{"id":13549,"date":"2012-10-10T05:24:18","date_gmt":"2012-10-10T05:24:18","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13549"},"modified":"2012-10-10T05:24:18","modified_gmt":"2012-10-10T05:24:18","slug":"limpopo-totaal-korrup","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13549","title":{"rendered":"Limpopo totaal korrup"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Limpopo se staatsdepartemente het R2,67 biljoen se onre\u00eblmatige uitgawes aangegaan gedurende die 2011\/12 finansi\u00eble jaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Verdere R175 miljoen is as ongeoorloofde uitgawes spandeer en R131 miljoen is as vrugtelose  en nodelose uitgawes deur die Ouditeur-Generaal (OG)  geklassifiseer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Geen provinsiale departement het aan die norm voldoen en  gedurende die 2011\/12 finansi\u00eble jaar &#8216;n skoon oudit ontvang nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die provinsiale Staande Komitee oor Openbare Rekeninge, (Skoor) voorsitter, Derrick Ngobeni het Donderdag tydens &#8216;n mediakonferensie ges\u00ea dat die komitee baie bekommerd daaroor is dat drie departemente, naamlik gesondheid, onderwys en openbare werke se finansi\u00eble state deur die OG se kantoor afgewys is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit beteken dat die  OG se kantoor  nie &#8216;n opinie kon uitspreek oor die departemente se finansi\u00eble state nie, omdat ondersteunende dokumente ontbreek het om transaksies te bewys, en amptenare in die departemente  nie met die OG se kantoor saamgewerk het nie, het Ngobeni ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar kan dus nie van openbare fondse in die drie departemente verantwoording gegee word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Twee munisipaliteite, naamlik Fetakgomo en die Waterberg Distrik Munisipaliteit het voldoen aan die vereistes en &#8216;n skoon oudit gekry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ngobeni het versoek dat die swakhede baie dringend aangespreek moet word as   die doelwit van &#8216;n skoon oudit in 2014  bereik wil word deur die provinsie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het verder ges\u00ea dat die finansi\u00eble proses ook moet wegbeweeg vanaf bloot  voldoen aan die vereistes  na &#8216;n dienslewerings-oudit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die feit dat amptenare steeds besigheid doen met departemente is &#8216;n duidelike bewys dat beamptes wat verslag moet gee en verantwoordelikheid moet aanvaar, die  hoofde van departemente, nie daartoe in staat is of nie gewillig is om die voorskrifte van die Staatsdienswet  en Skoorresolusies te aanvaar en uit te voer nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verder moet billike pryse wat markverwant is vir dienste en goedere betaal word, het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die OG se verslag dui verder daarop dat aankoopprosedures wat nie mededingend en nie billik is nie gevolg word, asook dat daar nie voldoende interne beheermaatre\u00ebls  en kontroles bestaan nie,&#8221; het Ngobeni ges\u00ea.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/declacar.com.ua\/persons\/%D0%A4%D1%96%D0%BB%D1%8C%D1%87%D0%B0%D0%BA%D0%BE%D0%B2_%D0%9E%D0%BB%D0%B5%D0%BA%D1%81%D0%B0%D0%BD%D0%B4%D1%80_%D0%92%D0%B0%D1%81%D0%B8%D0%BB%D1%8C%D0%BE%D0%B2%D0%B8%D1%87-490462\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Limpopo se staatsdepartemente het R2,67 biljoen se onre\u00eblmatige uitgawes aangegaan gedurende die 2011\/12 finansi\u00eble jaar. &#8216;n Verdere R175 miljoen is as ongeoorloofde uitgawes spandeer en R131 miljoen is as vrugtelose en nodelose uitgawes deur die Ouditeur-Generaal (OG) geklassifiseer. Geen provinsiale departement het aan die norm voldoen en gedurende die 2011\/12 finansi\u00eble jaar &#8216;n skoon oudit &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13549\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Limpopo totaal korrup&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-13549","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13549","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13549"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13549\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13549"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13549"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13549"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}