{"id":13568,"date":"2012-10-14T08:50:27","date_gmt":"2012-10-14T08:50:27","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13568"},"modified":"2012-10-14T08:50:27","modified_gmt":"2012-10-14T08:50:27","slug":"god-seen-die-koningin","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13568","title":{"rendered":"God se\u00ebn die Koningin!"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Wanneer finansi\u00eble swendelaars ten koste van beleggers floreer of &#8216;n bank rentekoerse aanpas om hul mededingers te bedrieg of belastingontduikers van fiskale krisisse vlug of oliemonargie\u00eb winste was of oligargi\u00eb ekonomie\u00eb plunder, vind hulle nogtans &#8216;n veilige heenkome in Londen, &#8216;n moderne rowersparadys.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulle word deur die groot Britse makelaars verwelkom wat gretig is om hulle multi-miljoendollarboedels te bestuur, en aan hulle trofee-eiendomme en historiese wonings te verkoop. Deftige en pretensieuse Britse akademici oortuig hulle om ongekunstelde telge by die duurste privaatskole in te skryf met die belofte dat hulle verwaande Engels met &#8216;n stywe bolip sal bemeester, sonder enige sweem van &#8216;n onwelriekende aksent. Hulle sal aan daardie peperduur instellings ook die kuns van welsprekende maar nuttelose diksie vervolmaak en outomaties inskakel by die netwerk van soortgelykes.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Opeenvolgende Britse regerings, Arbeiders, Liberales en Konserwatiewes, in die beste en die mees skynheilige tradisie, het elk van die skuiwergate in die wet onder die knie om die grootste en rykste parasiete van die w\u00eareld te lok.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Misdaadgolf het die City van Londen die afgelope twee dekades getref waar miljoen\u00ear beleggingsbankiers die boeke vir miljard\u00ear kli\u00ebnte kook en die Tesourie afkoop met boetes om toepaslike wette te ignoreer. Kursusse in sake-etiek het verpligtend by Oxford en Cambridge geraak, aangesien dit standaard is vir mega-swendelaars om skuldig te pleit, daarna &#8216;n boete te betaal, en sodoende &#8216;n verblyf agter tralies te vermy.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Londen is die middelpunt van w\u00eareldwye finansi\u00eble kapitaal deur grootskaalse aktiewe samewerking met dwelmbaronne, wapen- en mensehandelaars en seksslaafkartels.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die stywe bolippe spesialiseer in die witwassery van fondse uit Mexiko, Colombia, Peru, Rusland, Pole, Tsjeggi\u00eb en Nigeri\u00eb. Wit slawehandelaars uit Albani\u00eb kan Britse bankiers wat by banke werk met &#8216;n voorkeur vir gegradueerdes van die London School of Economics, bekostig. Geld is al wat praat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir Griekse kleptokrate, almal lewenslange belastingontduikers, is Londen die tuiste waar hul gunsteling makelaars handjie bysit om onbehoorlike belastingopgawes te produseer. Die City neem die nodige inisiatief om di\u00e9 stand van sake te bewerkstellig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Britse amptenare is kundiges in grondwetlike presedente, waar die handhawing van die ontkenning van uitlewering aan elke geplunderde land as &#8216;n eer beskou word. Vra maar vir die Iere, Russe , Grieke en Spanjaarde. Ja, almal behalwe Julian Assange&#8230;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As die belastings wat die swendelaars in Londen wegsteek more teruggestuur word na hul onderskeie lande, sal Ierland, Rusland, Griekeland en Spanje se probleme waarskynlik opgelos wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe Barclays Bank die Liborkoers gemanipuleer het om voordeel te trek uit die rentekoersverskille, ten koste van die ander banke, het die bankiers dadelik almal saamgestem dat die oplossing is om die 290 miljoen pond boete te betaal, en om skuld te erken om &#8220;vertroue te herstel&#8221;. In wese was dit om ander banke te red. Barclay se groot &#8220;misdaad&#8221; was, natuurlik, die vergiftiging van die trog waaruit hul eweknie\u00eb en vennote vreet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die