{"id":13374,"date":"2012-09-13T05:45:57","date_gmt":"2012-09-13T05:45:57","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13374"},"modified":"2012-09-13T05:45:57","modified_gmt":"2012-09-13T05:45:57","slug":"wildboere-woedend-oor-m99-verbod","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13374","title":{"rendered":"Wildboere woedend oor M99-verbod"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Wildboere is woedend nadat die SA Veterin\u00eare Raad hul private gebruik van die dwelm M99 verbied het, het Wildlife Ranching SA Dinsdag ges\u00ea.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die nuwe beslissing is nie in die belang van die welsyn van diere nie,&#8221; s\u00ea Leon van der Watt, voorsitter van WRSA se Thabazimbi-kamer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ges\u00ea wildboere behandel hul diere met M99 al vir dekades sonder enige insidente of ongelukke.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van der Watt het ges\u00ea eienaars kan nie wag vir tot vyf dae vir &#8216;n veearts om te kom om siek diere te vang of te hanteer nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die waarnemende registrateur van die SA Veterin\u00eare Raad (SAVR) Lynette Havinga het ges\u00ea veeartse nou was die enigste mense wat wetlik bevoeg is om &#8216;n narkose of immobiliseerde diens te gee aan diere-eienaars.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die wysiging van die Wet op Veterin\u00eare Beroepe het in Junie 2012 in werking getree.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wildbedryfgroepe soos WRSA, die SA Roofdiertelersvereniging en Professionele Jagtersvereniging van Suid-Afrika het ges\u00ea die Veterin\u00eare Raad het nie die korrekte stappe in die wysiging van die wet gevolg nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wildboere het ges\u00ea M99 was die voorkeurdwelm onder veeartse en boere om diere te immobiliseer. Ander immobiliseerde dwelms word nie as doeltreffend geag nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">WRSA se bestuurder Herman Barnard het ges\u00ea hulle het met SAVR verskeie kere oor die saak sedert 2009 vergader, maar het ges\u00ea dat hulle hu insette en tyd gemors het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Havinga het ges\u00ea intervensies op vrylopende wild was voorheen hoofsaaklik bewaringsgeori\u00ebnteerd en deur die staat gedoen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die situasie het sedertdien ontwikkel in &#8216;n baie sterk kommersi\u00eble belang in wildboerdery. Hierdie ontwikkeling het &#8216;n groter vraag na, en potensieel groter misbruik van dwelms vir die immobilisering of narkose van wild meegebring.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">M99 is ook gebruik in sommige plaaslike renosterstroperygevalle.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Havinga het ges\u00ea dat dit noodsaaklik geword het om dwelms vir wilde diere te reguleer. Sy het ges\u00ea die verkoop en verspreiding van alle opio\u00efede, insluitend Etorfienehidrochloried (M99) word internasionaal ook gemonitor. Daar was reeds kommer oor die oormatige gebruik van opio\u00efede in Suid-Afrika.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Havenga het ges\u00ea indien dit nie voldoende beheer word nie, kan die maatskappy wat die dwelm vervaardig, oorweeg om die produk van Suid-Afrika te onttrek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">WRSA het aangevoer dat daar nie genoeg ervare wildsveeartse in die land is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Barnard het ges\u00ea Suid-Afrika het byna twee keer soveel diere op private grond as in die land se nasionale parke en reservate.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die wildbedryf brei uit teen &#8216;n geweldige tempo. SAVR het duidelik nie tred gehou met hierdie ontwikkelinge nie.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ges\u00ea Suid-Afrika is die w\u00eareldleier in wildbedryf, maar die enigste land waar geskeduleerde veterin\u00eare medisyne nie op voorskrif aan boere beskikbaar is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Havinga verskil, en s\u00ea veeartsenykundige dienste is beskikbaar oor die hele land.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wildboere s\u00ea dit is nie seker of di\u00e9 stap renosterstropery sal stuit nie.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/www.rbc.ua\/rus\/news\/harkovskoy-oblasti-prokuratura-razoblachila-1498048589.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wildboere is woedend nadat die SA Veterin\u00eare Raad hul private gebruik van die dwelm M99 verbied het, het Wildlife Ranching SA Dinsdag ges\u00ea. &#8220;Die nuwe beslissing is nie in die belang van die welsyn van diere nie,&#8221; s\u00ea Leon van der Watt, voorsitter van WRSA se Thabazimbi-kamer. Hy het ges\u00ea wildboere behandel hul diere met &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13374\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Wildboere woedend oor M99-verbod&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-13374","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13374","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13374"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13374\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13374"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13374"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13374"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}