{"id":13512,"date":"2012-10-01T13:01:02","date_gmt":"2012-10-01T13:01:02","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13512"},"modified":"2012-10-01T13:01:02","modified_gmt":"2012-10-01T13:01:02","slug":"dis-soms-wys-om-te-vrees","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13512","title":{"rendered":"Dis soms wys om te vrees"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Met die publikasie van Gustav Venter se debuutroman van 91 000 woorde, <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/praag.org.za\/index.php?page=shop.product_details&amp;category_id=7&amp;flypage=gk_flypage.tpl&amp;product_id=54&amp;option=com_virtuemart&amp;Itemid=3&amp;vmcchk=1&amp;Itemid=3\">Die amigdala van Alrina Smal<\/a>, het <a href=\"about:blank\">praag.co.za<\/a> &#8216;n onderhoud met hom gevoer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Ten  eerste, wat het u besiel om so &#8216;n omstrede tema te kies (seksuele  aanranding van &#8216;n swartman op &#8216;n blanke vrou, gevolg deur haar abnormale  rassehaat jeens alle swartes)?<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek het dit aanvanklik as \u2019n &nbsp;kortverhaal beplan in reaksie op die  beskuldiging, of eerder belediging, van \u201cblanke vrees&#8221;. \u2019n &nbsp;Paar jaar  gelede is daar baie in die liberale pers en vanuit swart geledere  gesmaal oor wat hulle as \u2019n &nbsp;onredelike vrees onder blanke mense vir  swart mag gesien het. Vir hulle was redelike voorsorgmaatre\u00ebls soos  beveiligde woongebiede asook die uitvlug van blanke mense na die  buiteland, \u2019n manifestasie van hierdie vrees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek  het nooit ontken dat di\u00e9 vrees bestaan nie, maar het deurgaans  geredeneer dat hierdie nie \u2019n &nbsp;ongegronde vrees is nie. Hierdie is \u2019n  redelike en intelligente vrees. Ek dink daar is te min van hierdie  vrees. Ons neem die bedreiging nie ernstig genoeg op nie en daarom sterf  soveel van ons mense wreedaardig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  vraag wat ek as skrywer gevra het, is wanneer word hierdie vraag \u2019n  nagmerrie en in watter fiktiewe feitestel is dit op sy ergste. Dit gaan  natuurlik oor weerloosheid en niks is meer weerloos as \u2019n vrou wat  magteloos in die greep van \u2019n &nbsp;man is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Is  Alrina Smal se vrees na haar ervaring \u2019n &nbsp;abnormale vrees? Ek dink juis  dit is normaal, \u2019n &nbsp;geregverdigde vrees, as jy dan wil.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Hoe lank skryf u al fiksie en waarom het u tot nou toe gewag om &#8216;n roman te publiseer?<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">My  eerste poging om \u2019n &nbsp;roman te skryf was as sewejarige in Laerskool  Bredell! My onderwyseres, Tannie Wolla Troskie (sy was my ma se  boesemvriendin) het met elke langpouse die notaboekie waarin ek dit  geskryf het, personeelkamer toe geneem om dit vir die ander onderwysers  voor te lees, tot hulle groot vermaak. Dit was onbeskaamde plagiaat van  Mikro se Ruiter in die nag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is verwag dat ek \u2019n &nbsp;boek voor my tiende verjaarsdag sou gereed h\u00ea. Ek is nou vyftig, so ek is veertig jaar agter skedule.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Is  dit omdat ek vir iets gewag het? Ek weet nie. Dis nie dat ek nie  probeer het nie. Ek het \u2019n &nbsp;stapel onvoltooide boeke in my \u201claai\u201d.  Miskien \u2019n &nbsp;gebrek aan vertroue in my ambagsvermo\u00eb. Ek wou nie iets  uitgee voor ek nie seker is dat ek darem die basiese vaardighede van \u2019n  &nbsp;skrywer opgedoen het nie, en het deurgaans hard daaraan gewerk om dit  te slyp. Kom ons s\u00ea dan maar dat dit net \u2019n &nbsp;baie lang vakleerlingskap  was. Wat natuurlik ver van voltooi is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>In  Die amigdala van Alrina Smal is daar heelwat sprake van kliniese  sielkunde en selfs neurologie. Moes u heelwat oor di\u00e9 onderwerpe oplees  en vanwaar die belangstelling daarin?