{"id":13532,"date":"2012-10-07T05:34:50","date_gmt":"2012-10-07T05:34:50","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13532"},"modified":"2012-10-07T05:34:50","modified_gmt":"2012-10-07T05:34:50","slug":"sa-krisis-is-deur-dinokeng-scenarios-voorspel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13532","title":{"rendered":"SA krisis is deur Dinokeng-scenario\u2019s voorspel"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/images\/stories4\/roodt_fbfoto.jpg\" \/>Die  frustrerende aspek van Suid-Afrika is dat die land voortstrompel op pad  na \u2018n voorspelde ramp. Soos \u2018n slaapwandelaar onderweg na \u2018n afgrond,  gil en skree \u2018n mens, maar die pasi\u00ebnt word nie wakker nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir  liberale en linkses, is dit maklik om geregverdigde vrese oor die land  se toekoms as \u201cregse\u201d of konserwatiewe vooroordele af te lag. Tussen  2008 en 2009 het \u2018n hele klomp swart leiers en enkele liberale blankes  egter <a href=\"http:\/\/www.dinokengscenarios.co.za\/\">werkswinkels by Dinokeng<\/a> gehou om drie uitwe\u00eb of scenario\u2019s vir Suid-Afrika te voorspel. Selfs  Gra\u00e7a Machel was op die paneel verteenwoordig. So ook Ryan Coetzee, die  DA-strateeg en Kallie Kriel van Solidariteit\/Afriforum. Ander  Dinokeng-name, wat sekerlik deur die hoofstroom- linksliberale media en  deur die buiteland as \u201cbelangrik\u201d geag sou word, is: Miriam Altman,  Reuel Khoza, Yogan Naidoo, Frans Baleni, Njongonkulu Ndungane, Ann  Bernstein, Antjie Krog, Maite Nkoana-Mashabane, Nkosinathi Biko, Thandi  Nontenja, Cheryl Carolus, Mary Malete,&nbsp;&nbsp;&nbsp; Thami ka Plaatjie, Angela  Coetzee, Vincent Maphai, Mamphela Ramphele, Rick Menell, Sonja Sebotsa,  Paul Hanratty, Daniel Mminele,&nbsp;&nbsp;&nbsp; Raenette Taljaard, Bob Head, Namhla  Mniki, Mathatha Tsedu, Haniff Hoosen, Aaron Motsoaledi, Sim Tshabalala,  Moemedi Kepadisa, Jay Naidoo en Musa Zondi.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar  is seker heelwat geld op die Dinokeng-\u201dproses\u201d, soos dit genoem is,  geblaas en kort na afloop daarvan het heelwat artikels daaroor in die  media verskyn. Intussen het dieselfde joernaliste en kommentators egter  gerieflikheidshalwe van hul selfversekerde voorspellings en ontledings  vergeet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n  Boek is insgelyks oor die Dinokeng-scenario\u2019s uitgegee, wat in PDF-vorm  van die Dinokeng-webwerf afgelaai kan word (sien skakel hier bo).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  Dinokeng-span het egter drie uitwe\u00eb vir Suid-Afrika voorspel: \u201cLoop  apart, loop agter en loop saam.\u201d Uiteraard het die span die Amerikaanse  \u201cre\u00ebnboognasie\u201d-begrip vooropgestel en is \u201cloop saam\u201d as die ideaal  voorgehou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cLoop  saam\u201d word s\u00f3 beskryf: \u201cDi\u00e9 is \u2018n scenario van aktiewe burgerlike  skakeling met \u2018n regering wat doeltreffend is en luister. Dit vra die  deelname van burgers wat beter dienslewering en  regeringsverantwoordelikheid vereis. Dit hang af van die wil en vermo\u00eb  van burgers om hulle te organiseer en om met die owerheid in gesprek te  tree, en van die gehalte van politieke leierskap en die bereidheid van  sodanige leiers om met burgers te skakel.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tensy  \u2018n mens blind is &#8211; of vir Naspers\/Media24 werk &#8211; kan \u2018n mens vrylik  konstateer dat hierdie gunstige scenario nie verwesenlik is nie. Die  ANC-bewind steur hom nie aan die menings van burgers nie &#8211; of dit nou  oor water, elektrisiteit, dienslewering, taal, plekname of veiligheid  gaan. Selfs die ANC se eie kiesers brand nou meer openbare geboue en  motorbande as ooit onder PW Botha, sondat dat die regerende party hom  hoegenaamd daaraan steur. Intussen is ANC-maghebbers bloot besig om hul  sakke te vul en onder mekaar oor die buit te baklei.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  tweede scenario wat die Dinokeng-groep ge\u00ebien het, is di\u00e9 van \u201cloop  agter\u201d. Dit behels \u2018n soort Sowjet-staat waar alles sosialisties beplan  word. Josef Stalin het mos die \u201cvyfjaarplan\u201d w\u00eareldberoemd gemaak. Ook  Frankryk is lief vir sulke staatsgedrewe \u201cplanne\u201d, maar die Franse slaag  darem daarin om sommige planne te laat werk, hoewel die beperkings van  sulke \u201cdirigisme\u201d soos hulle dit noem, insgelyks die land van sy volle  potensiaal weerhou. Byges\u00ea: anders as Suid-Afrika, beskik Frankryk oor  hoogs opgeleide staatsamptenare, wat redelik onafhanklik van die  politici, die staatsdiens en groot openbare ondernemings bestuur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hier  by ons sit ons natuurlik met \u201ckaderontplooiing\u201d wat ongeag  kwalifikasies of vermo\u00ebns geskied. Dog die Dinokeng-span sien di\u00e9  scenario as negatief vir die land omdat \u201csterk staatsinmenging  privaatonderneming deur die sakesektor en burgerlike gemeenskap  verdring. Die risiko\u2019s van hierdie scenario is tweeledig: eerstens, dat  die land onhoudbare skuldvlakke opbou; tweedens dat die staat toenemend  outorit\u00ear raak.