{"id":13427,"date":"2012-09-19T09:00:15","date_gmt":"2012-09-19T09:00:15","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13427"},"modified":"2012-09-19T09:00:15","modified_gmt":"2012-09-19T09:00:15","slug":"kom-ons-verklaar-ons-eie-noodtoestand","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13427","title":{"rendered":"Kom ons verklaar ons eie noodtoestand"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/images\/stories4\/roodt_fbfoto.jpg\" \/>Gister  het ons by PRAAG \u2018n berig gedoen oor die <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/nuus-magazine-402\/suider-afrika-magazine-400\/12355-afrikanerman-67-wreed-vermoor-in-middelburg.html\">gruwelike mesmoord<\/a> op mnr. Jan  dut Toit (67) van die voorstad Dennesig in Middelburg. Oor die afgelope  twee weke woed as\u2019t ware \u2018n burgeroorlog in Muldersdrift, net \u2018n  klipgooi van waar ek woon. Sowel <a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/nuus-magazine-402\/suider-afrika-magazine-400\/12330-alyssa-botha-13-vermoor-deur-lid-van-geheime-krygsmag-vrygelaat-deur-polisie.html\">Alyssa Botha (13)<\/a> as <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/nuus-magazine-402\/suider-afrika-magazine-400\/12343-is-die-skietslagoffer-andre-jordaan-net-gelos-om-dood-te-gaan-by-baragwanath-hospitaal.html\">Andr\u00e9 Jordaan (50)<\/a> is afgemaai.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vanoggend  stuur \u2018n PRAAG-medewerker vir my \u2018n brief aan wat vanoggend in die  Kaapse dagblad Die Burger verskyn het. Daarin skryf Anoniem van die  Wes-Kaap:<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\"><em>Daar is nie meer \u2019n keuse tussen veg, vlug<\/em><\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Ek  leef regtig in vrees vir \u2019n revolusie\/burgeroorlog en is oortuig dit is  \u2019n wesenlike vrees vir Suid-Afrikaners in die lig van wat tans in ons  land aan die gang is.<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Ek sou graag wou weet hoeveel Suid-Afrikaners my oortuiging deel, want dit gee my slapelose nagte.<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Ek  voel wanhopig en is by die punt waar ek nie eens meer dink dit is nodig  om langtermyn-toekomsplanne te maak nie, aangesien dit sinloos  (moontlik nog waansinnig) is om te hoop vir die beste, terwyl alles  daarop dui dat ons op die randjie van anargie staan.<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Ek  is baie lief vir my land en kultuur, maar as ek finansieel daartoe in  staat was, het ek nou opgepak en gevlug (ja, gevlug). Ek vrees vir my  kinders se toekoms, selfs hul lewe. Ek is bang, regtig bang. Is ek  alleen in hierdie vrees?<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie  anonieme briefskrywer verwoord myns insiens iets wat ons almal op een of ander  manier voel. Persoonlik woon ek in \u2018n redelike veiligheidsbuurt met  toegangsbeheer, kameras vir Afrika, patrollerende wagte met wapens en  dies meer. Maar ons is omring van onstabiele swart woonbuurte en  plakkerskampe waar daar daagliks buitelanders straffeloos doodgemaak  word en natuurlik die gebeure in Muldersdrift wat al hoe meer sinister  begin lyk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aan  die begin van die jaar het \u2018n vriend en buurman sak en pak met sy gesin  Australi\u00eb toe ge\u00ebmigreer omdat hy insgelyks voel dat ons \u2018n donker  toekoms tegemoet gaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe spreek ons hierdie krisis aan?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek  meen dat die antwoord eenvoudig is: ons moet ons eie noodtoestand  verklaar. Hoeveel \u201conse\u201d in my pond? Ongeveer vier miljoen: Afrikaners  en Engelssprekende blankes wat bereid is om met ons saam te werk. Net  soos ons tans s\u00e1\u00e1m teen Woolworths se anti-blanke indiensnemingsbeleid  mobiliseer, kan ons mekaar die hand reik en sorg dat ten minste daardie  dele van die land waar ons in groot getalle woon veilig gestel word.  Daarmee saam natuurlik plase en landbougebied waar ons voedsel verbou  word.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\"><a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/praag.co.cc\/af\">Skep &#8216;n veilige toekoms en sluit aan by PRAAG!<\/a><\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar  is sekerlik vele organisasies, ook privaat veiligheidsmaatskappye, wat  \u2018n rol hierby kan speel. Vele kundiges is beskikbaar. Maar iemand moet  die leiding neem om die noodtoestand te verklaar en te sorg dat  mobilisering teen geweld en anargie in fases geskied. Ek sien dit s\u00f3:<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Fase 1: Oprigting van \u2018n kommunikasiestelsel (1 tot 2 maande)<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Afgesien  van die internet en sosiale media, waardeur ons kan kommunikeer om  mense landwyd te organiseer, moet ons ook \u2018n radiokommunikasiestelsel  landwyd tussen dorpe en voorstede oprig. Dit kan met die hulp van  radio-amateurs geskied. In \u2018n uiterste geval waar Eskom in duie stort,  die krag en selfs die selfoontorings afgaan, gaan misdadigers en  plunderaars op ons kan toesak sonder dat ons \u2018n benul het van wat  aangaan. Vandaar die behoefte aan so \u2018n radiostelsel.