{"id":13586,"date":"2012-10-17T04:48:40","date_gmt":"2012-10-17T04:48:40","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13586"},"modified":"2012-10-17T04:48:40","modified_gmt":"2012-10-17T04:48:40","slug":"vreeslose-felix","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13586","title":{"rendered":"Vreeslose Felix val vinnigste"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die Oostenrykse waaghals Felix Baumgartner (43) het met sy jongste poging &#8216;n hele paar rekords opgestel:<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die hoogste vryval;<br \/>Die hoogste bemande lugballonrit;<br \/>Die eerste vinnigste vryval;<br \/>Sowat 8 miljoen mense het hom op YouTube dopgehou: en<br \/>Hy is die eerste mens wat die klankgrens breek deur &#8216;n vryval.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit was al waaraan Baumgartner kon dink tydens sy bykans nege minute lange tuimel aarde toe. Die val is byna afgestel nadat sy gesigskerm op die laaste nippertjie begin opwasem het, maar die waaghals het besluit om deur te druk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het nie gedink aan w\u00eareldrekords wat gebreek gaan word of die wetenskaplike inligting wat sy vryval van 39 km sal oplewer nie, s\u00ea hy. Hy wou net bly leef.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Toe ek die eerste 10 of 20 sekondes van die sprong begin tol het, was ek teleurgesteld dat ek nie die rekord gaan haal waaraan ek sewe jaar van my lewe gewy het nie,&#8221; het hy aan verslaggewers ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit was &#8216;n vreesaanjaende val uit die hel uit, het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ek het nie geweet of ek uit die tol gaan kom of nie. Ek het al die pad ondertoe baklei, want ek het geweet daar moet &#8216;n oomblik wees wanneer ek dit kan hanteer.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Baumgartner het teen sowat 1 137 km\/h geval. Hy het uit &#8216;n kapsule onderaan &#8216;n heliumballon gespring.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die val na benede het sowat 9 minute geduur, waarvan 4 minute en 20 sekondes vryval was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis nie die langste vryval nie. Joe Kittinger, sy hoofraadgewer, het di\u00e9 rekord in 1960 opgestel. Kittinger (nou 84) het in 1960 teen 998 km\/h oor &#8216;n afstand van 31,3 km bo die aarde vrygeval.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Baumgartner het nie besef hy het die klankgrens gebreek nie. &#8220;Ek het dit nie gevoel nie. Ek dink dit gebeur agter jou.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Stelsel wat aan sy bors vasgeheg was, het inligting oor sy hartklop, asemhaling, veltemperatuur en ander lig\u00adgaams\u00adinligting versamel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 inligting sal navorsers help om valskerms vir spronge van ongewoon ho\u00eb hoogtes af te ontwerp.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/declarations.com.ua\/declaration\/nacp_6db6853a-316d-40e3-b386-777573bedb6b\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u0430\u0442\u0443\u0440\u0430 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Oostenrykse waaghals Felix Baumgartner (43) het met sy jongste poging &#8216;n hele paar rekords opgestel: Die hoogste vryval;Die hoogste bemande lugballonrit;Die eerste vinnigste vryval;Sowat 8 miljoen mense het hom op YouTube dopgehou: enHy is die eerste mens wat die klankgrens breek deur &#8216;n vryval. Dit was al waaraan Baumgartner kon dink tydens sy bykans &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13586\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Vreeslose Felix val vinnigste&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-13586","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13586","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13586"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13586\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13586"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13586"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13586"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}