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Is  hiedie scenario dalk in ons land verwesenlik? Daar is sekerlik elemente  daarvan, soos die ANC se voorneme om te nasionaliseer en boere se grond  af te neem, maar oor die algemeen weerhou die ANC se onbekwaamheid hom  daarvan om \u2018n werklike ystergreep, soortgelyk aan di\u00e9 wat in totalit\u00eare  Oos-Europese lande onder kommunisme gegeld het, te verkry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  derde Dinokeng-scenario van \u201cloop apart\u201d is egter die mees negatiewe.  Ons kan dit ook, ten einde enige verwarring met apartheid te voorkom,  \u201cstort in duie\u201d noem. Vir alle praktiese doeleindes behels dit \u2018n staat  wat misluk. Volgens die Dinokeng-span gaan dit vir die leiers om \u2018n  speletjie van \u201cvrot-eier\u201d waar een faksie of elitegroep \u2018n ander  vervang. Geen van die land se uitdagings of probleme word aangespreek  nie. Daar heers veral \u201cswak kapasiteit in regeringsdepartemente\u201d en  politieke faksionalisme wat die staat kortwiek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos  die Dinokeng-span dit stel: \u201cDie burgerlike gemeenskap raak toenemend  vervreem soos wat openbare vertroue in openbare instellings afneem. Die  staat word toenemend deur burgers vermy, wat daartoe lei dat  onverantwoordbare groepe mag of beheer oor sekere dele van die  maatskappy verkry. Die gaping tussen leiers en volgelinge raak groter.  Burgers se geduld raak uiteindelik op en gaan oor tot betogings en  onrus. Die regering, wat daartoe gedryf word deur sy onvermo\u00eb om aan  burgers se eise en verwagtinge te voldoen, reageer brutaal, en \u2018n  spiraal van weerstand en verdrukking word ontketen. Verval en  desintegrasie neem oor.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Enigeen  wat ons situasie nugter beskou, sal saamstem dat die \u201cloop  apart\u201d-scenario dit die beste opsom. Oral is daar betogings, stakings en  geweld soos vragmotors wat verbrand word wat die staat slegs deur  hardhandige optrede soos tydens die Marikana-slagting kan afweer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl  die Dinokeng-scenario\u2019s veronderstel was om oor \u2018n dekade vanaf 2009  uit te speel, is die uiters negatiewe \u201cloop apart\u201d-scenario egter binne  slegs drie jaar verwesenlik! Dus het dit nie tien jaar geneem soos die  scenario-voorspellers aanvanklik gedink het nie. Dit is iets wat ek ook  tydens my tydperk in die finansi\u00eble markte geleer het: dinge gebeur  altyd vinniger as wat mens dink. Teen die tyd dat jy \u2018n toekomstige  mark- of maatskaplike beweging in die vooruitsig stel, gebeur dit klaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uiteraard  was die idealistiese, liberale \u201cloop saam\u201d-scenario van die begin af  gedoem omdat Suid-Afrika in 1994 die verkeerde politieke stelsel verkry  het wat alle mag in die hande van \u2018n voormalige terroristebende  gekonsentreer het. Indien ons oor \u2018n federale stelsel soos die VSA,  Duitsland of veral Switserland beskik het, sou die land veel meer  suksesvol gewees het en in staat om huidige probleme die hoof te bied.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Afrikaners  sal moet aanvaar dat mnr. FW de Klerk, asook sy Britse en Amerikaanse  meesters, se visie vir Suid-Afrika as \u201cklein Engeland waar almal vir een  regering stem\u201d totaal misluk het. Te midde van die toenemende anargie  sal ons ons eie planne moet maak. \u2018n Herrese Afrikanerdom kan op die  lang duur die land en die streek net ten goede strek, omdat daar  uiteindelik \u2018n stabiele pool sal ontstaan waaromheen die samelewing hom  kan herrangskik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Is ons reg vir die uitdaging?<\/p>\n<h4><a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/praag.co.cc\/af\">PRAAG het oplossings. Ondersteun ons!<\/a><\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/vlast\/28.08.2014\/naznachen_novyj_prokuror_harkovskoj_oblasti\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die frustrerende aspek van Suid-Afrika is dat die land voortstrompel op pad na \u2018n voorspelde ramp. Soos \u2018n slaapwandelaar onderweg na \u2018n afgrond, gil en skree \u2018n mens, maar die pasi\u00ebnt word nie wakker nie. Vir liberale en linkses, is dit maklik om geregverdigde vrese oor die land se toekoms as \u201cregse\u201d of konserwatiewe vooroordele &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13532\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;SA krisis is deur Dinokeng-scenario\u2019s voorspel&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[154,10517,10519,10518,2242],"class_list":["post-13532","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-dan-roodt","tag-dinokeng","tag-marikana","tag-scenarios","tag-suid-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13532","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13532"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13532\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13532"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13532"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13532"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}