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Fase 2: Insameling van inligting en statistiek oor geweldsmisdaad (1 tot 2 maande)<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met  behulp van ons kommunikasiestelsel sal ons in staat wees om ons eie  misdaadstatistiek by te hou, wat met die staat s\u2019n vergelyk sal kan  word. Teen daardie tyd sal ons verskeie \u201copskamers\u201d landwyd h\u00ea waar ons  probleemgebiede kan aanstip en personeel en strukture kan ontplooi.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Fase 3: Mobilisering van vrywiligers en goedgesinde privaat veiligheidspersoneel (4 tot 6 maande)<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tydens  hierdie fase kan die ergste slagplase soos Muldersdrift gestabiliseer  word en kan buurtwagte en plaaswagte landwyd saamwerk om kriminele vas  te vat en uit ons gebiede te verdryf.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Fase 4: Instelling van \u2018n nuwe &#8216;nasionale diensplig&#8217; onder die blanke jeug (1 tot 2 jaar)<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar  bestaan tans verskeie studierigtings aan universiteite wat \u2018n verpligte  tydperk van \u201cgemeenskapsdiens\u201d behels. Ons moet eenvoudig van alle  jongmense wat matriek klaarmaak, verwag om vir \u2018n jaar in ons buurt- en  plaaswagte te dien. Hulle sal aanvanklik opgelei en gemotiveer word en  kan daarna landwyd diens doen op plekke waar hulle benodig word. Hulle  kan \u00f3f by hul ouers bly \u00f3f by vreemdelinge of in koshuise tuisgaan wat  ons vir die doel kan inrig. Ons kan selfs buitelandse jeugdiges werf wat  dalk sal hou van \u2018n jaar se avontuur in Afrika. Immers is daar vele wat  elders in Afrikalande as vrywilligers gaan werk: die Amerikaanse Peace  Corps-vrywilligers, asook die Franse coop\u00e9rants.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n  Boer maak \u2018n plan, s\u00ea hulle. Ons voorouers het so oorleef tydens  tydperke aan die Oosgrens of later in Natal, die Vrystaat en Transvaal  toe daar veel groter anargie as tans geheers het. Ons het kommando\u2019s  gevorm en te perd gaan patrolleer. Nou het ons al die tegnologie van die  een-en-twintigste eeu tot ons beskikking wat dit soveel makliker maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eintlik  lees ons elke dag van moorde en verkragtings in die media omdat ons te  sleg is om dit deur eenvoudige, doelgerigte optrede te stuit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel  PRAAG \u2018n kultuurorganisasie is wat hom op nuwe media en die bevordering  van Afrikaans toespits, was ons \u2018n paar jaar gelede nou betrokke by  gemeenskapsveiligheidsaksies in die Noord-Transvaal en elders. Op \u2018n  stadium het ons baie geslaagd opleidingskampe vir boere en stedelinge  aangebied. Weens \u2018n gebrek aan fondse moes dit egter gestaak word. Ons hele struktuur, instrukteurs en kursusmateriaal is egter steeds beskikbaar en kan weer geaktiveer word, mits ons oor die nodige fondse beskik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel  ek ook tans betrokke is by die sogenaamde Afrikaner- strategiese  komitee waarop etlike Afrikaanse organisasies en invloedryke individue  dien, is hierdie saak so dringend dat ons nie op komplekse kollektiewe  besluitneming kan wag nie. Dis letterlik lewensnoodsaaklik dat ons  sommer vinnig teen geweld en gevaar begin mobiliseer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Elke dag wat verbygaan sonder dat ons iets daadwerkliks d\u00f3\u00e9n, sterf n\u00f3g van ons mense. Die slagting moet nou ophou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sonder  fondse kan ons dit natuurlik nie aanpak nie. My voorstel sou wees dat  mense in groot getalle by PRAAG aansluit sodat ons ten minste die eerste  fases van die projek binne die volgende paar weke kan aanpak. As ek  sien hoe flink mense op die Woolworths-kwessie gereageer het, maak dit  my optimisties dat ons sommer vinnig bepaalde teikens vir befondsing kan  bereik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  ou kommandostelsel wat deur die ANC-regering afgeskaf is, het blykbaar \u2018n  begroting van slegs R50 miljoen per jaar gehad. Blykbaar sou dit selfs  teen R25 miljoen per jaar bedryf kon word, rofweg R2 miljoen per maand.  