{"id":13303,"date":"2012-09-02T07:18:40","date_gmt":"2012-09-02T07:18:40","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13303"},"modified":"2012-09-02T07:18:40","modified_gmt":"2012-09-02T07:18:40","slug":"polemiek-in-europa-rondom-franse-essayis-se-lof-aan-anders-breivik","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13303","title":{"rendered":"Polemiek in Europa rondom Franse essayis se &#8216;lof aan Anders Breivik&#8217;"},"content":{"rendered":"<p><img decoding=\"async\" class=\"caption\" title=\"Richard Millet, 59, skrywer van 50 boeke en uitgewer by die prestigieuse Gallimard-uitgewershuis\" alt=\"Richard Millet\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2012\/09\/richard-millet-litterature-659504-jpg_452806.jpg\" \/>\u2018n  Bekende Franse skrywer van 50 boeke, Richard Millet, het \u2018n week gelede  \u201closgetrek\u201d en \u2018n verdoemende kritiek op die nuwe w\u00eareldorde,  globalisering en die multikulturele samelewing gepubliseer waarin hy  meen \u201cNoorwe\u00eb verdien Anders Breivik\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Millet se opstel, \u201cLetterkundige lof aan Anders Breivik\u201d (<em>\u00c9loge litt\u00e9raire d\u2019Anders Breivik<\/em>,  op 24 Augustus uitgegee deur Editions Pierre de Roux), is saam met \u2018n  tweede stuk oor die agteruitgang van die Franse taal en invloed in die  w\u00eareld gebundel. Enkele dae tevore het hy nog \u2018n lywige opstel oor  \u201cAntirassisme as letterkundige terreur\u201d gepubliseer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tydens  \u2018n radio-onderhoud met die bekende Franse filosoof en openbare figuur,  Alain Finkelkraut, het Millet ges\u00ea dat hy hom onlangs alleen op die  voorstedelike moltrein as \u201cenigste blanke\u201d bevind het. Daarom het hy hom  \u201cuitgesluit gevoel&#8230; veral terwyl die bevolking waarin ek my bevind  hoofsaaklik uit Noord-Afrikane bestaan\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar  dis veral vir sy opstel wat Anders Breivik se dodelike aanval op  Noorweegse sosiaal-demokratiese tieners as \u2018n \u201cliter\u00eare gebaar\u201d beskryf,  waarvoor Millet onder kritiek in die pers deurloop. Daar is selfs  oproepe dat hy by Gallimard, die prestigieuse Paryse uitgewershuis,  afgedank moet word of dat die uitgewery se ander skrywers hul van hom  moet distansieer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In  die gewraakte passasie van \u201cLetterkundige lof aan Anders Breivik\u201d,  beskryf Millet die aanval van Breivik op die jeugdiges as \u2018n vorm van  \u201cletterkundige volmaaktheid\u201d:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cOns  wat elke dag die gebrek aan kultuur van ons inheemse Franse meet, net  soos \u2018n afgrond ons verwyder van die buite-Europese bevolkings wat hulle  op ons grondgebied tuisgemaak het, ons weet dat ons taal bowenal  daaronder ly, en tesame daarmee, ons geheue, ons bloed, ons identiteit.  Behoort ons daarom Breivik gelyk te gee, onder die voorwendsel dat sy  slagoffers bloot jong arbeiderondersteuners was, dus toekomstige  meedoeners aan die multikulturele nihilisme? Nee: in die volmaaktheid  van te skryf met \u2018n aanvalsgeweer, is daar iets wat anderkant die  regverdigbare lei&#8230;\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel  Millet dit ten aanvang van sy opstel stel dat hy nie \u201cdie dade wat  Anders Breivik op 22 Julie 2011 in Noorwe\u00eb gepleeg het, goedkeur nie\u201d,  verkwalik sy kritici hom dat hy wel \u201cgeweld verestetiseer\u201d en daarom op  \u2018n manier as apologeet vir Breivik optree. Die gesaghebbende linkse en  intellektuele koerant Le Monde skryf op 27 Augustus:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cWaarvan  praat Millet presies? Nadat hy die voorsorgmaatre\u00ebl getref het deur te  s\u00ea dat hy nie Breivik se gebaar goedkeur nie, roep die skrywer die  \u2018formele volmaaktheid\u2019 van sy misdaad en die \u2018liter\u00eare\u2019 dimensie daarvan  op. Die Noorwe\u00ebr sou op \u2018n manier die voorhoede van Europese wanhoop  verteenwoordig, in die aangesig van \u2018n algemene verlies aan nasionale en  kulturele identiteit. Binne agtien bladsye, resiteer Richard Millet met  woede die litanie van haat wat hy reeds in ander geskrifte uitgeblaker  het, veral sy boek Opprobre, wat in 2008 by Gallimard verskyn het.  