<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een  skrywer wat vir my goedbedoelde raad gegee het was Oom Hendrik (HS) van  Blerk. As seun het ek op \u2019n &nbsp;Voortrekkerkamp, sonder dat ek weet hy kan  my hoor \u2013 hy was die busbestuurder \u2013 verklaar dat ek \u2019n &nbsp;skrywer wil  word. Hy het verskyn en vir my ges\u00ea as ek \u2019n &nbsp;skrywer wil wees, moet ek  \u201calles onder die son weet\u201d. Ek het nie presies geweet wat hy bedoel het  nie (ek weet nou nog nie) maar ek het van toe af myself beywer om feite  te versamel soos ander mense s\u00ea nou maar posse\u00ebls versamel. So ek het \u2019n  &nbsp;belangstelling in heeltemal te veel dinge.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek  vind neurologie, en veral die ontploffing van kennis daaroor wat deur  nuwe tegnologie moontlik gemaak is, baie interessanter as sielkunde. My  belangstelling is eerder in sielkundiges as sielkunde. Wat is dit wat  iemand &nbsp;laat glo hy kan in \u2019n &nbsp;ander mens se kop rondkrap en dit  herbedraad om gedrag te verander?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou  is dit so dat ek \u2019n &nbsp;hele paar sielkundiges leer ken het en almal van  hulle is nou goeie vriende van my. Hulle is almal kleurryke mense en  heeltemal openhartig oor wat hulle doen, hoe hulle dit doen en wat hulle  daarmee wil bereik en nie bereik het nie. Vir \u2019n &nbsp;skrywer kan daar  beswaarlik \u2019n &nbsp;boeiender gedaante as die sielkundige wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Die  boek speel in Johannesburg af, &#8216;n stad wat slegs by rare geleenthede in  Afrikaanse romans beskryf word. Waarom Johannesburg en nie, s\u00ea maar,  Pretoria, Kaapstad of een of ander plattelandse dorp nie?<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek  meen die Noord-Johannesburgse Afrikaner bevind hom in \u2019n besondere,  liberale geologiese stratum. In sosiale bewussyn ag hulle hulle as darem  \u2019n &nbsp;trappie ho\u00ebr as die Pretorianer. Hulle is nog nie verlam met die  angs van selfveragting soos ons dit in blanke Engelse kringe aantref  nie, maar hulle voel hulle het die lewe in die rassismeslykpoel oorleef  en leef nou werklik in \u2019n postrassebestel. En hulle glo hulle kan dit  doen sonder om hulle blanke identiteit op te offer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat rassebewussyn betref, bevind hulle hulle op die presiese breuklyn wat ek vir my storie nodig gehad het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Hoe sou u die politiek van Alrina Smal en haar man, Darren, beskryf?<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">O,  ek sou dit heeltemal anders as hulleself beskryf. Soos baie Afrikaners  weet hulle instinktief dat die oorplanting van \u2019n &nbsp;Westerse politieke  stelsel op Afrika eintlik saad op die rotse is. Hulle sien nie kans om  vir die ANC te stem nie, maar het terselfdertyd \u2019n &nbsp;afsku in die  Afrikaner se politieke geskiedenis. Hulle kan polities nie vorentoe nie  en hulle kan nie agtertoe nie. So hulle beskou hulleself as \u201capolities\u201d.  Verhewe bo politiek. Raak nie daaraan nie, proe nie daaraan nie.  Eintlik het hulle maar net politieke oogklappe op.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Op  enkele plekke laat sekere karakters of figure in die boek hulle baie  negatief oor swartmense uit en gebruik byvoorbeeld die K-woord. Dink u  daar is genoeg spraakvryheid in Suid-Afrika om so iets te verdra of gaan  dit dalk hewige reaksie ontketen?