{"id":13287,"date":"2012-08-29T21:03:44","date_gmt":"2012-08-29T21:03:44","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13287"},"modified":"2012-08-29T21:03:44","modified_gmt":"2012-08-29T21:03:44","slug":"xhosa-nostra-rassisme-in-die-anc","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13287","title":{"rendered":"Xhosa Nostra-rassisme in die ANC"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Dit  het alles begin met saaknr. A474\/08: Minister van Verdediging teen Phiri.  Regter Neil Tuchten is voorsittende beampte in die Suid-Gauteng  ho\u00ebrhof. In die hof as beskuldigde is Goodman Manyanya Phiri, \u2018n veteraan  van die ANC se milit\u00eare vleuel, Umkhonto we Sizwe, en \u2018n luitenant-kolonel in die SANW.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Manyanyana Phiri word daarvan beskuldig dat hy  geheime dokumente in sy besit gehad het en word voor \u2018n milit\u00eare hof gedaag is op 9 Maart 2001. Die dokumente waarna verwys word is:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8211;\tDie Direkteur-generaal se verslag oor  Brigadier-generaal Mashaola  van die SA Army College soos aangevra deur Goodman Manyanya Phiri;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8211; \tDie B Matt Intervention Report van Britse Milit\u00eare adviseurs aan die  Suid Afrikaanse Nasionale Weermag. Die SANW beweer dat daar geen so \u2018n  dokument bestaan nie, maar voorsien die nodules van \u2018n vergadering wat  hulle beskryf as \u201c a meeting of a body called the JCSD Assessment  Board\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Regter Neil Tuchten bevind dat die milit\u00eare hof verkeerd  opgetree het deur Phiri onskuldig te bevind. Hy handhaaf die app\u00e8l van die  Ministrie van Verdediging. Regter Tuchten bevind dat Phiri nie kan  bewys dat daar wel sulke dokumente bestaan nie. Die milit\u00eare Hof kan dus  voortgaan om teen Luit-kol Goodman Phiri op te tree.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">I. Maar wat het agter Phiri se klag gel\u00ea?<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Goodman Manyayana Phiri ken Jacob Zuma reeds vanaf hulle dae as  Umkhonto we Sizwe-lede toe Zuma as intelligensiehoof van die ANC  gruweldade gepleeg het in die ANC se oorsese strafkampe teen veral  ANC-lede van Sotho- en Tswana-oorsprong. Phiri het nou \u2018n appeltjie te  skil met ene Luitenant-generaal Temba Matanzima (Xhosa) en Brig-generaal  Bobelo Zini (Xhosa \u2013 en \u2018n niggie van oud-president Nelson Mandela).  Phiri self lig die sluier in \u2018n brief aan Zuma op 5 April 2011 oor wat  hy noem \u201cswart-op-swart rassisme\u201d in die SANW.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Phiri gaan ook op  rekord dat Zuma sy en Mandela se niggie Zini Bobelo beskerm in opdrag  van die \u201cswart Nguni-rassis (Zoeloe en Xhosa) Nelson Mandela\u201d. Hy voer  ook aan dat alle milit\u00eare sake se oorsig gedoen word deur net een  regter; Bernard Ngoepe. Phiri onthul dat hy een van die slagoffers was  van Zuma en sy \u201cNguni-rassiste\u201d in die Dakawa-Morogoro-kamp in Tanzani\u00eb  in die middel-80\u2019s.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8211;\tPhiri maak dan die onthulling: Bernard Ngoepe  was een van Zuma se helpers tydens die aanvalle op Sotho&#8217;s en Tswanas in  dakawa in 1985 \u201cwhere wives and daughters of other South Africans were,  objectified by Zuma\u2019s gendarmerie all in pursuit of black racism  pro-Mandela\u2019s Eastern Cape.  Wives were per Zuma\u2019s knowledge and say-so  raped, husbands even buried alive while everybody who had come from the  Eastern Cape was treated as mini-god or goddess as the uneducated 100%   Zuluboy Intelligence Chief of ANC and MK was used by Mandela\u2019s black to  put a stamp on racial superiority of the Xhosa-speaker or anybody born  in the Eastern Cape, particularly from Mandela\u2019s own Thembu tribe\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8211;\tIntussen word \u2018n be\u00ebdigde verklaring van Majoor Anna Cecilia Gertruida Bam van Durban bekendgemaak:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2022\tHierin beweer sy dat Majoor Kgotso Edmund Matli verantwoordelik was  vir \u201crassespanning\u201d wat \u201cgereeld gebeur het\u201d  by die SA Le\u00ebrkollege in  Pretoria. Sy verwys spesifiek na Matli se opmerkings tydens \u2018n besoek  van Swede \u201cwat wit weermagoffisiere ongemaklik gemaak het\u201d. Matli maak  ook rassistiese aanmerkings teenoor wit offisiere en veral luitenant   Rentia Deiner by die Wildebees Offisiersmenasie. Maj Bam meld verder dat  Matli geesdriftig ondersteun word deur die Ngunis (Xhosa en Zoeloe) en  dat die ander swart weermaglede hom vermy.