{"id":13456,"date":"2012-09-23T06:45:44","date_gmt":"2012-09-23T06:45:44","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13456"},"modified":"2012-09-23T06:45:44","modified_gmt":"2012-09-23T06:45:44","slug":"abigail-fisher-en-globale-rassevoorkeurbeleid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13456","title":{"rendered":"Abigail Fisher en globale rassevoorkeurbeleid"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/images\/stories4\/roodt_fbfoto.jpg\" \/>Soos  by ons met die Woolworths-sage, woed daar tans &#8216;n stryd rondom die  rassevoorkeurbeleid van Amerikaanse universiteite wat blanke studente  weens kwotas wegwys. Een so &#8216;n saak, di\u00e9 van Abigail Fisher teen die  Universiteit van Texas te Austin, het tot by die Amerikaanse  Hooggeregshof (hul Grondwethof) gevorder en gaan vanaf 10 Oktober  aangehoor word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Vir diegene wat nie daarmee vertroud is nie, verskyn daar vandag &#8216;n <a href=\"http:\/\/praag.org\/?p=1859\" target=\"_blank\" data-mce-href=\"http:\/\/praag.org\/?p=1859\">volledige artikel daaroor<\/a> op die Engelstalige Praagblad. Hierdie saak is nie net vir Amerikaners  van belang nie, maar vir alle mense van Europese afkoms w\u00eareldwyd. Want  indien die jong dame van Texas, Abigail Fisher, haar saak verloor, gaan  die sluise oopmaak om al hoe meer diskriminerende maatre\u00ebls en wetgewing  teen blankes toe te pas.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Ek  hou niks van die term &#8220;regstellende aksie&#8221; wat skielik kort n\u00e1 1994 in  Afrikaans posgevat het nie. Dit skep die indruk dat daar iets bestaan  wat &#8220;reggestel&#8221; moet word, asof daar eens op &#8216;n tyd gelyke prestasie  tussen swartes en blankes bestaan het en wat weens &#8220;rassisme&#8221; ongelyk  geraak het en nou deur &#8220;regstelling&#8221; herstel moet word. Ons weet egter  dat daar op alle gebiede behalwe sport &#8211; en dan ook net sekere  sportsoorte &#8211; histories ongelyke prestasie tussen blankes en swartes  was. So byvoorbeeld het geen swarte in die geskiedenis nog ooit die  Nobelprys in &#8216;n wetenskaplike rigting ontvang nie. Dus het die  historiese idille van intellektuele en ekonomiese rassegelykheid wat &#8216;n  term soos &#8220;regstellende aksie&#8221; veronderstel, nog nooit bestaan nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Veel  eerder moet ons praat van rassevoorkeurbeleid, waar een ras bo &#8216;n ander  voorgetrek word. Die Amerikaanse rassevoorkeurbeleid, wat oorspronklik  deur Robert F. Kennedy afgekondig is, geld vanaf die sestigerjare. By  tye het dit egter afgeneem, omdat daar suksesvolle hofsake daarteen  gevoer is of omdat die burgers van sekere deelstate hulle by wyse van  referenda of verkiesings daarteen uitgespreek het. &#8216;n Klein groepie  liberale blankes wat tot die elite van die universiteite en die regering  behoort, asook die Demokratiese Party, het egter voortdurend gepoog om  rassevoorkeurbeleid ten gunste van swartes en ander &#8220;minderhede&#8221; toe te  pas, selfs waar dit teen die demokratiese wil van die meerderheid  indruis. So byvoorbeeld het die Universiteit van Michigan dit reggekry  om die meerderheid inwoners van die deelstaat se wens dat almal gelyk  behandel moet word, te omseil deur hom na die howe te wend. D\u00edt, in  weerwil daarvan dat die inwoners van Michigan hul grondwet in &#8216;n  referendum verander het om enige vorm van rassevoorkeur in hul staat te  verbied.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Diegene  wat die bevoordeling van hoofsaaklik swartes b\u00f3 blankes voorstaan, is  so fanaties dat n\u00f3g die demokrasie, soos in Michigan se geval, n\u00f3g  rasionele argumente hulle van hul planne laat afsien. In Suid-Afrika is  die meerderheid swartes volgens peilings wat deur proff. Hermann  Giliomee en Lawrence Schlemmer uitgevoer is, insgelyks daarteen gekant,  omdat hulle besef dat blankes werk skep. Maar die fanatiese bende wat  uit &#8216;n klein groepie blanke links-liberale en die swart elite bestaan,  tesame met die groot maatskappye en banke, volhard daarmee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Rassevoorkeurbeleid  (RVB) is besig om in &#8216;n globale ramp te ontaard. Min mense besef dit,  maar rassevoorkeurbeleid het by ons reeds in die sewentigerjare posgevat  toe sommige Amerikaanse maatskappye dit luidens die sogenaamde  &#8220;Sullivan-beginsels&#8221; begin toepas het. Tans word dit egter in  Suid-Afrika tot die mees absurde hoogtepunt gevoer, soos ons onlangs  tydens die Woolworths-debakel gesien het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Natuurlik voer ons tans &#8216;n geslaagde boikot teen Woolworths en het meer as 2000 mense reeds die <a href=\"http:\/\/praag.org\/?p=1427\" target=\"_blank\" data-mce-href=\"http:\/\/praag.org\/?p=1427\">petisie teen Woolworths<\/a> geteken. Ook gaan ons regstappe teen Woolworths neem, asook allerlei  menseregteklagtes teen die maatskappy aanhangig maak. Die plaaslike  stryd teen Woolworths en soortgelyke maatskappye wat teen blankes  diskrimineer, moet voortgesit word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Die  uitslag van die uiters belangrike Fisher-saak in die VSA kan egter die  lot van mense van Europese afkoms w\u00eareldwyd bepaal, aangesien &#8216;n hele  aantal globale maatskappye, die Amerikaanse weermag en natuurlik die  Obama-administrasie almal ten gunste van voortgesette rassevoorkeur is.  