<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek dink gereeld aan die swart predikant in Alan Paton se Cry the Beloved Country  se sombere waarskuwing dat blankes eers vir swartmense sal leer omgee  wanneer die swartes al begin het om blankes te haat. Dit was \u2019n &nbsp;bekende  tema in die oorgangsjare, van Harald Pakendorf, Rian Malan, Chris Louw  en ander wat probeer het om mense in te lig oor \u201cswart woede\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As  skrywer is dit vir my belangrik om sterk poele van emosie te vind en  daarin te delf. Soos wat die heersersklas van die verlede swart woede  onderskat het, dink ek blanke woede word nou te gering geag. Geregverdig  of nie, daar is \u2019n &nbsp;smeulende lawastroom van woede wat deur die blanke  gemeenskap strek. Politici en sosialiste het dalk hulle eie redes om  verby dit te kyk, maar ek as skrywer wil dit nie miskyk nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gaan  dit \u2019n &nbsp;wyer, heftige reaksie ontlok? Ek kan maar net so hoop, hoewel  dit vir my vergesog voel dat my ou werkie op die wyer gesamentlike  bewussyn sal registreer. Maar wie weet? Miskien moes ek dit dan maar  onder \u2019n &nbsp;skuilnaam uitgegee het. Soos Francois Strydom. Hy was ons  hoofseun op ho\u00ebrskool en hy kon die aandag verwerk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ja,  die liewe \u201cK-woord.\u201d Ek voel dit is oneerlik om dit so te gebruik. Die  woord is \u201ckaffer\u201d. Ek bepleit nie die gebruik daarvan nie, maar ek dink  dit is teenproduktief om voor te gee dat die woord \u201ckaffer\u201d nie wyd  gebruik word nie. En ja, as daar iets in my boek is wat mense sal  ontstel, dan is dit seker d\u00edt. In hierdie verwronge gemeenskap is die  gebruik van die woord \u201ckaffer\u201d \u2019n &nbsp;veel gruweliker misdaad as die aanval  van \u2019n &nbsp;man op \u2019n &nbsp;vrou in haar eie huis.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Toe Andr\u00e9 Brink in 1973 sy Kennis van die aand gepubliseer het, het die boek destydse norme oortree vanwe\u00eb die aantrekkingskrag tussen rasse wat dit voorgestel het. Die amigdala van Alrina Smal  beeld die teenoorgestelde, naamlik die afstotingskrag tussen rasse,  uit. Oortree u ook die huidige sosiale norme wat op rasseharmonie soos  op die TV-advertensies ingestel is?<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kan  geveinsdheid \u2019n &nbsp;werklike sosiale norm wees? Ek is skepties daaroor. Ek  het \u2019n &nbsp;afsku in die advertensiebedryf se waan van omnipotensie. Dit  kom voor asof hulle dink hulle kan \u2019n &nbsp;denkbeeldige w\u00eareld skep en dan  as \u2019n &nbsp;matrys op die gemeenskap afdruk. Dit lyk vir my duidelik dat geen  werklike norme gehaal kan word uit \u2019n &nbsp;denkbeeldige gemeenskap in \u2019n  &nbsp;denkbeeldige w\u00eareld nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  advertensiebedryf besef dit en daarom, al verbeeld hulle die Nuwe  Suid-Afrika as \u2019n land waar een en elk se beste pel iemand van \u2019n &nbsp;ander  ras is, is &nbsp;hulle nog katvoet om gemengde paartjies in advertensies te  gebruik. Hulle weet dit is teen die werklike norme. So oortree ek  denkbeeldige norme? Sekerlik. Anders as A.P. Brink wat werklike norme  van sy tyd oortree het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Brink  en ander skrywers het hierdie weersin in liefdesverhoudings oor die  rassegrense heen as \u2019n &nbsp;swakheid gesien wat hulle vir dramatiese  doeleindes kon uitbuit. Die swakheid in \u2019n &nbsp;boek soos Kennis van die aand  as politieke beswaarskrif is dat Brink nooit bereid was om daad by  woord te voeg nie. Hy het self nooit \u2019n &nbsp;swart vrou gehad nie. Dis  dieselfde swakheid wat die liberalis se onstuimigheid teenoor my boek  ongedaan sal maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Is u bekend met die werk van Georges Bataille, die Franse skrywer en filosoof?