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2022\tMajoor Bam lewer in  haar verklaring ook kommentaar oor Mandela en Zuma se niggie, Majoor  Winnie Ntombizodwa Bobela Zini. Sy verwys veral na die \u201cseksuele  verhouding\u201d tussen Majoor Zini en die instrukteur Luit-kol Lentsoe en  haar weeklikse ekskursies met generals van die SANW. Bam opper die  problem in die klas by SA Le\u00ebrkollege en word stilgemaak deur Lentshoe.  Tydens die Desember-eksamen merk Bam dat Zini geen voorbereiding gedoen  het vir haar voorlegging aan Lentshoe nie. \u201cTo our great surprise, Zini  obtained very high marks for her exam, almost as good as the best  student on the course, an armour guy who had much more in his  presentation and on his maps and walls than anyone of us had\u201d. \u201cThere  were also certain times that I got the impression that Zini could be  very involved in stirring up some of the racial tensions that flared up  from time to time\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die probleem wat onder Zuma in die ANC kop  uitgesteek het is weer die stamgebonde Nguni se swart-op-swart en  swart-op-wit rassisme. In die ou ANC strafkampe is hulle in Zoeloe die  \u201camamemba wamamemba\u201d genoem \u2013 diegene wat uit stam- en familieverband  voorkeur kry by tenders, aanstellings en promosies ongeag hulle  kwalifikasies.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">II. Phiri se pleidooi vir Boere maak ANC kwaad<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Goodman Manyayama Phiri is gebore uit die koninklike Pedi-familie. Sy  grootste fout was om te verwys na sy kleintydse vriend Theunis  Groenewald van Barberton en daaruit die gevolgtrekking gemaak het, in sy  prinses-ma se woorde: \u201cDie Boere is nader aan ons as die witmense van  Brittanje wat net ons rykdom kom steel\u201d. \u201cYou see, the British consider  themselves a superior race to Africans  whereas the Boers see themselves as Africans whose survival depends on  the survival of their darker-skinned fellow Africans\u201d. \u201cThis is not to  say that Boers were and are a terribly good people. They cannot have  been so when all the evil programs colonial Britain dreamt of were to be  largely implemented by the Boer.  Shouldn\u2019t the blue-print producers  for Apartheid bear the blame?\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En dan kom Julius Malema in die  prentjie vanuit Limpopo. Die halfgeskoolde Pedi wat die land se rykdom  uit die hande van die Nguni\/Britse konneksie (Lonmin-myn in Marikana  byvoorbeeld) wil neem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tydens die tugverhoor stuur Phiri die  volgende boodskap aan Derek Hanekom: \u201cIn that vein and for your benefit,  Honourable Mr Hanekom, if for one moment, Mr Julius Malema actually  meant to massacre the Boer with his rendition of Dubul\u2019iBhunu, you can  trust me to do the honours of the dubuling or shooting of Mr Malema in  defence of the Boer. If you believe that darker-skinned Africans are  well capable of defending the sanctity of Boer national life without the  assistance of native Europeans, you as Honourable Mr Hanekom did not  have to stick like Velcro on the disciplinary chair over Mr Malema only  to make those snide and smart-Alec comments about a supposedly  malingering brother trying to chicken out from facing the music of your  Disciplinary. Honestly, Honourable Mr Hanekom, I think your actions  throughout this Disciplinary have been a disgrace to the great Boer  Nation; and if this is what is all what attitude you have learned from  your many years as a supposed member of the ANC, I am sure you joined  the wrong ANC, but not the one formed 100 years ago by The Great Moroka,  Pixley Isaka Seme in collaboration with Swazi Queenmother Labotsibeni.