Ek stel my voor net een van die groot vier banke verhaal binne \u2018n paar  uur soveel aan dienstegelde van ons. Ons betaal met &#8216;n glimlag miljarde rande aan &#8220;Werner&#8221; en sy trawante om hul direkteure en aandeelhouers ryk te maak, maar as dit by die beskerming van ons vroue, kinders en bejaardes kom, wik en weeg ons oor R50. Hoe rym dit?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis tyd om die hand aan die ploeg te slaan, maar ook \u2018n paar rand by te dra om ons volk van gewisse ondergang te red.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Deur die geskiedenis het gewone mense opgestaan om te s\u00ea: Genoeg is genoeg! Ons moet dit ook nou doen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die  eenvoudigste is vir mense om deur middel van debietorders R50 tot R100  per maand by te dra en sodoende elkeen van die fases te verwesenlik. Ons  behoort dit s\u00f3 te laat gebeur:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Fase 1: 2000 nuwe PRAAG-lede (wat ongeveer R100 000 per maand vir die projek beskikbaar sal stel).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Fase 2: Nog 2000 nuwe PRAAG-lede.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Fase 3: Nog 5000 nuwe PRAAG-lede.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Fase  4: Kan in samewerking met ander organisasies en instellings geskied, of  \u2018n nuwe ledeteiken kan bepaal word om die totale nasionale  dienspligstelsel te bedryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons  is heeltemal in staat om die moordsyfer in ons buurte en op ons plase  te laat daal tot op die vlak van die Duitse of Switserse syfer wat  ongeveer 1 moord per 100 000 lede van die bevolking per jaar is.  Duitsland en Switserland is die veiligste lande ter w\u00eareld, maar elke  Switserse man dien ook in hul volksweermag en moet elke jaar kampe doen.  Dus kom veiligheid selfs in Switserland teen \u2018n prys.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tans  is die moordsyfer onder ons boere natuurlik 300 per 100 000 lede van  die bevolking en onder blanke stedelinge waarskynlik iewers tussen 50 en  100. Binne twee jaar kan ons dit tot beskaafde vlakke verminder en  honderdvoudig laat verminder, mits ons bereid is om saam te werk en  elkeen \u2018n geldjie of vrywillige werk by te dra.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daardie  boere en stedelinge wat hulself reeds in goeie plaas- en buurtwagte  georganiseer het, het bewys dit kan gedoen word, want die aanvallers is  nie daar bedrywig nie. Sekere gebiede is reeds uiters veilig en rustig,  terwyl moord en doodslag in ander dele botvier.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wie het ges\u00ea? Gee my ses maande.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Alles sal regkom, mits elkeen sy plig doen, soos die geliefde Vrystaatse president, Jan Brand, ges\u00ea het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vul ons <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/nuus-magazine-402\/suider-afrika-magazine-400\/12330-alyssa-botha-13-vermoor-deur-lid-van-geheime-krygsmag-vrygelaat-deur-polisie.html\">debietordervorm<\/a> in en ek sal u van ons vordering op hoogte hou. Ons kan en mag dit nie langer vat nie!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lewer gerus kommentaar op hierdie rubriek. Dit word ook op Facebook geplaas.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">U raad, aanmoediging en opbouende kritiek sal waardeer word.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\"><a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/praag.co.cc\/af\">Skep &#8216;n veilige toekoms en sluit aan by PRAAG!<\/a><\/h4>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/varta.kharkov.ua\/blogs\/kasyanenko\/1116800\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0456\u0439 \u0425\u0430\u0440\u043a\u0456\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Gister het ons by PRAAG \u2018n berig gedoen oor die gruwelike mesmoord op mnr. Jan dut Toit (67) van die voorstad Dennesig in Middelburg. Oor die afgelope twee weke woed as\u2019t ware \u2018n burgeroorlog in Muldersdrift, net \u2018n klipgooi van waar ek woon. Sowel Alyssa Botha (13) as Andr\u00e9 Jordaan (50) is afgemaai. Vanoggend stuur &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13427\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Kom ons verklaar ons eie noodtoestand&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-13427","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13427","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13427"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13427\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13427"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13427"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13427"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}