<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2019n  &nbsp;Verbygaande kennis, ja. Ek tref \u2019n &nbsp;onderskeid tussen liter\u00eare kritiek  en liter\u00eare teorie. As skrywer het ek, dalk dwaaslik, nog altyd probeer  om liter\u00eare teorie te vermy, miskien uit bygeloof dat dit my  ontwikkeling as skrywer sou knel. Of is dit net my manier om te s\u00ea dis  bo my vuurmaakplek? In elk geval, hy is een van Oom Hendrik se \u201cdinge  onder die son\u201d, en ek kan nie ontken dat ek van sy menings, en die dinge  wat hy gedoen het, fassinerend gevind het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Georges  Bataille het &#8216;n hele teorie gebou rondom die beginsel van &#8220;oortreding&#8221;,  dat dit juis die taak van die skrywer is om sosiale norme te  bevraagteken en te oortree. Sou u s\u00ea daar is &#8216;n Batailleske element in Die amigdala van Alrina Smal?  Of gaan dit eerder om die openbaring van houdings en reaksies wat  daarbuite geld, maar wat moontlik bloot deur die media en deur ander  skrywers verswyg word?<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek  het geen persoonlike sosiale opdrag wanneer ek skryf nie. Ek sien my  taak eenvoudig om \u2019n &nbsp;versameling karakters se doen en late te volg  terwyl hulle met al hulle manjifieke hartstog en ywer en onbeholpenheid  deur situasies spartel. As ek hulle volg en hulle vertrap die slap  grensdrade van swak of uitgediende norme, dan is dit maar hoe dit is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek  vind dat bymotiewe slordig by \u2019n fiksiewerk inpas. Dit is, volgens my  mening, die sentrale swakheid van \u2019n &nbsp;andersins goeie skrywer soos John  Irving. Wanneer ek van sy goed lees, is ek by tye so verveeld met sy  persoonlike gesanik in die mond van sy protagonis dat ek wil s\u00ea: \u201cAg  tog. Hou op kerm en vertel my wat met Owen Meany gebeur het.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As daar \u2019n &nbsp;Batailleske element, soos u dit noem, in my boek is, is dit \u2019n &nbsp;gevolg eerder as \u2019n &nbsp;oorsaak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tog  is ek nie blind vir die krag van fiksie om as \u2019n &nbsp;soort laboratorium te  dien nie. Daarin kan ons elemente waarvan ons weet saammeng en skud en  kyk wat gebeur. Dit is wat ek probeer doen het. En ek daag enige iemand  uit om vir &nbsp;my te s\u00ea hierdie elemente bestaan nie in die teenwoordige  Suid-Afrika nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Opvallend  in die boek is ook die fyn beskrywings van vroulikheid en hoe Alrina as  vrou reageer, nie net op haar seksuele aanranding nie, maar ook in  ander situasies. Is daar &#8216;n sluimerende feminisme by Gustav Venter of  ten minste by sy verteller?<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ha!  Ek sal erken dat vroue my gunstelinggeslag is. Ek vind vrouens oneindig  fassinerend. Ek was vir sewe jaar getroud en het die uitsonderlike  voorreg gehad om \u2019n &nbsp;ingewikkelde, begaafde, uiters intelligente en  temperamentele vrou in die fynste besonderheid te kon waarneem. Ek het  toe al begin aantekeninge maak met die hoop dat ek eendag \u2019n &nbsp;vrou se  gedrag sal kan raak beskryf. Het ek dit reg gekry? As iemand so s\u00ea, sal  dit die grootste kompliment wees wat ek as skrywer kan kry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek  kom uit \u2019n &nbsp;gemeenskap waar die vrou \u2019n &nbsp;uitsonderlike, onaantasbare  plek het. Die geykte uitbeelding van die Afrikanervrou as beteuterde  wesentjie wat deur \u2019n &nbsp;bombastiese, paternalistiese mansfiguur oordonder  word, is vir my niks anders as \u2019n &nbsp;karikatuur nie. Ek vind  Afrikanervrouens is sterk, seker van hulle vroulikheid en verseker oor  hulle plek in die huis en die gemeenskap. Ek het by geen ander volk  gesien dat vrouens met soveel respek behandel word soos deur die  Afrikaner nie. As feminisme daaroor gaan om die vrou se regte te beskerm  en haar posisie te koester, was my oupas albei feministe, my pa ook en  dan ek ook. Ek meen Hermann Giliomee skryf ook iewers oor die vroe\u00eb dae  aan die Kaap waar die Afrikanervrou \u2019n ho\u00eb mate van emansipasie en  gelykheid teenoor die man geniet het, en ook eiendom kon besit, anders  as in Katolieke lande, byvoorbeeld.