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cFifty years from now, blacks who understand the difference between  so-called South African whites on one hand and the so-called South  African whites on the other, may not care about that difference anymore  even though, right now, there is to thinking blacks not a white grouping  revered, honoured and fraternized more than the Boer, notwithstanding  proscribed songs like Dubulibhunu.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op 5 April 2011 snoer Lindiwe  Sisulu, Minister van Verdediging en lid van die Themba-stam, finaal  Phiri se mond deur in haar hoedanigheid as minister \u2018n hofbevel aan te  vra dat Phiri geen mediaverklarings mag maak, geen vergaderings mag  toespreek of enige seminare mag bywoon waar die SANW of enige van sy  lede bespreek word nie. Regter George Webster bekragtig die hofbevel in  die Noord Gautengse streekhof.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">III. Julius Malema raak ook te groot vir sy skoene<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Julius Sello Malema, die Pedi van Limpopo, word in April 2008 verkies  tot president van die ANC Jeugliga tydens \u2018n chaotiese kongres in  Bloemfontein. Hy het gematrikuleer aan die Mohlakaneng School in Seshego  op 21-jarige ouderdom. Hy is dus nie die skerpste potlood in die pakkie  nie \u2013 maar Malema is van \u2018n jong ouderdom grootgemaak in die politiek  van voormalige Umkhonto we Sizwe-soldate van Pedi oorsprong. Hy weet  baie goed van die spanning tussen die etniese groepe in die ANC.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Binne die bestek van net \u2018n jaar word die charismatiese Julius Malema \u2018n  saamtrekpunt vir die Tswana, Pedi en Venda in die ANC. Winnie  Madikizela-Mandela, nog \u2018n slagoffer van die \u201cXhosa Mandela-stam\u201d gooi  haar gewig vierkantig agter Malema in; sowel as die MK-veterane  organisasie (oud-Umkhonto we Sizwe-lede) en die ANC Vroueliga.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Zuma\/Nguni-kamp raak ongemaklik. En dan begin een van die grootste mediakampanjes in die Suid Afrikaanse geskiedenis:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op 6 Julie 2009 lui \u2018n amptelike toespraak van Malema as volg: \u201cWhy is  it that South Africa should be criminalised for nationalising our  mineral wealth, whilst the big capitalists\u2019 States like the United  States are nationalising their corporations in their countries. We  should refuse to be controlled by imperialist forces whose interests  will never converge with the interests of the South African population.  Theirs is to make big profits at the expense of South Africans\u2019 labour  and mineral resources, and this is historically the root of racial  oppression. Racial oppression in South Africa is a direct consequence of  colonialists\u2019 control of South Africa\u2019s mineral resources, and we have a  responsibility to reverse such phenomenon\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Let daarop dat Malema \u2013  nes Goodman Phiri \u2013 praat van BUITELANDSE\/Britse imperialiste wat die  minraalrykdom van Suid Afrika besit. (Sien Marikana\/Lonmin later). Dit  is ook nes Phiri \u2018n dwarsklap na die Britse stelsel van rassisme teenoor  Afrikane. Hy gaan selfs so ver om te s\u00ea dat die \u201cliberals\u201d daaragter  sit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is egter die Naspers-koerant, City Press, met redaktrise  Ferial Haffajee, wat die eerste berig plaas asof sou Malema ges\u00ea het  \u201cwit myne moet genasionaliseer word\u201d. Van City Press vind die berig  weerklank in ander koerante in die Naspers-stal en die wit lesers eet  dit vir soetkoek op, sonder dat daar ooit \u2018n verwysing is na die  werklike woorde van die toespraak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op 3 April 2003 tydens \u2018n besoek  aan Zimbabwe, is Malema se amptelike woorde: \u201cTsvangirai is an ally of  imperialists&#8221;, en hy doen \u2018n beroep op Suid Afrikaners om beslag te l\u00ea  op die landbougrond en myne van buitelanders. Weereens is dit City Press  wat Malema se woorde verdraai na \u201cwit landbougrond en wit myne\u201d. En  weer val die liberaliste en pragmatiste vir die mediakampanje se  verdraaide woorde.