{"id":13544,"date":"2012-10-09T11:43:11","date_gmt":"2012-10-09T11:43:11","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13544"},"modified":"2012-10-09T11:43:11","modified_gmt":"2012-10-09T11:43:11","slug":"amerikaanse-isolasionisme","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13544","title":{"rendered":"Amerikaanse isolasionisme?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Onder die nuwe Amerikaanse doktrine van buitelandse betrokkenheid sal die afwesigheid van dwingende Amerikaanse belang beteken dat die lot van &#8216;n land soos Siri\u00eb in die hande van die Siriese mense of naburige lande gelaat sal word, skryf George Friedman van Stratfor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Verenigde State sal voortaan nie bereid wees om die koste en laste te dra van elke buitelandse kwessie nie, s\u00ea Stratfor se voorsitter.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Nuwe era van Amerikaanse isolasionisme het aangebreek omdat dit algaande duidelik raak dat die VSA se mag en invloed perke het. Nie alles wat in die w\u00eareld gebeur sal voortaan Amerikaanse ingryping vereis of regverdig nie, aldus Friedman.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nie een van die twee presidensi\u00eble kandidate sal dus iets kan verander aan hierdie grense wat aan hulle opgedwing word nie, aangesien die president alleen nie oor die mag beskik om sulke besluite te neem nie. Alhoewel Romney se buitelandse beleidsverklaring van Dinsdag milit\u00eare ingryping in Siri\u00eb voorspel, is dit waarskynlik eerder vir &#8216;n sekere gehoor bedoel, as om die milit\u00eare kompleks oor te haal tot aksie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die globale stelsel wankel tans onder die gebrek aan likwiditeit waarvoor daar geen oplossings blyk te wees nie. Die dollar se rol as reserwegeldeenheid is besig om onder geweldige druk te kom, wat die w\u00eareld gaan dwing om baie dinge te heroorweeg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is &#8216;n Amerikaanse verskuiwing besig om plaas te vind op &#8216;n manier wat talle nog nie opgemerk het nie, behalwe vir &#8216;n sekere afwesigheid wat hulle beskou as &#8216;n manifestasie van Amerikaanse mislukking.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gegewe dat daar &#8216;n Amerikaanse presidensi\u00eble verkiesing aan die gang is, maak dit hierdie verskuiwing waarskynlik vir talle nog moeiliker om vas te pen en te begryp.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Friedman se kernargument oor Amerikaanse buitelandse beleid is dat die werklikheid, dws landsbelang &#8211; en nie presidente of beleidsverklarings nie &#8211; die land se buitelandse beleid gaan bepaal. Die Verenigde State kan nie meer net van milit\u00eare oorheersing gebruik maak om hulle invloed te bestendig nie, want dit het reeds misluk as &#8216;n enigste opsie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Meer subtiele aanslag met dieselfde uitkoms is al waarvoor hulle kan hoop, en hulle sal noodgedwonge gebeure hul eie koers moet laat inslaan in heersende konflikte.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om dus te kies tussen om Amerikaanse selfgelding van nasionale belang te verhoog, of om menseregte te beskerm, is hoogtstens verkiesingspraatjies. Die globale stelsel sal inderhaas herontwerp moet word om te fokus op ekonomiese noodsaaklikhede en dit sal beteken dat talle huidige brandpunte laat vaar sal word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die beperkinge van die afgelope dekade weeg swaar op die Verenigde State, en dus sal die land die manier waarop die w\u00eareld werk nie alleen meer kan stuur nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit ontstel die internasionale stelsel, veral Amerikaanse se bondgenote. Dit skep ook spanning in die Verenigde State self. Die land sal in elk geval eers weer hul eie demografiese werklikhede moet takseer voordat hulle rasvermenging en diversiteit begin uitvoer en afdwing.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/odessamedia.net\/obzor-druzei\/pochemu-v-harkove-doveryayut-mestnoi-vlasti-i-gordyatsya-svoim-gorodom\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u043f\u043e\u043b\u0438\u0442\u0438\u043a<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Onder die nuwe Amerikaanse doktrine van buitelandse betrokkenheid sal die afwesigheid van dwingende Amerikaanse belang beteken dat die lot van &#8216;n land soos Siri\u00eb in die hande van die Siriese mense of naburige lande gelaat sal word, skryf George Friedman van Stratfor. Die Verenigde State sal voortaan nie bereid wees om die koste en laste &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13544\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Amerikaanse isolasionisme?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-13544","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13544","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13544"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13544\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13544"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13544"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13544"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}