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Sou u s\u00ea dat Die amigdala van Alrina Smal vir ons &#8216;n blik op die Nuwe Suid-Afrika, &#8216;n baie sombere blik, bied?<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As  skrywer vra ek myself af of ek \u2019n &nbsp;lewensgetroue weergawe van die  omgewing waarin die verhaal afspeel, geskep het. My doel is om te  rapporteer, nie om te beoordeel nie. Maar as ek my werk reg gedoen het,  ja, dan sal dit \u2019n &nbsp;somber blik wees. Deels is dit omdat die verhaal en  die karakter se optrede dit dikteer. Wat met haar gebeur, is \u2019n &nbsp;daad  van duisternis.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek  vind Suid-Afrika nie \u2019n &nbsp;sombere plek nie. Hier is soveel opwinding en  energie en hansworsery elke dag te sien. En dit is juis hoekom hierdie  gruwel waaraan soveel van ons vroue onderwerp word, so skel is &#8211; in  teenstelling.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Op  &#8216;n stadium redelik vroeg in die boek, tydens haar eerste terapiesessie  met doktor Ters van Jaarsveld, s\u00ea Alrina: &#8220;Hierdie ding, hierdie fobie  wat gekom het na D\u00edt Wat Met My Gebeur Het, het my verander, presi\u00e9s in  d\u00edt wat ek nooit wou wees nie, wat ek in ander mense verag het. As ek  maar \u2019n pedofiel was, as ek maar \u2019n reeksmoordenaar was. Maar nou is ek  iets erger, iets veel erger. Ek is die ellendigste van alle mense. Ek is  \u2019n rassis.\u201d Maar is sy werklik &#8216;n rassis of is haar reaksie teenoor  swartmense onwillekeurig, juis vanwe\u00eb haar amigdala?<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie  is een van daardie ja-en-neegevalle. Sy het \u2019n &nbsp;afkeer van swartmense,  alle swartmense, ontwikkel. So sy is \u2019n &nbsp;rassis, ongetwyfeld. Tog kan sy  nie skuldig wees nie. Uit my opgeskorte loopbaan as student in die reg,  onthou ek dat opset of nalatigheid \u2019n onmisbare element in \u2019n &nbsp;delik  is. Alrina het haar afkeer nie deur nalatigheid en sekerlik nie met  opset bekom nie. Daarom is sy nie skuldig nie. Die persoon wat  verantwoordelik \u2013 en skuldig is \u2013 aan die opwekking van Alrina se  rassisme is haar aanvaller, Godfrey Semase. Maar dit druis in teen die  algemene liberale opvatting in Suid-Afrika waarvolgens net blankes aan  rassisme skuldig kan wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit  is die ellende van die hedendaagse Suid-Afrika. Rassisme word  eerlikwaar as meer afkeurenswaardig as moord, verkragting of pedofilie  gesien. Solank hierdie wanopvatting ons denke strem, sal ons nooit \u2019n  &nbsp;openhartige gesprek oor ras en rassisme kan h\u00ea nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>U  is bekend as &#8216;n aanhanger van Tom Wolfe, die vader van Amerikaanse  &#8220;nuwe joernalistiek&#8221; en die aanbieding van feite met fiksionele of  liter\u00eare tegnieke. Is Die amigdala van Alrina Smal bloot fiksie of gebruik u fiksie en die vryheid daarvan om sekere skokkende aspekte van ons werklikheid uit te beeld?