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op 8 April 2010 vind die onsmaaklike insident  plaas met Jonah Fisher, \u2018n Britse joernalis van die BBC. Op  televisieskerms word die woedende Malema gewys waar hy die Brit uitskel  as \u201ca bloody agent\u201d. Geen televisieskerm wys egter wat vooraf gebeur  waar Fisher Malema se opmerkings oor die MDC en Britse imperialiste  luidkeels afmaak as \u201crubbish!\u201d nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Malema self, nou onder groot druk, begin opruiende toesprake maak en speel so in die hande van die Themba-faksie van die ANC.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die pragmatiese Afriforum is selfs so opgeklits met Malema se rassisme  dat hy voor die hof gedaag word op grond van \u2018n video waar hy \u201cSkiet die  Boer\u201d sing, maar gerieflikheidshalwe word vergeet van videomateriaal  waarop Joe Slovo, Chris Hani en Jacob Zuma self dieselfde lied sing.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">So word Julius Malema deur die ANC geoffer as die \u201cgroot rassis teen  wittes\u201d om die aandag af te lei van hul eie swart-op-swart en  swart-op-wit rassisme.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2022\tDie ANC se Nguni-faksie besluit nou  op \u2018n groot skoonmaakaksie. Lindiwe Sisulu, intelligensie-offisier onder  Zuma in die ANC-strafkampe en deel van die uitgebreide Xhosa-\u201cfamilie\u201d  is die Minister van Verdediging. (NB. Jackie Selebi was ook een van Zuma  se ANC-intelligensieoffisiere<wbr><\/wbr>)  Dit is onder haar waar die etniese suiwering van wittes, Sothos,  Tswanas en Vendas in die SANW voltrek is. Haar laaste taak as Minister  van Verdediging is om finaal ontslae te raak van die opponerende faksies  binne die SANW deur al die ontnugterde voormalige Unkhonto we  Sizwe-lede te identifiseer. Hiervoor gebruik sy die Non-Statutory Forces  Pension Dispensation waar voormalige MK en Apla-lede kan aansoek doen  vir \u2018n uitbetaling. Alhoewel daar voorgegee word dat dit vir alle  milit\u00eare veterane is (en talle wit oud-lede van die SAW daarvoor val) is  dit duidelik dat dit net vir MK, Apla en die voormalige  tuisland-weermagte geld. Ene Mzukisi Ronyuza van die YCLSA Discussion  Forum het dit as volg bewoord:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cLeaders,<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Attached is the information on the payout to struggle veterans<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">I request that you circulate this to former MK and APLA members and their dependants if they are deceased.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">This info was posted VC early this year and the YCL discussion forum   posted it and I feel it should be communicated and populated to all  our  structures so that our comrades, who qualify, benefit\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van die  veteraan is dan verwag om byna al sy bewegings op \u2018n vorm in te vul,  tesame met afskrifte van sy ID, huweliksertifikaat,  egskeidingsertifikaat, woonadres, bankbesonderhede plus  geboortesertifikate van al sy\/haar kinders.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2022\tDie destabilisasie van  Malema, Sotho, Venda en Tswana sterkpunte. Die provinsiale ANC-regering  van Limpopo stel \u2018n 10-bladsy dokument op oor die huidige ANC-leierskap  en maak geen geheim daarvan dat hulle takke sal vra om ontslae te raak  van Jacob Zuma en sy Nguni-kliek nie. Premier Cassel Mathale wys in die  dokument \u201cANC Leadership in the Current Phase of the National Democratic  Revolution\u201d, daarop dat daar reeds mede-ANC-lede doodgemaak is omdat  hulle verskil van die leierskap.