{"id":13284,"date":"2012-08-29T09:05:46","date_gmt":"2012-08-29T09:05:46","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=13284"},"modified":"2012-08-29T09:05:46","modified_gmt":"2012-08-29T09:05:46","slug":"die-nalatenskap-van-neville-alexander","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=13284","title":{"rendered":"Die nalatenskap van Neville Alexander"},"content":{"rendered":"<div style=\"text-align: justify;\">Die nuus van die afsterwe van Neville Alexander, die <em>struggle<\/em>-held, is oral met lofprysinge vir sy toewyding aan Afrikaans begroet. Vir ander egter, word hy onthou as die man wat sy genoegdoening dat die &#8220;Afrikaner &#8216;n lyk is&#8221; te kenne gegee het, &#8216;n ongelukkige uitspraak wat hom kennelik in dieselfde kategorie as Julius Malema en sy &#8220;Kill a boer&#8221; plaas.<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Prof. Alexander, een van prof. Jonathan Jansen se gunstelingmeningsvormers oor Afrikaans, het een van die wit deelnemers by die Afrikaanse Taalberaad op Stellenbosch in 2005 toegesnou: &#8220;Die Afrikaner is &#8216;n lyk. Dis net jy wat nog daaraan glo omdat jy oningelig is.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Alexander het di\u00e9 uitlating gemaak ter ondersteuning van prof. Jansen. Tydens Jansen se inleiding by die einste Afrikaanse Taalberaad het hy vermeld dat hy nie wil luister na die &#8220;kak oor kultuurverskille&#8221; nie. As rektor het Jansen terloops intussen akademiese meriete openlik by Kovsies ondergeskik aan rassetransformasie gestel wat selfs Afriforum genoop het om kritiek teen hom uit te spreek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het by die Taalberaad aanbeveel dat mense wat van hom verskil, &#8220;seksuele omgang met &#8216;n swart persoon behoort te h\u00ea sodat hulle kan regkom&#8221;, duidelik &#8216;n gewilde tema by Alexander toe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onder aanmoediging van &#8216;n &#8220;transformerende&#8221; Stellenbosch, verkeer bruin intellektuele skynbaar steeds onder die indruk dat drie miljoen Afrikaners in 1994 agv plaasmoorde of etniese suiwering verdwyn het. Media24 het intussen amptelik die benaming &#8220;Afrikaner&#8221; met &#8220;Afrikaanse&#8221; vervang. Soos in die ou Sowjetunie of Oos-Duitsland mag ons nie na onsself in ou, vertroude terme beskryf nie, maar moet &#8220;amptelike&#8221; begrippe en identiteite eerbiedig word.<\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\">Theo Erasmus van die betaalkanaal KykNET het voorheen &#8216;n beleidstuk versprei waarin die volgende vermeld word: &#8220;Die kanaal mag nooit gesien word as een wat eksklusief op &#8216;n wit mark gerig is nie. Die persentasie bruin mense wat DStv besit en dus toegang tot KykNET het, is bitter klein, maar die kanaal moet ook toekomstige gehore teiken \u2013 nie net in sy eie belang nie, maar in belang van Afrikaans.&#8221;<\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die enigste afleiding wat &#8216;n mens hieruit kan maak, is dat KykNET nie van sy huidige kykerspubliek \u2013 blanke Afrikaners \u2013 hou nie. Daar is min sakeondernemings ter w\u00eareld wat soveel minagting teenoor hul eie kli\u00ebnte koester soos KykNET.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dat Alexander, tesame met Jansen, Gerwel en ander aardig besoldigde &#8220;sterre&#8221; in die transformasie-ple\u00efade tot sulke minagting vir Afrikaners bygedra het, is gewis.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vroe\u00ebr vanjaar het hy egter die mees onbesonne projek van sy twyfelagtige loopbaan aangepak deur hom op RSG tydens &#8216;n byeenkoms in Seepunt tot &#8220;die herstandaardisering van Afrikaans&#8221; te verbind. Volgens Alexander is Standaardafrikaans &#8216;n &#8220;wit taal&#8221; of dan &#8216;n minderwaardige dialek wat deur ewe minderwaardige Afrikaners gepraat word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die gedagte dat die meer as 300 woordeboeke in Afrikaans voortaan in &#8220;Kaaps&#8221; of watter ander variant van Afrikaans Alexander ook al vir sy herstandaardisering sou verkies, is &#8216;n Quijotiese gedagte. Nie net is dit absurd nie, maar word slegs deur ressentiment jeens blankes ondersteun.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">D\u00edt is ongelukkig die nalentskap van Neville Alexander.<\/p>\n<p><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/society\/64045-danilchenko-yu-b-i-prokuratura-zhdut-maksimalnogo-nakazaniya-dlya-organizatora-russkoj-vesny.html\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die nuus van die afsterwe van Neville Alexander, die struggle-held, is oral met lofprysinge vir sy toewyding aan Afrikaans begroet. Vir ander egter, word hy onthou as die man wat sy genoegdoening dat die &#8220;Afrikaner &#8216;n lyk is&#8221; te kenne gegee het, &#8216;n ongelukkige uitspraak wat hom kennelik in dieselfde kategorie as Julius Malema en &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=13284\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die nalatenskap van Neville Alexander&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-13284","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13284","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=13284"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/13284\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=13284"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=13284"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=13284"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}