{"id":13324,"date":"2012-09-05T07:30:33","date_gmt":"2012-09-05T07:30:33","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13324"},"modified":"2012-09-05T07:30:33","modified_gmt":"2012-09-05T07:30:33","slug":"praag-wens-parti-quebecois-geluk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13324","title":{"rendered":"Praag wens Parti Qu\u00e9becois geluk!"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">PRAAG het die Parti Qu\u00e9becois gelukgewens met sy uitstekende verkiesingsvertoning tydens provinsiale verkiesings in Kanada. In sy reaksie op Twitter vroeg vanoggend, het die leier van PRAAG, dr. Dan Roodt, ges\u00ea: &#8220;Ek ondersteun Qu\u00e9bekaanse separatisme, wat die saak vir &#8216;n Afrikanervolkstaat kan versterk. F\u00e9licitations au Parti Qu\u00e9becois!&#8221;<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Afrikaanse aksiegroep het al dikwels die ooreenkomste tussen nasionale minderhede wat deur groter volkere omring word beklemtoon, soos di\u00e9 tussen Afrikaners, die Qu\u00e9becois, die Vlaminge en die Katalane.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Roodt s\u00ea: Ons beskou die oorwinning van madame Pauline Marois as nie net goed vir die Qu\u00e9bekane nie, maar ook vir die w\u00eareldwye beginsel van selfbeskikking. Afrikaners, nes die Qu\u00e9bekane, word omring deur honderde miljoene onderdane van die Britse Statebond wat Engels op ons afdwing en ons ekonomiese en kulturele vryheid deur rassistiese en chauvinistiese wetgewing beperk. Dit wil egter nie s\u00ea dat ons Suid-Afrika se totalit\u00eare houding jeens veeltalgigheid met die meer verligte Kanadese weergawe wil vergelyk nie, maar &#8216;n klein volk en &#8216;n klein kultuur kan net binne &#8216;n eie staat vry wees.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dr. Roodt het ook &#8216;n beroep op die Afrikaner-separatistiese party, die Vryheidsfront Plus, gedoen &#8220;om te leer uit die welslae van die Parti Qu\u00e9becois en sy oortuigende oorwinning oor liberalisme, ten einde die Afrikaner se bevryding uit die kettings van die Engelse Statebondstaat van 1910 te verhaas. Ons kan ook liberalisme verslaan, net soos die Parti Qu\u00e9becois gedoen het.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sowel die Quebekane as Afrikaners beskik oor &#8216;n lang geskiedenis van taalstryd. Ook was beide volkere by tye die voorwerpe van Angel-Saksiese hoon. Roodt meen dat daar &#8220;groter samewerking tussen Quebekane, Afrikaners, Vlaminge en Katalane behoort te wees omdat hulle soortgelyke ervarings van meerderheidsverdrukking deel&#8221;. Hy is besonder geraak deur &#8216;n Twitter-boodskap vanuit Qu\u00e9bec, wat in hoofletters verklaar: &#8220;ON VEUT UN PAYS!&#8221;, ons wil &#8216;n land h\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die hemel weet, ons wil ook &#8216;n land h\u00ea. On veut un pays.&#8221; het hy afgesluit.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/careers.ua\/mix\/analiziruem-deklaratsiyu-o-dohodah-yuriya-danilchenko\/\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>PRAAG het die Parti Qu\u00e9becois gelukgewens met sy uitstekende verkiesingsvertoning tydens provinsiale verkiesings in Kanada. In sy reaksie op Twitter vroeg vanoggend, het die leier van PRAAG, dr. Dan Roodt, ges\u00ea: &#8220;Ek ondersteun Qu\u00e9bekaanse separatisme, wat die saak vir &#8216;n Afrikanervolkstaat kan versterk. F\u00e9licitations au Parti Qu\u00e9becois!&#8221; Die Afrikaanse aksiegroep het al dikwels die ooreenkomste [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[],"class_list":["post-13324","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13324","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13324"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13324\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13324"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13324"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13324"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}