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Desember 2011 plaas die Minister  van Finansies, Pravin Gordhan, summier vyf staatsdepartemente in  Limpopo onder direkte beheer van die nasionale regering en skaal al  hulle pligte af. Die ouditeur-generaal beweer dat grootskaalse korrupsie  en nepotisme in Limpopo voorkom en al Malema en Mathale se sakevennote  word na Pretoria ontbied waar hulle deur die Inkomstediens in geheim  ondervra word oor \u201cbelastingontduiking\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2022\tDaar word op nasionale  vlak besluit dat \u2018n konfrontasie afgedwing moet word tussen NUM (die  Nguni-beheerde vakbond geaffilie\u00ebr by die ANC-vennoot Cosatu) en die  AMCU-vakbond van Joseph Mathunjwa wat Sotho, Tswana en Venda-wekers op  groot skaal afrokkel van NUM in Limpopo en Mpumalanga.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">IV. Die aanloop tot Marikana: Marikana en Lonmin<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Joseph Mathunjwa, voorvegter teen kommunisme in die swart vakbondwese,  is die president van AMCU (Association of Mineworkers and Construction  Union) met sowat 50000 lede. Mathunjwa, wat geen eie motor besit nie en  sy geliefkoosde kos aangee as \u201cpap en melk\u201d was \u2018n  laboratorium-assistant by Rand Coal voordat hy die vakbondwese betree  het. Sy pa was \u2018n Christelike priester en hyself speel gospelmusiek op die trompet vir die Salvation Army.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\" class=\"text_exposed_show\">\n<p>AMCU is in 2001 gestig met sy hoofkantoor in Witbank, Mpumalanga.  Mathunjwa maak van die begin bekend dat AMCU \u201ca-polities is,  anti-kommunisties en teen \u2018n stelsel van nepotisme waar mense posisies  beklee wat hulle nie kan hanteer nie\u201d.<\/p>\n<p>Die Woensdag voor die  skietery by die Lonmin-myn in Marikana is Mathunjwa meegedeel dat Lonmin  gladnie belangstel om met sy unie te onderhandel nie en dat hulle slegs  NUM aanvaar. Die werkers gooi die NUM-president Senzeni Zokwana uit  hulle protesvergadering.<\/p>\n<p>Ongeveer 3000 werkers wat lede van AMCU is  gaan sit op \u2018n koppie by Nkanini en wag op onderhandelinge met Lonmin en  die polisie. Die polisie daag egter op in \u2018n Casspir met lede van NUM  en dring daarop aan om die Sotho- en Tswanasprekers in Fanagalo toe te  spreek.<\/p>\n<p>Teen laat Woensdagmiddag besluit die AMCU-werkers om op die  koppie te bly eerder as om na die Lonmin-mynperseel te gaan nadat twee  van hulle lede deur NUM-sluipskutters doodgeskiet is. AMCU-lede noem aan  die media dat hulle vrees dat hulle geskiet en gearresteer gaan word as  hulle van die koppie afgaan.<\/p>\n<p>Die skietery wat daarna gebeur het en  waartydens 35 lede van hoofsaaklik AMCU deur die polisie doodgeskiet is,  is nou verwys na \u2018n Kommissie van Ondersoek \u2013 aangestel deur dieselfde  Jacob Zuma wat in die eerste plek verantwoordelik is vir wat Phiri  \u201cswart-op-swart rassisme\u201d noem. Geen wonder dat ministers weggejaag is  by die gedenkdiens van die mynwerkers nie en dat Malema en Mathunjwa  hulle bestempel het as \u201cvarke wat kom rondsnuffel om ons kos te eet\u201d.<\/p>\n<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/events\/3870248\/\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0456\u0439 \u0431\u0440\u043e\u043d\u0456\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u043e\u043c\u0430\u0442<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit het alles begin met saaknr. A474\/08: Minister van Verdediging teen Phiri. Regter Neil Tuchten is voorsittende beampte in die Suid-Gauteng ho\u00ebrhof. In die hof as beskuldigde is Goodman Manyanya Phiri, \u2018n veteraan van die ANC se milit\u00eare vleuel, Umkhonto we Sizwe, en \u2018n luitenant-kolonel in die SANW. Manyanyana Phiri word daarvan beskuldig dat hy &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13287\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Xhosa Nostra-rassisme in die ANC&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[134],"tags":[],"class_list":["post-13287","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c126-algemeen"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13287","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13287"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13287\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13287"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13287"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13287"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}