{"id":1338,"date":"2008-03-08T18:39:38","date_gmt":"2008-03-08T18:39:38","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=1338"},"modified":"2008-03-08T18:39:38","modified_gmt":"2008-03-08T18:39:38","slug":"reaksie-op-video-skadeliker-as-video-self","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=1338","title":{"rendered":"Reaksie op video skadeliker as video self"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">Die video is satiries van aard en niks meer as &#8216;n idiotiese  studentepoets wat die spot dryf met Suid-Afrikaanse obsessies oor ras,  waaronder sportkwotas en die gedwonge integrasie van kampuskoshuise,  nie. Die swart vroue het uit vrye wil deelgeneem en die sogenaamde  &ldquo;urine&rdquo; het verdunde aanmaakkoeldrank blyk te wees. Die  ontgroeningstradisie bly sterk in Afrikaanse skole en universiteite en  vele Afrikaners is sodoende al gedwing om aan vervelige en soms  kinderagtige rituele deel te neem. <\/p>\n<p>Die oordrewe reaksie op die video het meer skade aan rasseverhoudinge en  interetniese naasbestaan in die land aangerig as die video self wat tot  die rand van pseudo-artistieke uitdrukking beperk moes gewees het as &#8216;n  vulg&ecirc;re en studentikose spotstuk wat al as &ldquo;&#8217;n Leon Schuster-fliek wat  skeef geloop het&rdquo;, beskryf is. Pleks daarvan, word dit tans met &#8216;n  politieke en kulturele betekenis behang wat ver verwyder is van die  jeugdige makers se bedoeling, as &#8216;n simptoom van kollektiewe &ldquo;wit en  Afrikanerrassisme&rdquo;. <\/p>\n<p>Soos die Deense spotprente wat in 2005 gepubliseer is, verteenwoordig  die video &#8216;n toetssaak vir spraakvryheid in Suid-Afrika. Word mens  toegelaat om die draak te steek met politieke korrektheid en die  alomteenwoordige &ldquo;demografiese verteenwoordigendheid&rdquo; of het ons &#8216;n spul  fundamentaliste geword wat gretig is om &#8216;n fatwa teen enigeen uit te  spreek &ndash; selfs jong, onverantwoordelike studente &ndash; wat dit durf waag om  die amptelike ideologie van &ldquo;transformasie&rdquo;, d.w.s. permanente  omgekeerde diskriminasie teen blankes, te bevraagteken? <\/p>\n<p>PRAAG glo dat spraakvryheid ononderhandelbaar is, afgesien van die  aanstigting van geweld teen ander waaraan die Vrystaatse studente hulle  nie skuldig gemaak het nie. In dieselfde week waartydens die dolheid oor  die Reitz-video losgebars het, het swart studente op die UV-kampus  m.b.t. Afrikanerstudentes ges&ecirc;: &ldquo;Kom ons verkrag al die &lsquo;white bitches&rsquo;.&rdquo; <\/p>\n<p>Oor die afgelope weke is ten minste vier Suid-Afrikaanse kampusse  gesluit verklaar n&aacute; onluste deur swart studente wat nie met die video  verband hou nie. Te midde van die toenemende onstabiliteit, is dit  kommerwekkend dat die Engelstalige media &#8216;n waaragtige haatveldtog teen  Afrikaans en Afrikaners voer. Trouens, die anti-Afrikaanse toon van die  huidige Sunday Times of The Star is ononderskeibaar van wat daardie  koerante in 1899 op die vooraand van die Anglo-Boereoorlog geskryf het  of in 1920 toe hulle die stigting van Afrikaanse skole en universiteite  probeer verhoed het. <\/p>\n<p>Dis ooglopend dat verhoudinge tussen Suid-Afrikaanse rasse- en  taalgroepe vinnig agteruitgaan. Slegs &#8216;n terugkeer tot redelike en  beskaafde debat sal ons daarvan red om in die etniese konflik wat soveel  Afrikalande kenmerk, te verval. <\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/igrushki-dlya-malchikov\/detskie-treki\/\">\u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c \u0434\u0435\u0442\u0441\u043a\u0438\u0435 \u0442\u0440\u0435\u043a\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/58379-istoriya-supermarketov-klass-ot-osnovaniya-do-nashix-dnej.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0438\u0433\u043e\u0440\u0435\u0432\u0438\u0447 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">PRAAG (die Pro-Afrikaanse Aksiegroep) spreek sy afkeer uit oor die  fasiele en histeriese reaksies vanaf mediakommentators en onlangs,  sogenaamde &ldquo;prominente burgers&rdquo;, oor die Reitz-video. <\/p>\n<p> Afrikaners, nie swartes nie, is tans die ware slagoffers van rassisme in  die nuwe Suid-Afrika. Sedert 1994 is 30 000 van hulle vermoor in  swart-op-wit geweld, met tienduisende Afrikanervroue wat deur swart mans  verkrag is. Naas di&eacute; onophoudelike gruweldade kom die studentevideo  onbenullig voor. <\/p><\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[47],"tags":[21094,186,1256],"class_list":["post-1338","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c29-praag-mediaverklarings","tag-s8-mediaverklarings","tag-praag-mediaverklarings","tag-reaksie-op-video-skadeliker-as-video-self"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1338","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1338"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1338\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1338"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1338"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1338"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}