Vele Europese lande verkeer onder die illusie dat hulle die maatskaplike  konflik wat eie aan die multikulturele samelewing is, kan besweer deur  insgelyks rassekwotas in te stel. Dus mag hulle die wetlike en morele  regverdiging vir sodanige beleid in die komende uitspraak vind, indien  dit t\u00e9\u00e9n die jong dame beslis sou word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Sekerlik  moet &#8216;n mens haar moed bewonder deur waarskynlik die magtigste  politieke groepering op aarde die stryd aan te s\u00ea: die huidige  VS-president en sy weermag, globale maatskappye, asook Amerika se mees  prestigieuse universiteite, waaronder die sogenaamde &#8220;Ivy League&#8221;. Haar  medestudent, Rachel Multer Michalewicz, wat aanvanklik saam met haar die  regstryd aangepak het, het reeds in 2011 tou opgegooi. Daarom staan  Abigail vandag alleen teen die magtige falanks van die  Obama-administrasie, maatskappye soos Coca-Cola en Walmart, asook die  universiteitsbesture en swart groepe soos die NAACP (National  Association for the Advancement of Colored Peoples).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek glo egter  dat sulke gevegte &#8220;teen alle verwagtinge in&#8221;, presies is wat ons nodig  het. Ons mag nie sulke onreg en omgekeerde diskriminasie aanvaar nie.  Indien dit ongestoor toegelaat word om voort te gaan, sal RVB en  verwante beleide veroorsaak dat ons kinders uiteindelik almal in  plakkerskampe sal opeindig. Dit gebeur reeds in Suid-Afrika. Die gesig  van blankes wat hul hoop kwyt is, is iets aakligs om te aanskou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  stryd teen RVB is globaal, daarom moet ons oor geografiese en  taalgrense heen met mekaar hande vat. Daar is reeds &#8216;n aansienlike  aantal buitelanders, maar veral Amerikaners, wat PRAAG ondersteun. Hulle  beskik oor die versendheid om te besef dat indien die soort  diskriminasie en verval wat Suid-Afrika kenmerk eenvoudig net toegelaat  word, dit uiteindelik presies net so in hul eie land sal gaan. Dele van  die VSA ervaar reeds die soort swart-op-wit geweld wat so &#8216;n kenmerk van  die Nuwe Suid-Afrika geword het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Myns  insiens behoort ons &#8216;n kollekte te hou en &#8216;n bedrag geld, hoe gering  ook al, ter stywing van Abigail Fisher se regsfonds by te dra. As &#8216;n  simboliese gebaar hier vanuit die suidpunt van Afrika waar ons so  gruwelik onder rassevoorkeurbeleid gebuk gaan, behoort so iets nogal  gewig te dra.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\" data-mce-style=\"text-align: justify;\">Ek hoor graag wat lesers van die idee dink.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/politics\/3895972\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0411\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Soos by ons met die Woolworths-sage, woed daar tans &#8216;n stryd rondom die rassevoorkeurbeleid van Amerikaanse universiteite wat blanke studente weens kwotas wegwys. Een so &#8216;n saak, di\u00e9 van Abigail Fisher teen die Universiteit van Texas te Austin, het tot by die Amerikaanse Hooggeregshof (hul Grondwethof) gevorder en gaan vanaf 10 Oktober aangehoor word. Vir &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13456\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Abigail Fisher en globale rassevoorkeurbeleid&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[2686,10512,4772,10499,10513,10514,10511],"class_list":["post-13456","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-obama","tag-rachel-multer-michalewicz","tag-ras","tag-rassevoorkeur","tag-rassevoorkeurbeleid","tag-rassismex-regstellende-aksie","tag-x-abigail-fisherx-fisher-teen-die-universiteit-van-texas"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13456","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13456"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13456\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13456"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13456"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13456"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}