{"id":13352,"date":"2012-09-10T11:11:35","date_gmt":"2012-09-10T11:11:35","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13352"},"modified":"2012-09-10T11:11:35","modified_gmt":"2012-09-10T11:11:35","slug":"antwoorde-vir-franse-sluipmoord-in-brittanje","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13352","title":{"rendered":"&#8216;Antwoorde vir Franse sluipmoord in Brittanje&#8217;"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die politieke teregstelling van &#8216;n Brits-Irakse egpaar in die Franse Alpe, het &#8216;n woordevloed in die Britse pers veroorsaak nadat die Franse polisie aangekondig het dat die ondersoek na die moord op Saad en Iqbal al-Hilli (50) by die Annecy-meer naby die Switserse grens, na Itali\u00eb en Switserland uitgebrei sal word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar word vermoed dat die moordenaar dalk uit Frankryk na een van di\u00e9 twee nabygele\u00eb lande kon gevlug het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die moorde het groot opslae in Europa gemaak, veral omdat die egpaar se vierjarige dogtertjie vir agt uur lank onontdek gebly het. Die Franse polisie s\u00ea hulle meen die moorde was die werk van &#8216;n staat en nie &#8216;n enkeling nie.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">John O&#8217;Connor, gewese hoof van Scotland Yard se moord-en-roofafdeling, het dit beaam: &#8220;Di\u00e9 moorde is gepleeg deur moordenaars met die presisie en beplanning wat dui op milit\u00eare opleiding, iets wat normaalweg op &#8216;n politieke sluipmoord dui.&#8221;<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">In weerwil van talle berigte en <a href=\"http:\/\/www.beeld.com\/Wereld\/Nuus\/Dis-sluipmoord-20120909\">wilde spekulasie<\/a>, het Franse amptenare geen inligting verskaf oor die kaliber van die wapen wat gebruik is nie, en ook nie hoeveel skieters teenwoordig was nie. Hulle het slegs aangedui dat 25 doppies op die toneel opgetel is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eric Maillaud, die Franse staatsaanklaer, het die naweek op &#8216;n mediakonferensie ges\u00ea twee verskillende vuurwapens kon dalk gebruik gewees het, aangesien &#8216;n semi-outomatiese wapen slegs 15 skote kan afvuur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ges\u00ea die antwoorde vir die motief van sluipmoorde sal waarskynlik in Brittanje gevind word. Die ander dogter wat die aanval oorleef het, sal in die teenwoordigheid van Britse amptenare ondervra word sodra haar toestand genoeg verbeter het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maillaud het eers ges\u00ea van die slagoffers het enkelkopskote gehad, en twee in die bors, en nie twee kopskote soos wat later berig is nie. Dit is duidelik dat die Franse owerhede &#8216;n sekere afstand wil handhaaf met die ondersoek.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Dit <a href=\"http:\/\/www.liberation.fr\/monde\/2012\/09\/10\/tuerie-de-chevaline-les-environs-du-domicile-des-al-hilli-evacues_845180\">blyk intussen<\/a> dat die wapen wat gebruik is, &#8216;n outomatiese pistool met &#8216;n kaliber 7,65 mm was, &#8216;n wapen wat nie ooreenstem met moderne wapens nie. Die hipotese dat verskeie skieters teenwoordig was, is dus nie geldig nie. Die skieter het sy wapen herlaai.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie jongste gevolgtrekking volg uit die eerste reeks ballistiese toetse, maar moet nog uitgebrei en formeel bevestig word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Franse bouer wat werk aan &#8216;n Britse sakeman se huis in die dorp van Chevaline gedoen het op die dag van die skietery, het gister ges\u00ea hy het die al-Hilli-gesin teen die heuwel sien opry kort voordat hulle vermoor is.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Laurent Fillion-Robin, 38, het ges\u00ea hy het die rooi BMW opgemerk, want dit het &#8216;n Britse nommerplaat gehad. Hy het ges\u00ea hy het nie enige geweerskote gehoor nie, en het gespekuleer dat die moordenaars &#8216;n wapen wat met &#8216;n knaldemper toegerus was, gebruik het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het ook ges\u00ea dis nie die soort kampeerplek waar Britse toeriste graag kuier nie, en dis hoofsaaklik Franse wat daar uitspan. Die polisie is ook op soek na &#8216;n <a href=\"http:\/\/www.ledauphine.com\/haute-savoie\/2012\/09\/08\/la-conductrice-a-ete-menacee-avec-une-arme\">donker viertrekvoertuig<\/a> wat in die omgewing opgemerk is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sylvain Mollier, die fietsryer wat doodgekiet is, was in werklikheid &#8216;n kernmetallurgiese ingenieur wat gewerk het vir &#8216;n Franse kernmaatskappy genaamd Cezus (&#8216;n filiaal van Areva). Cezus vervaardig onderdele vir kernbrandstofinstallasies.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die slagoffers se BMW vertoon tekens op die agterbuffer van impak wat die sluipmoordtese verdere stukrag gee, aangesien dit blyk dat die motor waarskynlik tot stilstand gedwing is. Daar is ook remmerke op die teer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Brittanje het &#8216;n plofstofeenheid die huis van die oorledenes besoek, om enige &#8220;dubbelsinnigheid&#8221; uit die weg te ruim, het &#8216;n ingeligte bron aan AFP ges\u00ea. Toeskouers en inwoners het die gedoente as &#8216;n &#8220;sirkus&#8221; beskryf.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/06\/13\/179611.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0434\u0435\u0442\u0438<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die politieke teregstelling van &#8216;n Brits-Irakse egpaar in die Franse Alpe, het &#8216;n woordevloed in die Britse pers veroorsaak nadat die Franse polisie aangekondig het dat die ondersoek na die moord op Saad en Iqbal al-Hilli (50) by die Annecy-meer naby die Switserse grens, na Itali\u00eb en Switserland uitgebrei sal word. Daar word vermoed dat &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13352\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;&#8216;Antwoorde vir Franse sluipmoord in Brittanje&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-13352","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13352","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13352"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13352\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13352"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13352"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13352"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}