begin dink, sonder om deur die heersende ideologie ingehok  te wees, verteenwoordig inderdaad &#8216;n gevaar vir die samelewing. Veral &#8216;n  samelewing soos di\u00e9 van Suid-Afrika wat kunsmatig en met druk en  ingryping vanuit die buiteland tot stand gekom het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die argitekte van di\u00e9 bankrot bestel (Brittanje, Swede, Noorwe\u00eb),  asook die spulletjie Afrikaanse skrywers wat in 1989 as &#8220;bruikbare  idiote&#8221; Dakar toe gereis het om daar aan die voete van Thabo Mbeki oor  &#8220;&#8216;n gedeelde Suid-Afrikaanse kultuuridentiteit&#8221; te gaan swymel, sal  alles in hul vermo\u00eb doen om hul mislukking te verdoesel of te ontken.  Pleks dat die bruikbare idiote hulself blameer, soek hulle na sondebokke  by die nugter denkendes en val ons op allerlei onderduimse en  agterbakse maniere aan, terwyl hulle aan Moeder Brittanje se rokspante  vasklou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Trouens, die wyse waarop die &#8220;Stellenbosch-PEN&#8221;, soos sommige reeds  daarna verwys, hulle op ingryping deur enkele Britse amptenare verlaat  op wie se etniese vooroordele jeens ons hulle kan reken, is eintlik  lagwekkend. Dis amper die verhaal van die hensoppers en die National  Scouts weer oor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onlangs kom ek in <em>Die groot aanhalingsboek<\/em> op die volgende weermaggesegde af: &#8220;Wenners hou nooit op nie; ophouers wen nooit nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gistermiddag  toe ek in die gange van die Johannesburgse Ho\u00eb Hof rondgedwaal het op  soek na die dringende regter, het ek soms gewonder of d\u00edt alles die  moeite werd is, die rompslomp en tyd wat &#8216;n mens moet afstaan om die  Kaapse aanslag op ons af te weer. Maar dan word ek weer herinner aan  daardie gesegde.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Al moet ons nou appelleer tot by die House of Lords in Engeland,  gaan ons hierdie stryd n\u00f3g gewonne gee, n\u00f3g verloor. Aangaande die House  of Lords: as Statebondland, staan die House of Lords bokant ons  Grondwethof, dus is dit teoreties moontlik om &#8216;n hofsaak wat in die  Grondwethof verloor word, op app\u00e8l na die House of Lords te neem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Anders as wat Gordimer dink, aanvaar ons nie die neerlaag nie. En  lank voor ons by die House of Lords kom, sal die waarheid wel se\u00ebvier en  sal ons gelyk gegee word.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/www.unian.net\/politics\/1047546-prokuror-harkova-uvolilsya-po-sobstvennomu-jelaniyu.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Iewers het iemand ges\u00ea dat &#8220;intelligensie bloot die vermo\u00eb is om verbande tussen verskillende elemente raak te sien&#8221;. Dis hoe die wetenskap immers vordering gemaak het, deur &#8216;n verband tussen weerlig en elektrisiteit te eien, of tussen die feit dat mense siek word nadat hulle besmette voedsel ge\u00ebet of gedrink het. S\u00f3 het Louis Pasteur &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13607\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die stryd om voortbestaan&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[768,10524,154,10520,10523,10521,21092],"class_list":["post-13607","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-afrikaner","tag-c-m-van-den-heever","tag-dan-roodt","tag-fanie-olivier","tag-louis-pasteur","tag-pretoria-pen","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13607","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13607"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13607\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13607"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13607"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13607"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}