{"id":13400,"date":"2012-09-17T08:02:48","date_gmt":"2012-09-17T08:02:48","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13400"},"modified":"2012-09-17T08:02:48","modified_gmt":"2012-09-17T08:02:48","slug":"geen-dns-skakel-na-assange-in-kondoom-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13400","title":{"rendered":"Geen DNS-skakel na Assange in kondoom nie"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Kondoom wat aan die Sweedse polisie gegee deur een van Julian Assange se beskuldigers bevat nie die WikiLeaks-stigter se DNS nie, het forensiese wetenskaplikes bevind.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Assange se prokureurs het aan die lig gebring dat die geskeurde kondoom, wat ondersoek is deur die personeel by twee forensiese laboratoriums, nie afdoende bewys bevat dat Assange dit ooit gebruik het nie, het die Daily Mail berig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Assange se prokureurs het ges\u00ea dat die gebrek van DNS-bewyse, wat na bewering gebruik was tydens &#8216;n vermeende seksuele aanranding in Augustus 2010, dui daarop dat &#8216;n valse bewysstuk ingehandig kon gewees het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vrou van 33, is na bewering gemolesteer deur Assange by haar woonstel in Stockholm. Sy s\u00ea dat hy op &#8216;n punt doelbewus &#8216;n kondoom gebreek het om onbeskermde seks met haar te h\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Assange beweer dat hy konsensuele seks gehad het met &#8216;n vrou, maar ontken dat hy doelbewus die kondoom geskeur het. Hy het voorheen aan die polisie ges\u00ea dat hy by haar oornag het vir die week n\u00e1 die beweerde voorval, en sy het nooit enige melding gemaak van die geskeurde kondoom nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar DNS is na bewering gevind &#8211; wat Assange se teenwoordigheid bevestig &#8211; op &#8216;n kondoom wat deur &#8216;n tweede vrou ingehandig is. Sy beskuldig hom ook van verkragting. Die Sweedse owerhede het dus hul uitleweringsbevel aan die Verenigde Koninkryk op grond daarvan gerig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die tweede aanklaagster, nou 29, wat beweer dat hy haar verkrag het in haar slaap, het glo aan die polisie ges\u00ea sy was nie gekant teen onbeskermde seks met hom nie, ten spyte van vorige verklarings tot die teendeel, het die koerant berig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Assange ontken die bewering van verkragting, en s\u00ea dat hy konsensuele seks gehad het met die tweede vrou ook. Die Sweedse aanklaer se kantoor het geweier om kommentaar te lewer op die verslag en ges\u00ea dat die ondersoek aan die gang is.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/17.05.2017\/aktsiya_za_chiste_dovkillya_startovala_v_harkove_i_oblasti\">\u041b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Kondoom wat aan die Sweedse polisie gegee deur een van Julian Assange se beskuldigers bevat nie die WikiLeaks-stigter se DNS nie, het forensiese wetenskaplikes bevind. Assange se prokureurs het aan die lig gebring dat die geskeurde kondoom, wat ondersoek is deur die personeel by twee forensiese laboratoriums, nie afdoende bewys bevat dat Assange dit &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13400\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Geen DNS-skakel na Assange in kondoom nie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-13400","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13400","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13400"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13400\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13400"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13400"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13400"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}