<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As  dit nie vir Tom Wolfe was nie, so ek seker twintig jaar gelede al \u2019n  &nbsp;boek vir publikasie aangebied het. Dit het my \u2019n &nbsp;bykomende tien jaar  geneem om soos hy te probeer skryf en nog tien jaar om op te hou om dit  te probeer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek  dink die vraag wat Wolfe wou beantwoord, werk eintlik andersom. Hy wou  weet of die verslaggewingstegnieke wat hy in sy joernalistiek gebruik  het, vir fiksie aangewend kon word. Die essensie van die \u201cnuwe  joernalistiek\u201d was lewensgetrouheid. Skrywers soos hy, Hunter Thompson,  Gay Talese en Jimmy Breslin was nie tevrede met die idee om bloot \u2019n  &nbsp;lys feite aan te bied nie. Hulle wou die presiese gevoel van \u2019n  &nbsp;situasie ook oordra. Vandaar hulle ingesteldheid op die fynste  besonderhede van wat Wolfe mense se \u201cstatuslewe\u201d noem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die amigdala van Alrina Smal  is op die mees basiese vlak uit en uit fiksie. Daar bestaan nie \u2019n  &nbsp;persoon met daardie naam sover my kennis strek nie. Maar as ek my werk  reg gedoen het, en dis nie vir my om te oordeel nie, is hier \u2019n &nbsp;groter  waarheid ter sprake.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Is Alrina Smal werklik deur \u2019n &nbsp;swartman aangeval? Nee. Sy is \u2019n &nbsp;fiktiewe karakter.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Word  blanke vrouens, duisende van hulle per jaar, deur swartmans aangeval?  Ja. Dit is nie fiksie nie. Dit is die harde, ongenaakbare en uiters  tragiese waarheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek  probeer nie mense se optrede verander nie, maar as daar een brokkie  raad is wat ek hoop haak aan mense vas wanneer hulle die boek lees, dan  is dit dat dit soms wys is om te vrees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Wat kan ons nog in die toekoms van Gustav Venter as skrywer verwag?<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sug.  Ek het in 2002 \u2019n &nbsp;boek met die titel \u201cIn skaapsklere\u201d geskryf en ek  skryf dit nou al vir tien jaar oor. Dit gaan oor \u2019n  &nbsp;godsdiensswendelaar. Miskien sal ek nou die momentum h\u00ea om dit te  voltooi.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar  eers speel ek met die gedagte om die verhaal van die Smal-gesin se  trauma voort te sit, di\u00e9 keer uit die oogpunt van Alrina se man, Darren.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Laai &#8216;n gratis uittreksel van 24 bladsye in PDF-formaat <a href=\"http:\/\/praag.org.za\/media\/Die%20amigdala%20van%20Alr50686883e7445.pdf\">hier<\/a> af.<\/h4>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Koop die eBoek (in drie gewilde formate, waaronder PDF) <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/praag.org.za\/index.php?page=shop.product_details&amp;category_id=7&amp;flypage=gk_flypage.tpl&amp;product_id=54&amp;option=com_virtuemart&amp;Itemid=3&amp;vmcchk=1&amp;Itemid=3\">hier<\/a> of stuur &#8216;n e-pos aan inlig[by]praag.org.<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.finobzor.com.ua\/pressrelizi\/nid\/1143\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u0430\u0442\u0443\u0440\u0430 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met die publikasie van Gustav Venter se debuutroman van 91 000 woorde, Die amigdala van Alrina Smal, het praag.co.za &#8216;n onderhoud met hom gevoer. Ten eerste, wat het u besiel om so &#8216;n omstrede tema te kies (seksuele aanranding van &#8216;n swartman op &#8216;n blanke vrou, gevolg deur haar abnormale rassehaat jeens alle swartes)? Ek &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13512\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Dis soms wys om te vrees&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[96],"tags":[],"class_list":["post-13512","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c87-boeke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13512","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13512"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13512\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13512"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13512"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13512"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}