globale ekonomiese krisis is &#8216;n se\u00ebn vir Londen se eiendomsmark omdat oorsese miljoen\u00ears en miljard\u00ears, belastingontduikers, politieke plunderaars van die staatskas miljarde in wonings en dakwoonstelle stort om hul nessie mooi te veer. Superrykes val oor hul voete om gesogte woonstelle in Belgravia (Ebury Street, Eton Place, en Eton Square) Knightbridge, Mayfair (Parkstraat) te bekom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Britse regering se verdraagsaamheid en verwelkomende houding bied vermaak soos middagtee om 016h00, sjerrie teen 18h30, vars skindernuus oor Haar Majesteit se Hof en die koningin se verjaarsdagsvieringe en sportgebeurtenisse waar poloperde figureer. Hulle kweek ook dadelik &#8216;n voorliefde vir kultuur om by die stywe bolip te pas. Vergesel deur Oxbridge-kundiges word skilderye by Ordovas Saville Row, Richard Nagy op Old Bond Street, Frank Auerbach by die Malborough, beeldhouwerk by Jean &amp; Luc Baroni by St James en juwelierswarewinkels van Vacheron Constantin aangeskaf. Teen &#8216;n appel-en-ei natuurlik. Dit help ook baie met sosiale aanvaarding.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Nietige $14,4 miljard dollar alleen is op sentraal-Londense huise in 2010-2011 verkwis, almal argitektoniese voorbeelde van lelike ou gemufte Victoriaanse troukoeke. Tussen 2011 en die middel-2012, was 60 persent van eerste kopers in die Londense mark buitelandse miljoen\u00ears en miljard\u00ears s\u00ea die Financial Times.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die skynheilige Britte vereis opoffering, soberheid en dissipline van Griekeland, maar veroordeel nie die 1% Griekse kleptokrate nie. Volgens die IMF is die rykste 56.000 Grieke almal belastingontduikers. Volgens &#8216;n Amerikaanse studie van hul jaarlikse inkomste, word $28 miljard euro ($36 miljard USD) nooit aangeslaan nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die meeste van daardie geld word in Londen weggesteek. As die onwettige rekeninge belas word, of nog beter, gebruik word om te betaal vir die buitelandse skuld, sal die Griekse ekonomie dalk vinniger herstel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar misdaad betaal. Terwyl die middelklas sweet, is daar geen swaarkry te vinde in sentraal-Londen, die City, by regsgeleerdes, of opgeleide spesialissoldate nie. Bankswendelaars kan regsgeleerdes, huursoldate en afgetrede milit\u00eare middelrange in die beste tradisies van die ryk bekostig om baas te gaan speel iewers waar skatte l\u00ea en wag om ontgin te word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die krisisse? Dit is vir die ander sterflinge met die verkeerde poskodes. Waar slagoffers van misdaad hulpeloos toekyk hoe hulle geliefdes in vuil hospitaalsale sterf, waar die armes wag op uitsettings en waar diegene wat gelukkig genoeg was om te studeer en werk kan uitsien na skuld.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">God se\u00ebn die Koningin!<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/datakam.com.ua\/object\/filchakov-aleksandr\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wanneer finansi\u00eble swendelaars ten koste van beleggers floreer of &#8216;n bank rentekoerse aanpas om hul mededingers te bedrieg of belastingontduikers van fiskale krisisse vlug of oliemonargie\u00eb winste was of oligargi\u00eb ekonomie\u00eb plunder, vind hulle nogtans &#8216;n veilige heenkome in Londen, &#8216;n moderne rowersparadys. Hulle word deur die groot Britse makelaars verwelkom wat gretig is om &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13568\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;God se\u00ebn die Koningin!&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-13568","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13568","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13568"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13568\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13568"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13568"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13568"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}