{"id":13559,"date":"2012-10-11T05:45:27","date_gmt":"2012-10-11T05:45:27","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13559"},"modified":"2012-10-11T05:45:27","modified_gmt":"2012-10-11T05:45:27","slug":"die-nar-dans-dans-vir-sy-gehoor","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13559","title":{"rendered":"Die nar dans vir sy gehoor"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/10\/deklerknobel.jpg\" \/>Terwyl Suid-Afrika gebuk gaan onder groeiende geweld, baie erger as onder apartheid, geniet die skepper van die Nuwe Suid-Afrika, FW de Klerk, die internasionale kalklig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het onlangs in die VSA in sy sterstatus gebaai toe oud-Nobelpryswenners vereer is.  De Klerk, &#8216;n vredespryswenner, staan naas wenners soos president Barack  Obama wat onwettig onbemande tuie stuur om burgerlikes &#8211; vroue en  kinders &#8211; in lande te gaan vermoor waarteen sy land nie oorlog verklaar  het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In &#8216;n hoofartikel in die Britse Financial Times van Woensdag, vra die skrywer waarom Obama, &#8216;n voormalige regsleraar, nie ag slaan op die diepgaande studie van die gesaghebbende <em>Bureau of Investigative Journalism<\/em> wat aandui dat &#8216;n ho\u00eb persentasie burgerlikes in onbemande aanvalle sneuwel nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In nog &#8216;n studie van NY en Stanford se universiteite, is bevind dat net 2% van die mense wat in sulke aanvalle doodgemaak word, eintlik terroriste is! Die slagoffers van die aanvalle word glo deur &#8220;patrone van optrede&#8221; geteiken omdat harde intelligensie ontbreek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit laat &#8216;n vraagteken oor ten minste een van die Nobelspryswenners. Die geweld in Suid-Afrika wat sedert 1994 aansienlik toegeneem het, moet &#8216;n kopseer vir Suid-Afrikaanse ontvangers van die prys wees. Wit Afrikanerboere is 13 keer meer kwesbaar vir &#8216;n dodelike aanval as Suid-Afrika se gewone misdaadslagoffer!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">De Klerk se &#8220;aansien&#8221; beteken dus net mooi niks vir Afrikaners nie. Inteendeel, dit wil voorkom asof die vernietiging van sy eie mense, sy rol as &#8216;n internasionale rolspeler eerder verhoog.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 verwikkeling is des te meer duidelik, omdat die mediamonopolie wat De Klerk se verraad goedgepraat het en help deurvoer het, tans ewe hard besig is om die Afrikaner verder af te takel. Die poging word duidelik van iewers ge\u00f6rkestreer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Media24, tesame met die SAUK se Afrikaanse diens, het blykbaar hulle kragte geko\u00f6rdineer om Piet Retief, Racheltjie de Beer en Eugene Marais se erfenis te vernietig met &#8220;onthullings&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die &#8220;onthullings&#8221; oor ons belangrike geskiedkundige figure, is nie nuut nie. Elke liefhebber van die geskiedenis weet dat Retief geldelike probleme gehad het, soos baie ander trekkers wat deur onregverdige owerhede uitgemergel is. Daaroor natuurlik nie &#8216;n woord nie. Die hele aftakeling van Retief is erg eensydig, &#8216;n uitmuntende voorbeeld van wat hans-kakies sal geniet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Racheltjie de Beer, die Afrikaanse kinderheldin wat haar boetie van verkluiming gered het, is volgens Media24 &#8216;n versinsel van ons digter Eugene Marais wat hy uit Amerika gesteel het. &#8216;n Kenner van Marais het die ikonoklaste egter daaran herinner dat daar nie pos per vliegtuig afgelewer is in Marais se tyd nie, dus is hul &#8220;onthulling&#8221; baie verdag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om Marais &#8211; wat sekerlik &#8216;n ho\u00eb premie op oorspronklikheid gestel het soos sy baanbrekerswerk kan getuig &#8211; te beskuldig van diefstal, is eintlik lagwekkend! &#8216;n Mens wonder hoeveel Amerikaners en Britte eerder van Marais se idees &#8220;geleen&#8221; het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dat Marais se naam skielik opduik en Chris Barnard op sy plaas aangeval word, is seker ook &#8220;blote toeval&#8221;, nou dat Afrikaners die soveelste aanslag moet verduur van &#8220;hul&#8221; media.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/events\/3870248\/\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0456\u0439 \u0431\u0440\u043e\u043d\u0456\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Terwyl Suid-Afrika gebuk gaan onder groeiende geweld, baie erger as onder apartheid, geniet die skepper van die Nuwe Suid-Afrika, FW de Klerk, die internasionale kalklig. Hy het onlangs in die VSA in sy sterstatus gebaai toe oud-Nobelpryswenners vereer is. De Klerk, &#8216;n vredespryswenner, staan naas wenners soos president Barack Obama wat onwettig onbemande tuie stuur &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13559\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die nar dans vir sy gehoor&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":13558,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-13559","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13559","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13559"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13559\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/13558"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13559"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13559"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13559"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}