{"id":13499,"date":"2012-09-28T07:31:27","date_gmt":"2012-09-28T07:31:27","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13499"},"modified":"2012-09-28T07:31:27","modified_gmt":"2012-09-28T07:31:27","slug":"regering-vat-voornemende-betogers-vas","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13499","title":{"rendered":"Regering vat voornemende betogers vas"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Plaaslike regerings regoor Suid-Afrika het &#8216;n verbod geplaas op verdere protesoptogte in die nasleep van Marikana.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vroue van Marikana naby Rustenburg in die Noordwes, probeer nou al twee weke lank om &#8216;n wettige protesoptog na aanleiding van die dood van Paulina Masuhlo op 16 September te hou, sonder sukses. Masuhlo, &#8216;n ANC-PR-raadslid, is deur die polisie met rubberkoe\u00ebls geskiet tydens &#8216;n klopjag op die Nkaneng-plakkerskamp. Masuhlo &#8216;n paar dae later in die hospitaal gesterf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Plaaslike owerhede weier egter dat beswaardes &#8220;versamel, betoog, &#8216;n proteslinie vorm en petisies oorhandig,&#8221; soos in Artikel 17 van die Grondwet staan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika is meteens terug in die tagtigerjare van die vorige eeu toe hierdie opstande wat vanuit Brittanje, Swede en Nederland georkestreer is, algemeen was, en die ou regering moes bontstaan om al die sogenaamde &#8220;menseregtevergrype&#8221;, onder meer die verbod op protesbyeenkomste, te verduidelik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die beplande Marikana-optog in protes van Masuhlo se dood en die besetting van die gebied deur die veiligheidsmagte word georganiseer deur die Wonderkop Community Women&#8217;s Association en die Women&#8217;s Support Initiative. Beide vorm deel van die bre\u00eb gemeenskap, maar wat die polisie betref is dit onwettig. Organiseerders het tevergeefs aansoek gedoen om magtiging vir volgende Saterdag, maar dit is ook geweier.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit is heeltemal absurd. Die polisie en amptenare het buite die wet opgetree en hul redes om hierdie optog te weier is absurd en onwaar,&#8221; s\u00ea Sipho Mthathi, &#8216;n aktivis en Marikana-organiseerder. &#8220;Hulle s\u00ea dat die doel van die optog voldoen nie aan die vereistes van die Wet op byeenkomste nie, maar ons het aan elke vereiste voldoen.&#8221;<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Tydens die vergadering met die owerhede het hulle ges\u00ea dat besighede in Marikana gekla het oor die ontwrigting. Hulle het ges\u00ea dit is die rede waarom hulle nie die optog wil h\u00ea nie, s\u00ea Mthathi.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;In die vergadering het hulle gevra of die vergadering polities gemotiveer was, wat absoluut niks te doen het met die Grondwet of die regulerende wet wat protesoptogte en betogings beheer nie,&#8221; het die organiseerder ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar die Marikana-optog is nie die enigste protesaksie wat gestaak is nie. Die Right2Know-veldtog sal glo Vrydag na die Uniegebou in Pretoria loop, ten spyte van die owerhede se weiering dat dit voortgaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Hoewel ons het herhaalde pogings aangewend om betekenisvol met die Tshwane Metro Polisie Departement en die Suid-Afrikaanse Polisiediens in gesprek te tree met betrekking tot die beplanning van hierdie gebeurtenis, en hulle het ons aktiviste onderwerp aan vertragings, frustrasies en vyandige gedrag wat gedreig het om die geleentheid te ontspoor,&#8221; het &#8216;n verklaring van Right2Know gelees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Germiston, op Gauteng se Oos-Rand, is &#8216;n optog teen polisiegeweld geweier vir 5 Oktober.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Durban en Bisho is optogte deur groepe ook deur die polisie verbied, glo weens die organiseerders se &#8220;arrogansie&#8221; en die &#8220;poltieke&#8221; aard van die optog.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jane Duncan by Rhodes se joernalistieke skool s\u00ea dis &#8220;opmerklik is dat dit gebeur in &#8216;n konteks waar die intensivering van hierdie soort verbod toeneem&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die veiligheidsmense het dit duidelik gemaak dat hulle nie net sal toeslaan op onwettige betogings nie, maar dit onmoontlik sal maak vir protes om te gebeur. So protes sal in elk geval gebeur en kan lei tot &#8216;n spiraal van geweld. Dit is &#8216;n baie gevaarlike oomblik vir betogers in Suid-Afrika,&#8221; het Duncan bygevoeg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Duncan het ges\u00ea die regering is besig om die grondslag vir &#8216;n massiewe sosiale ontploffing te skep.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mense erken dat die staat onregverdig is, omdat hulle optree as &#8216;n wetstoepasser van privaatkapitaal, s\u00ea sy. Suid-Afrika se demokrasie is ontbloot vir die skyn wat dit geword het in &#8216;n plek soos Marikana, het Duncan ges\u00ea.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/advocat-cons.info\/index.php?newsid=9554#.WeUMJCt1uVo\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Plaaslike regerings regoor Suid-Afrika het &#8216;n verbod geplaas op verdere protesoptogte in die nasleep van Marikana. Vroue van Marikana naby Rustenburg in die Noordwes, probeer nou al twee weke lank om &#8216;n wettige protesoptog na aanleiding van die dood van Paulina Masuhlo op 16 September te hou, sonder sukses. Masuhlo, &#8216;n ANC-PR-raadslid, is deur die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13499\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Regering vat voornemende betogers vas&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-13499","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13499","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13499"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13499\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13499"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13499"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13499"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}