{"id":13331,"date":"2012-09-06T10:37:17","date_gmt":"2012-09-06T10:37:17","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13331"},"modified":"2012-09-06T10:37:17","modified_gmt":"2012-09-06T10:37:17","slug":"brits-getref-deur-jongste-plaasmoord","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13331","title":{"rendered":"Brits getref deur jongste plaasmoord"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">&#8220;Dit is met skok en afgryse dat ek vanoggend verneem het van die moord op mnr. Mauritz Oberholzer  op sy plaashoewe in Losperfontein, Brits,&#8221; het Elsa Lourens, Vryheidsfront Plus-raadslid in die Madibeng-munisipaliteit ges\u00ea.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die aanvallers het net na middernag toegeslaan.  Mnr. Oberholzer is in die been geskiet, &#8216;n worsteling het ontstaan waarna mnr. Oberholzer vermoedelik met n graaf, wat langs hom gevind is, doodgeslaan is. Mev. Rita Oberholzer is ongedeerd nadat sy daarin geslaag om haarself in die badkamer toe te sluit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die moordenaars is weg met mnr. Oberholzer se brandkluis.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lourens het vanoggend die gesin besoek en het daarna met van die boere op die toneel en omringende plase gesels.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die mense is diep geskok en &#8216;n ongekende woede heers in die gemeenskap,&#8221; het Lourens ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mev. Lourens, wat ook op die beheerliggaam sit vir beveiliging vir sektore 3 en 4 (landelik) Brits, het direk na haar besoek aan die gesin &#8216;n vergadering op &#8216;n buurplaas gehad met kapt. Ndlovu en kapt. Diale, 2 van die sektor-polisi\u00ebringsbestuuders van die SAP in Brits.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ek het aan hulle ges\u00ea dat die boeregemeenskap nie verkwalik geneem kan word as emosies begin hoog loop nie. Daar is al soveel berade en vergaderings oor landelike veiligheid in Brits gehou, maar niks konkreets kom na vore nie,&#8221; het Lourens bygevoeg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mev. Lourens het ook ges\u00ea dat die beheerliggaam en gemeenskap-polisi\u00ebringsforums en buurtwagte daarop aandring dat die SAP se sektor-polisi\u00ebringseenheid geskei moet word van algemene polisi\u00ebring. Die sektorhoofde het nie die personeel en voertuie om pro-aktief te patrolleer en re-aktief op te tree nie en moet staatmaak op die beskikbaarheid van dorpspersoneel en hulle voertuie.  Die SAP se sektor-polisi\u00ebringseenhede sal slegs kan funksioneer as permanente personeel en voertuie aan hulle toegeken word. Plaasmoorde sal ook as prioriteitsmisdaad verklaar moet word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mnr. Oberholzer se dood word betreur deur die gemeenskap waar hy ook ouderling was in die plaaslike NG Gemeente Vorentoe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons innige meegevoel is aan die familie oorgedra en ons spreek ook die hoop uit dat die saak spoedig opgelos sal word en die skuldiges aangekeer sal word.&#8221;<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/allsjcam.ru\/object\/mezhdunarodnaja-dostavka-topcargo\">topcargo \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8220;Dit is met skok en afgryse dat ek vanoggend verneem het van die moord op mnr. Mauritz Oberholzer op sy plaashoewe in Losperfontein, Brits,&#8221; het Elsa Lourens, Vryheidsfront Plus-raadslid in die Madibeng-munisipaliteit ges\u00ea. Die aanvallers het net na middernag toegeslaan. Mnr. Oberholzer is in die been geskiet, &#8216;n worsteling het ontstaan waarna mnr. Oberholzer vermoedelik &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13331\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Brits getref deur jongste plaasmoord&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[],"class_list":["post-13331","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13331","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13331"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13331\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13331"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13331"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13331"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}