{"id":13339,"date":"2012-09-07T05:56:57","date_gmt":"2012-09-07T05:56:57","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13339"},"modified":"2012-09-07T05:56:57","modified_gmt":"2012-09-07T05:56:57","slug":"franse-drama-in-die-alpe-dalk-sluipmoord","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13339","title":{"rendered":"Franse drama in die Alpe dalk sluipmoord"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die pa van &#8216;n gesin wat in die Franse Alpe vermoor is, is Donderdag ge\u00efdentifiseer as Saad al-Hilli, &#8216;n 50-jarige wat in Bagdad gebore is, het &#8216;n Franse polisiebron ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die polisiebron het bevestig dat die Hilli-gesin in Claygate, Surrey, in die suidweste van Londen gewoon het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Franse president Francois Hollande het ges\u00ea Frankryk voel &#8220;solidariteit&#8221; met die Britte oor Woensdag se aanval naby die Franse dorpie Chevaline in die Alpe. Die man was &#8216;n Britse paspoorthouer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die 50-jarige Al-Hilli, sy vrou en &#8216;n ouma is Woensdag gevind n\u00e1 &#8216;n skietery waarin &#8216;n ander man, waarskynlik &#8216;n verbyganger op &#8216;n fiets wat &#8216;n ooggetuie van die skietery was, ook dood is. Twee dogters van die gesin het die treurspel oorleef.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die twee kinders, onderskeidelik sewe en vier, verkeer tans onder swaar polisiebewaking.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een dogter, die een van sewe, is langs die motor gevind met ernstige skedelbeserings. Sy is in &#8216;n ernstige, maar stabiele toestand in &#8216;n hospitaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Haar vierjarige sussie het die aanval wonderbaarlik oorleef. Sy het sowat agt ure onder haar ma en ouma se lyke op die agtersitplek van die motor ingekruip voor sy gevind is. Die Franse polisiehelikopter wat oor die toneel met infrarooikamera&#8217;s gevlieg het, het nie die lewende dogtertjie onder haar dooie ma se bene opgetel nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ouma was &#8216;n Sweedse paspoorthouer. Die Sweedse regering het reeds haar nasionaliteit bevestig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die dogtertjie praat Engels. Sy het glimlaggend haar armpies na die Franse polisieman uitgehou wat haar uit die motor gehaal het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Fietsryer wat enkele oomblikke n\u00e1 die skietery verby die toneel gery het, het die polisie ontbied. Die fietsryer wat die luierende motor genader het, het die erg beseerde kind daar aangetref en haar lewe waarskynlik gered. Hy is &#8216;n oud-vegvlie\u00e9nier van die Britse lugmag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het die venster van die BWM gebreek om die enjin af te skakel, en die dooie insittendes ontdek. Daarna het hy die polisie ontbied. Hy het waarskynlik ook die voortvlugtige moordenaar op pad te\u00ebgekom, maar die Franse media wou nie di\u00e9 inligting amptelik bevestig nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Drie van die insittendes het enkel kopskote gehad, maar die nie die jonger vrou, ma van die dogtertjie nie. Die staatsprokureur van Annecy het in sy amptelike verklaring ges\u00ea hy weet nie waaraan die vrou dood is nie, want sy het geen koe\u00eblwond gehad nie. Die motor is ook nie deur &#8216;n koe\u00eblre\u00ebn getref, soos vroe\u00ebr in die media berig is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die bospaadjie word veral deur fietsryers en stappers gebruik en nie eintlik motors nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens &#8216;n Franse polisiebron, is daar nog ooggetuies, maar hulle wil nie aandui hoeveel nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Al-Hilli het voorheen op Irak se wapenprogram gewerk, maar het later na Brittanje gevlug waar hy glo onder beskerming van die Britse geheimediens was. Hy was werksaam by &#8216;n lugvaartinstansie wat spesialiseer in lugfotografie, volgens een bron.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die omstrede wapenprogram van Irak is tans weer in die nuus nadat eerwaarde Desmond Tutu geweier het om saam met Tony Blair op dieselfde verhoog te verskyn, nadat Blair die inval in Irak gemagtig het sonder werklik bewyse van die land se wapens van massavernietiging.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens &#8216;n ander bron, was Al-Hilli betrokke by die installering van outomatiese indentifikasie-stelsels vir olievaartuie op die Rynrivier namens &#8216;n Nederlandse maatskappy.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Britse media het die insident as &#8216;n &#8220;mislukte kaping&#8221; beskryf.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/vestiua.com\/ru\/news\/20150223\/64209.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die pa van &#8216;n gesin wat in die Franse Alpe vermoor is, is Donderdag ge\u00efdentifiseer as Saad al-Hilli, &#8216;n 50-jarige wat in Bagdad gebore is, het &#8216;n Franse polisiebron ges\u00ea. Die polisiebron het bevestig dat die Hilli-gesin in Claygate, Surrey, in die suidweste van Londen gewoon het. Die Franse president Francois Hollande het ges\u00ea Frankryk &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13339\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Franse drama in die Alpe dalk sluipmoord&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-13339","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13339","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13339"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13339\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13339"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13339"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13339"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}