Millet se uitgangspunt is die verregse denke wat nie huiwer om geweld te  verestetiseer nie; die skrywer maak hom geensins vir die eerste keer  aan afkeer jeens ander skuldig nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel  krities, toon Le Monde ontsag vir die intellektuele en liter\u00eare denke  wat Millet se ontleding van Breivik onderl\u00ea. Sy uitspraak oor Breivik se  liter\u00eare gebaar of dan \u201cdie volmaaktheid van te skryf met \u2018n  aanvalsgeweer\u201d word voorafgegaan deur \u2018n beroemde aanhaling uit die  surrealistiese skrywer Andr\u00e9 Breton, wat ges\u00ea dat die \u201ceenvoudigste  surrealistiese gebaar sou wees om met \u2018n rewolwer in jou hand op straat  te gaan en lukraak in die skare in te skiet\u201d. Breton was polities links  en ook \u2018n lid van die Franse Kommunistiese Party, dus maak Le Monde  insgelyks \u2018n fout as die koerant die \u201cverestetisering van geweld\u201d as  noodwendig \u201cverregse denke\u201d beskryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van  die meer konserwatiewe en liberale publikasies in Frankryk beskryf  Millet se opstel oorwegend as \u201cvreemd\u201d. Volgens \u2018n skrywer in Le Point,  \u201cmoet \u2018n mens jouself knyp&#8230; En \u2018n mens kry hierdie man jammer wat styl  het en dit op selfvernietigende uitsprake mors.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oorkant  die Ryn in Duitsland waar die doen en late van Paryse intellektuele met  voortdurende belangstelling gevolg word, het die groot nuustydskrif Der  Spiegel met skok op di\u00e9 jongste manifestasie van aweregse, Franse  onverskrokkenheid gereageer. Benewens enkele aanhalings uit Millet se  opstel, verwys die tydskrif sy lesers met \u2018n skakel na die Taz-koerant  wat praat van Millet se \u201cverregse geestesverwantskap\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl  die Taz eintlik geen teenargument bied teenoor Millet se arsenaal  argumente rondom multikulturalisme, wat met intense Franse intellektuele  snobisme aangebied word nie, erken die koerant tog dat Millet oor \u2018n  bepaalde statuur in Frankyk beskik: \u201cIn weerwil van sy ongewone  uitsprake, sou hierdie pamflet miskien \u2018n stille dood in die Paryse  boekhandel gesterf het, as die skrywer nie \u2018n bekende romanskrywer en  uitgewer was nie. Hy het self ongeveer vyftig boeke geskryf en wys met  trots op sy vroe\u00ebre provokasies. Vandag s\u00ea hy dat hy die mees gehate  skrywer in sy land is.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Laasgenoemde  uitspraak het Millet in \u2018n ander, onlangs gepubliseerde opstel, \u201cOor  antirassisme as letterkundige terreur\u201d, gemaak waarin hy skryf: \u201cEk is  een van die mees gehate Franse skrywers. \u2018n Interessante plek om jou te  bevind, wat van my iemand buitengewoon maak.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl  die aandag tans op Millet se o\u00ebnskynlik vergoeiliking van Anders  Breivik verkeer, laat hy hom ook sterk teen antirassisme uit. Op die  reklameteks van \u201cOor antirassisme as letterkundige terreur\u201d, is die  volgende te lese:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cAntirassisme  het die nuwe internasionale ideologie geword. In Frankryk  verteenwoordig dit \u2018n diktatuur van nuwe dwepers waarvan die  inkwisiteuragtige drif, die skynheiligheid, die bedoeling om te  verskuldig, veral in die sogenaamde liter\u00eare w\u00eareld werksaam is en  waar valsheid koning kraai. Die skrywer wat dit waag om na die  werklikheid te verwys en hom op die integriteit van sy wese te beroep,  asook op die Christelike voortreflikheid van die volk, word nie net in  navolging van die kommunistiese propaganda as \u201cregse\u201d of \u201cfascis\u201d  getipeer nie, maar hy word bowenal van \u201crassisme\u201d beskuldig: die  kriminalisering van denke, waarvoor hy sensuur, ostrasisme, vervolging  in die hof moet verduur. Die meeste skrywers word gou stilgemaak, of  oortuig om saam met die skape wat met die Goeie gepenetreer is te bl\u00ear.\u201d<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/odessamedia.net\/obzor-druzei\/pochemu-v-harkove-doveryayut-mestnoi-vlasti-i-gordyatsya-svoim-gorodom\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u043f\u043e\u043b\u0438\u0442\u0438\u043a<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2018n Bekende Franse skrywer van 50 boeke, Richard Millet, het \u2018n week gelede \u201closgetrek\u201d en \u2018n verdoemende kritiek op die nuwe w\u00eareldorde, globalisering en die multikulturele samelewing gepubliseer waarin hy meen \u201cNoorwe\u00eb verdien Anders Breivik\u201d. Millet se opstel, \u201cLetterkundige lof aan Anders Breivik\u201d (\u00c9loge litt\u00e9raire d\u2019Anders Breivik, op 24 Augustus uitgegee deur Editions Pierre de [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":13302,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[],"class_list":["post-13303","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13303","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13303"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13303\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/13302"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13303"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13303"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13303"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}