{"id":13536,"date":"2012-10-08T08:45:43","date_gmt":"2012-10-08T08:45:43","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13536"},"modified":"2012-10-08T08:45:43","modified_gmt":"2012-10-08T08:45:43","slug":"romney-olifant-in-n-porseleinwinkel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13536","title":{"rendered":"Romney: Olifant in &#8216;n porseleinwinkel"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">As Mitt Romney president word, gaan die VSA se beeld in die buiteland erg skade ly. Romney het al meer in die paar kort weke gedoen as presidentskandidaat om vyande oorsee te maak, as wat George W. Bush nie in twee termyne kon vermag nie.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het Britte en Palestyne tydens &#8216;n somertoer in die buiteland met lompe uitlatings verras en het intussen ook verklaar dat Rusland Amerika grootste geopolitieke vyand is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tot die verbystering van sy gehoor tuis en elders, het hy net verlede week weer die wenkbroue laat lig deur die Spaanse regering se besteding te kritiseer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pro-Amerikaanse Spanjaarde is verward, juis op &#8216;n tydstip dat linkse vrae oor die September 11-aanvalle op die Amerikaanse Konsulaat in Benghazi, Libi\u00eb, president Barack Obama ook op die verdediging het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Spanje het byna 1500 troepe in Afghanistan. Die land het vegvliegtuie, hervullingsvliegtuie en seeskepe beskikbaar gestel aan die VSA se NAVO-sending in Libi\u00eb!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ek wil nie die pad van Spanje loop nie,&#8221; het Romney Woensdagaand tydens die eerste presidensi\u00eble debat ges\u00ea. Hy het aangevoer dat die regering se uitgawes onder Obama vergelykbaar is met Amerika se goeie NAVO-bondgenoot s&#8217;n.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die opmerking was Romney se jongste internasionale<em> faux pas<\/em>. Die gebrek aan sensitiwiteit toon dat Romney geen rol as die leier van die w\u00eareld se top milit\u00eare, ekonomiese en diplomatieke mag behoort te speel nie. As Romney oorneem, sal hy NAVO se invloed waarskynlik nog meer skade berokken as tans.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Niemand beweer dat Spanje se situasie nie ernstig is nie, die ekonomie in &#8216;n diep resessie verkeer en werkloosheid by die 25 persent trek nie. Maar Spanje se vlak van staatsbesteding is eintlik laag gemeet aan Europese standaarde, en aansienlik minder as Duitsland en die Skandinawiese lande s&#8217;n met baie gesonder ekonomiese vooruitsigte. Spanje se ellende is hoofsaaklik veroorsaak deur die ineenstorting van &#8216;n eiendomsborrel van meer as &#8216;n dekade.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Spaanse reaksie op Romney was vinnig. &#8220;Wat ek sien is onkunde van wat die werklikheid is, maar veral van die potensiaal van die Spaanse ekonomie,&#8221; s\u00ea Adjunkpremier Soraya Saenz de Santa.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Romney se rekord van problematiese diplomatieke uitsprake, soos om Rusland &#8211; nie China nie &#8211; uit te sonder, het die Russiese president Vladimir Poetin genoop om Rusland se teenkanting teen Amerika se missielafweerplanne in Europa te herhaal en hy het ges\u00ea dit &#8220;versterk Rusland se<br \/>posisies in gesprekke oor hierdie belangrike en sensitiewe onderwerp.&#8221;<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Amerikaanse kandidaat het vroe\u00ebr Brittanje oor die voorbereidings vir die Londense Olimpiese Spele gekritiseer. Romney se kommentaar het Amerika se naaste bondgenoot stom gelaat. Romney het daarna die aangeleentheid vererger deur na &#8216;n private vergadering met Brittanje se spioenasiediens MI6 te verwys, in &#8216;n wesenlike verbreking van protokol.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Israel, het hy verklaar dat Jerusalem die hoofstad van die Joodse staat is, &#8216;n standpunt wat opeenvolgende Amerikaanse regerings geweier het om tot dusver te aanvaar, al vir dekades lank.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op &#8216;n byeenkoms van Amerikaanse Joodse skenkers, het Romney ge\u00efmpliseer dat Israel ook meer gevorderd as die Palestyne is as gevolg van &#8220;kulturele meerderwaardigheid&#8221;, &#8216;n interessante mening aangesien baie Joodse gebruike nie gemoderniseer is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Republikeine het intussen fees gevier na die openbare debat tussen Obama en Romney verlede week, nadat Romney beter vertoon het as die huidige president.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Obama het foute gemaak gedurende die geleentheid wat lewendig uitgesaai is. Hy het egter &#8216;n nuwe kritikus ook bygekry: Homself.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Obama het die naweek onder luide applous op die verhoog gestap na optredes deur die sangers soos Katy Perry, Jon Bon Jovi en Stevie Wonder en skalkse opmerkings deur die akteur George Clooney.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het hulle gelukgewens met hul foutlose optredes en toe s\u00ea: &#8220;Ek kan nie altyd dieselfde s\u00ea nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het daarmee die nodige punte aangeteken wat hy tydens die debat met Mitt Romney Woensdag afgestaan het. Ondersteuners in die skare het sy &#8220;nederigheid&#8221; terde\u00eb geniet.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.finobzor.com.ua\/novosti\/nid\/29382\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>As Mitt Romney president word, gaan die VSA se beeld in die buiteland erg skade ly. Romney het al meer in die paar kort weke gedoen as presidentskandidaat om vyande oorsee te maak, as wat George W. Bush nie in twee termyne kon vermag nie. Hy het Britte en Palestyne tydens &#8216;n somertoer in die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13536\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Romney: Olifant in &#8216;n porseleinwinkel&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-13536","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13536","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13536"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13536\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13536"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13536"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13536"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}