{"id":13599,"date":"2012-10-18T08:30:08","date_gmt":"2012-10-18T08:30:08","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13599"},"modified":"2012-10-18T08:30:08","modified_gmt":"2012-10-18T08:30:08","slug":"fanie-olivier-vaar-uit-teen-skrywers-en-christelike-orrelmusiek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13599","title":{"rendered":"Fanie Olivier vaar uit teen skrywers en \u2018Christelike orrelmusiek\u2019"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" alt=\"Fanie Olivier\" class=\"caption\" title=\"Fanie Olivier, die 'Bantoestan-intellektueel'\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/10\/fanie_olivier.jpg\" \/>\u2018n  Groepie ANC-gesinde skrywers het vanwe\u00eb die omstredenheid rondom  Pretoria se naam, \u2018n aanval op die skrywersorganisasie \u201cPretoria-PEN\u201d  geloods en met Afrikanerfobiese amptenare in Londen saamgewerk om di\u00e9  vereniging verdag te maak. Verlede maand het die digter Fanie Olivier,  asook die skryfsters Sonja Loots en E.K.M. Dido hulle as  verteenwoordigers van Pretoria-PEN tydens die jaarvergadering van PEN  Internasionaal in Gyeongju, Suid-Korea voorgedoen en daar gevra dat die  naam van die verening na \u201cPEN Afrikaans\u201d verander moet word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens  dr. Dan Roodt, voorsitter of president van Pretoria-PEN, \u201cwil dit  voorkom asof Olivier saamgesweer het met \u2018n Afrikanerfobiese amptenaar  van PEN Internasionaal in Londen om ons te benadeel en verdag te maak.  Tans is ons nog in die duister oor presies wat gebeur het, maar ons gaan  sorg dat alle inligting tot ons beskikking gestel word.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tydens  \u2018n vergadering vanjaar op 7 Maart 2012 wat te Stellenbosch gehou is,  het Olivier ge\u00efmpliseer dat Christene, asook diegene wat na orrelmusiek,  synde Christelik van oorsprong, luister, nie by PEN welkom is nie.  Ander skrywers op Stellenbosch wat in Olivier se dampkring verkeer, het  hierdie stellings onder honende gelag beaam.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Roodt  meen egter dat so \u2018n houding oor Christelikheid en orrelmusiek \u201cstrydig  met die handves van PEN Internasionaal is. Di\u00e9 internasionale  organisasie is juis gestig om dialoog w\u00eareldwyd tussen skrywers aan te  moedig, wat van kultuur, taal en geloof mag verskil. Die PEN-handves  verklaar juis: \u2018Lidmaatskap van PEN is oop vir alle gekwalifiseerde  skrywers, redakteurs en vertalers wat hulle by di\u00e9 beginsels neerl\u00ea,  ongeag hul nasionaliteit, etniese afkoms, taal, kleur of godsdiens.\u2019  Deur teen PEN-lede te diskrimineer op grond van godsdiens of voorliefde  vir Westerse musiek, oortree Olivier die PEN-handves.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Fanie  Olivier, wat as \u2018n \u201cBantoestan-intellektueel\u201d bestempel word, vanwe\u00eb sy  jare lange verbintenis met die Universiteit van Venda, probeer sedert  verlede jaar in Oktober met die hulp van die skrywers John Miles en Piet  Haasbroek om Pretoria-PEN \u201coor te neem\u201d. Sowel Miles as Olivier was in  Julie 1989 deel van \u2018n afvaardiging van skrywers wat in Dakar met die  destyds verbode ANC oor \u2018n \u201cSuid-Afrikaanse kulturele identiteit\u201d gaan  praat het. Van die skrywers wat tans in die Kaap vir lidmaatskap van die  \u201cgekaapte\u201d PEN-organisasie gewerf word, is heelwat van die  oorspronklike \u201cDakar-gangers\u201d soos Andr\u00e9 P. Brink, Antjie Krog en  Marlene van Niekerk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lede  van Pretoria-PEN sluit, benewens Dan Roodt en sy vrou, Karin, ook  Fransi Phillips, Annelie Botes, Steve Hofmeyr en die filolosoof en  voorsitter van die FAK, Danie Goosen, in. Daar word vermoed dat Olivier,  Miles en Haasbroek negatiewe publisiteit in die koerante van  Naspers\/Media 24 oor Roodt, Hofmeyr en Botes aangewend het om  Pretoria-PEN internasionaal verdag te maak. Volgens Dan Roodt  \u201cverteenwoordig dit \u2018n verdere oortreding van die PEN-handves, omdat  skrywers veronderstel is om vedraagsaam teenoor mekaar se ideologiese of  politieke standpunte te wees\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Annelie  Botes, een van die gewildste skryfsters in Afrikaans, se mees onlangse  manuskrip is by Tafelberg afgekeur vanwe\u00eb \u2018n uitspraak wat sy in  November 2010 tydens \u2018n onderhoud met Rapport gemaak het, naamlik dat  sommige \u201cswartmense haar bang maak\u201d, vanwe\u00eb die ho\u00eb graad van geweld wat  in Suid-Afrika gepleeg word. Hierna het \u2018n aantal Stellenbosse  akademici haar hewig aangeval en as \u201crassis\u201d uitgekryt.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In  \u2018n omsendbrief aan lede van Pretoria-PEN, het Roodt ges\u00ea: \u201cDie meeste  van ons voel ons moet assosieer omdat ons eie vryheid van spraak op een  of ander manier bedreig word. Mense soos ek, Steve Hofmeyr of Annelie  Botes is al by verskeie geleenthede aangeval of uitgekryt vanwe\u00eb redelik  banale dinge wat ons ges\u00ea het. As dit van sekere mense of instansies  afhang, sal ons seker geheel en al stilgemaak word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEk  glo ook dat ons groep veel nader aan die suiwer tradisie van die  Afrikaanse letterkunde is as die ander groep in die Wes-Kaap. Onlangs  het ek Andr\u00e9 Brink se nuwe boek Philida onder  o\u00eb gehad en dis regtig so &#8216;n stereotipe voorstelling van die bose  Afrikanerslawe-eienaar iewers in die vroe\u00eb negentiende eeu dat dit vir  my soos propaganda lees. Natuurlik sal &#8216;n klompie liberale Britse  joernaliste en resensente wat in elk geval jeens ons bevooroordeeld is,  dit ophemel. Want dit is uiteindelik die sin van so &#8216;n oefening: die  skrywer as huursoldaat, om die politieke doelwitte van Groot Brittanje  of die ANC of &#8216;n ander entiteit daarbuite te dien.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Roodt  het diegene wat Pretoria-PEN aanval, tot \u2018n openbare en intellektuele  debat uitgedaag en ges\u00ea: \u201cOns gooi die handskoen neer teenoor die Kaapse  onverdraagsames en daag hulle tot &#8216;n openbare debat uit, omdat dit hier  ook gaan oor grondliggende filosofiese en liter\u00ear-teoretiese kwessies.  Nie dat hulle die uitdaging sal aanvaar nie, want enersyds is  agterbaksheid en kruipery hul styl en andersyds vrees hulle om hul  intellektuele middelmatigheid en onkunde teenoor ons en teenoor die  publiek te openbaar.\u201d<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/declacar.com.ua\/persons\/%D0%A4%D1%96%D0%BB%D1%8C%D1%87%D0%B0%D0%BA%D0%BE%D0%B2_%D0%9E%D0%BB%D0%B5%D0%BA%D1%81%D0%B0%D0%BD%D0%B4%D1%80_%D0%92%D0%B0%D1%81%D0%B8%D0%BB%D1%8C%D0%BE%D0%B2%D0%B8%D1%87-490462\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2018n Groepie ANC-gesinde skrywers het vanwe\u00eb die omstredenheid rondom Pretoria se naam, \u2018n aanval op die skrywersorganisasie \u201cPretoria-PEN\u201d geloods en met Afrikanerfobiese amptenare in Londen saamgewerk om di\u00e9 vereniging verdag te maak. Verlede maand het die digter Fanie Olivier, asook die skryfsters Sonja Loots en E.K.M. Dido hulle as verteenwoordigers van Pretoria-PEN tydens die jaarvergadering &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13599\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Fanie Olivier vaar uit teen skrywers en \u2018Christelike orrelmusiek\u2019&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":13598,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[154,10520,10522,10521],"class_list":["post-13599","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","tag-dan-roodt","tag-fanie-olivier","tag-pen-internasionaal","tag-pretoria-pen"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13599","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13599"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13599\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/13598"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13599"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13599"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13599"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}